Page 1 of 1
EAW Pivot mounts??
Posted: Tue Jul 22, 2014 1:58 pm
by alecjohnson
Is daar enege van julle wat die mounts gebruik? Ek wil graag vir my .375 van hulle kry. lyk baie maklik om op te sit en af te haal in die veld.
Ek kry ook nie pryse op die internet nie.
Enege advies/info???
Re: EAW Pivot mounts??
Posted: Tue Jul 22, 2014 2:02 pm
by Dries101
Gebruik op my 404- regtig great- maar moet deur n bekwame geweersmit opgesit word- bietjie duur- jy sal R5000 plus vir hulle betaal. Sabi rifles het myne opgesit
Re: EAW Pivot mounts??
Posted: Tue Jul 22, 2014 2:03 pm
by Flip Nel
Werk baie goed, vriend het dit op sy 30-06, het uitgevind oor prys kos in Namibia R7500 het dit maar gelos, kos te te baie
Re: EAW Pivot mounts??
Posted: Tue Jul 22, 2014 2:04 pm
by DWB
Alec, kyk of jy nie Warne mounts vir jou roer kry nie, werk bitter goed en is baie goedkoper!
Re: EAW Pivot mounts??
Posted: Tue Jul 22, 2014 2:16 pm
by alecjohnson
Moet die warne ringe nie 'n piccatini rail he nie? ek soek iets wat vinnig in die veld afhaal en weer opgesit kan word en ook die skop kan hanteer, shoe maar 5-7k is baie as ek dink ek het 16k vir geweer betaal en 8k op teleskoop gaan spandeer:(
Re: EAW Pivot mounts??
Posted: Tue Jul 22, 2014 2:18 pm
by Flip Nel
alecjohnson wrote:Moet die warne ringe nie 'n piccatini rail he nie? ek soek iets wat vinnig in die veld afhaal en weer opgesit kan word en ook die skop kan hanteer, shoe maar 5-7k is baie as ek dink ek het 16k vir geweer betaal en 8k op teleskoop gaan spandeer:(
Watter maak Is jou geweer ek het warne ringe vir my cz550
Re: EAW Pivot mounts??
Posted: Tue Jul 22, 2014 2:20 pm
by alecjohnson
dit is cz550 delux
Re: EAW Pivot mounts??
Posted: Tue Jul 22, 2014 2:24 pm
by Flip Nel
alecjohnson wrote:dit is cz550 delux
Ja jy kry vir hom warne ringe, ek het myne in Namibia gekry vir R1600.00, ek kon myne nog nie baie toets nie, het die rige opgehaat en het terug gegaan na zero toe, maar my eintlike scope wat ek wou gebruik was nog op my original mounts was nie lus om te sukkel nie so het eers my oues opgesit tot ek kans kry om met die warne te speel en die scope oor te sit. Ek weet Deon is baie happy met hulle, dis oor hom dat ek myne ook gekoop het.
Re: EAW Pivot mounts??
Posted: Tue Jul 22, 2014 2:27 pm
by DWB
Koop dan maar Warne
Re: EAW Pivot mounts??
Posted: Tue Jul 22, 2014 2:42 pm
by Dries101
Warne QD is fine- het hulle op my 7x57- baie nice tools. Dis nie ERA of EAW nie maar vir n 1/3 van die prys baie smart
Re: EAW Pivot mounts??
Posted: Tue Jul 22, 2014 2:45 pm
by Nickvn
Ek het EAW op my 9,3 en op my .223. Werk baie goed en is lekker om gou die scope af te haal as jy skoonmaak of met oop sights wil skiet. Hulle is baie duur maar jy kry wat jy voor betaal. Kyk in Magnum agter by die advertensies. Die ou adverteer daar.
Re: EAW Pivot mounts??
Posted: Tue Jul 22, 2014 2:46 pm
by DWB
Alex, ek het die Warnes op 3 gewere, insluitend 9.3 en CZ 375H&H. Hulle werk 100%... elke keer
Re: EAW Pivot mounts??
Posted: Tue Jul 22, 2014 2:52 pm
by alecjohnson
Nickvn wrote:Ek het EAW op my 9,3 en op my .223. Werk baie goed en is lekker om gou die scope af te haal as jy skoonmaak of met oop sights wil skiet. Hulle is baie duur maar jy kry wat jy voor betaal. Kyk in Magnum agter by die advertensies. Die ou adverteer daar.
Ek het die advertensie gesien agter in die SAJagter
DWB hoe lyk die warne ringe op die 375? is daar soos 'n merker of latch wat inhaak dat dit elke keer op die selfde plek sit?
Re: EAW Pivot mounts??
Posted: Tue Jul 22, 2014 3:19 pm
by Piet Pille
Ek het EAW op my .375HH. Werk baie lekker.
Hulle is effens hoër as gewone basisse, en my wangstuk was gevolglik bietjie laag, maar het met een van die neoprene/spons comb raising kits die probleem maklik ten bowe gekom. Scope haal binne sekondes af.
Re: EAW Pivot mounts??
Posted: Tue Jul 22, 2014 4:22 pm
by Flip Nel
alecjohnson wrote:Nickvn wrote:Ek het EAW op my 9,3 en op my .223. Werk baie goed en is lekker om gou die scope af te haal as jy skoonmaak of met oop sights wil skiet. Hulle is baie duur maar jy kry wat jy voor betaal. Kyk in Magnum agter by die advertensies. Die ou adverteer daar.
Ek het die advertensie gesien agter in die SAJagter
DWB hoe lyk die warne ringe op die 375? is daar soos 'n merker of latch wat inhaak dat dit elke keer op die selfde plek sit?
Die 550 aksie het 'n notch aan sy linker kant agter en die mount pas daarin, die mount pas ook in op die groew op jou aksie, een kan het 'n los plaatjie as ek dit so kan noem wat elkeen sy eie lever het wat hom vastrek, amper soos op die foto
Re: EAW Pivot mounts??
Posted: Tue Jul 22, 2014 4:29 pm
by DWB
Soos Flip sê, daar is 'n definitiewe gleuf waarin hy haak en nie kan skuif nie en elke keer 100% op dieselfde plek vas steek
Re: EAW Pivot mounts??
Posted: Tue Jul 22, 2014 6:22 pm
by alecjohnson
BAIE DANKIE JULLE!
ek dink nou ek sal met warne gaan.
Re: EAW Pivot mounts??
Posted: Tue Jul 22, 2014 7:47 pm
by tau
Ek het op my steyr mannlicher. Die swing tipe en al getoets afhaal en weer terug tussen skote en ek bly in MOA op 100 m. My nuwe drilling het die claw mount tipe op. Asemrowende produk.
Re: EAW Pivot mounts??
Posted: Wed Jul 23, 2014 8:54 am
by tau
Hierdie is die EAW Claw mounts
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/Krupp3_zpsa51ce390.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/Krupp4_zpsc6179a70.jpg
En die is die swing mounts op my steyr. Die prys is mal!!!! ek het albei gewere gewere gekoop met dit op.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/styer4_zps24f13b78.jpg
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/styer6_zpsfc67e6b3.jpg
Re: EAW Pivot mounts??
Posted: Wed Jul 30, 2014 10:49 am
by AFRICAN LEADWOOD
Tau
Ek het daardie monterings en teleskoop op 'n 270 Win FN Sauer gehad. Ek het sedertdien die goed ietwat verander (30mm buis so moes ringe en basisse afhaal) en het meer as 4x op die 270 gesoek.
Is daardie Pecar teleskope net nie ogelooflik goed vir goed wat in die vroeë 1980's vervaardig is nie? Dit is van my helderste teleskope!
Jammer, ek is van die punt af, maar die EAW afswaai monterigns werk baie goed. Ek het egter ook op my .375 die Warne gebruik. Ek is baie gelukkig met hulle maar ek verwyder nie sommer die teleskoop nie. Jy kan die Warne anders vassit as toe jy hom afgehaal het (maak seker jy druk vorentoe in die groef op die basis om konsekwent te wees en draai egalig vas).
Re: EAW Pivot mounts??
Posted: Wed Jul 30, 2014 10:58 am
by tau
AFRICAN LEADWOOD wrote:Tau
Ek het daardie monterings en teleskoop op 'n 270 Win FN Sauer gehad. Ek het sedertdien die goed ietwat verander (30mm buis so moes ringe en basisse afhaal) en het meer as 4x op die 270 gesoek.
Is daardie Pecar teleskope net nie ogelooflik goed vir goed wat in die vroeë 1980's vervaardig is nie? Dit is van my helderste teleskope!
Jammer, ek is van die punt af, maar die EAW afswaai monterigns werk baie goed. Ek het egter ook op my .375 die Warne gebruik. Ek is baie gelukkig met hulle maar ek verwyder nie sommer die teleskoop nie. Jy kan die Warne anders vassit as toe jy hom afgehaal het (maak seker jy druk vorentoe in die groef op die basis om konsekwent te wees en draai egalig vas).
Ek het ongelukkig die Steyr en die Pecar geskei
En nou pronk hy op my .375 Ruger wat al 2 teleskope vernietig het. Die Pecar hou nog mooi na so 20 skote en word vir varkjag gebruik waar vinnige skoet belangrik is.
Re: EAW Pivot mounts??
Posted: Wed Jul 30, 2014 5:23 pm
by ZKK
@ DWB
So as jy die scope afhaal en weer terug sit, verander jou POI glad nie?
Net so vir interessantheid.
Weet iemand waar in SA mens van daardie German Claw mounts in die hande kan kry, en teen watter prys?
Groete
Re: EAW Pivot mounts??
Posted: Wed Jul 30, 2014 5:34 pm
by tau
Re: EAW Pivot mounts??
Posted: Tue Aug 26, 2025 2:20 pm
by Forester
Wat is julle ondervinding met ringmerke op die scope tube a.g.v. pivot mounts? Die Recknagels wat het maak nie merke nie, maar die EAW doen wel. Is dit algemeen?
Re: EAW Pivot mounts??
Posted: Wed Aug 27, 2025 8:41 am
by alecjohnson
Sjoe bring die draad nou herinneringe terug!
Ek het toe warn QR ringe gekry, maar aksie is skeef of iets, so kon nooit met hulle zero waar ek wou nie, toe sit ek Recknagels op, wat 'n droom, toets deur gong oop visier te skiet en dan teleskoop opsit en 'n skoot skiet vir groep en afhaal. dan verder gong skiet en dan weer opsit skiet vir groep haal af en herhaal. Ek het dit gedoen om vertroue te kry in die kombinasie, daai mounts hou perfek zero.
Dit het geen merke gelos op my teleskoop nie, ek het die recknagel ringe en basisse verkoop en toe die 375 verkoop. (ek wag nou al 'n jaar en 'n half vir hernuwing van daai lisensie sodat nuwe eienaar aansoek kan doen.
besef nou ek beaam net wat jy noem, Recknagels los nie merke nie.