Page 1 of 1

Pa en Seun katte naweek

Posted: Sun Jul 27, 2014 1:19 pm
by Varmint King
Jy julle.

Vandag deel ek die my bulletjie se eerste Rooikat...

Ek het ook darm later die aand kans gekry om n mooi ounooi te skiet...

Trotse groete

Re: Pa en Seun katte naweek

Posted: Sun Jul 27, 2014 6:17 pm
by arno65
Baie mooi .Ons geniet die fotos en stories ,jy kan hulle maar aanhou post.

Re: Pa en Seun katte naweek

Posted: Sun Jul 27, 2014 6:48 pm
by Pvdw
Dis nou ougat!! Daai mannetjie worstel al te lekker om daai kat te lig maar hy gee nie moed op nie.

Re: Pa en Seun katte naweek

Posted: Sun Jul 27, 2014 7:39 pm
by JohanvanZyl
Mooi man!!!

Re: Pa en Seun katte naweek

Posted: Sun Jul 27, 2014 9:30 pm
by theedge
Baie netjies maat geluk

Re: Pa en Seun katte naweek

Posted: Mon Jul 28, 2014 7:25 am
by BRNO (Pierre)
Oubaas se honne!!! Flippen goed gedoen, en dankie vir die deel. Hoe oud is die mannetjie nou?

Re: Pa en Seun katte naweek

Posted: Mon Jul 28, 2014 3:53 pm
by Varmint King
Dankie almal...

BRNO (Pierre) wrote:Oubaas se honne!!! Flippen goed gedoen, en dankie vir die deel. Hoe oud is die mannetjie nou?

Hy is nou 4 jaar oud... my ou bulletjie...

Re: Pa en Seun katte naweek

Posted: Sat Aug 09, 2014 4:04 pm
by Rooivalk
Het jy of hy die sneller getrek ?

Re: Pa en Seun katte naweek

Posted: Mon Aug 11, 2014 6:52 am
by Varmint King
Rooivalk wrote:Het jy of hy die sneller getrek ?
Hi Rooivalk,

Hy het self die kat geskiet.

Groete

Re: Pa en Seun katte naweek

Posted: Mon Aug 11, 2014 6:55 am
by Ian
Lekker om dit te sien, julle is ysters.

Re: Pa en Seun katte naweek

Posted: Mon Aug 11, 2014 11:19 am
by Rooivalk
Ek het so twee Jaar terug vir my kinders n 6x45 laat bou.My oudste seun Ruben ( toe 5 jaar oud) het met groot opgewondenheid sy vir eerte jag in KZN saamgevat.Die PH "Vloekwoord" het my gevra wat ek wil he die kleinman moet skiet ,ek het geantwoord Rooibok Ram asb."Nee die laaitie sal nie regkom met Rooibokke nie hy moet Blesbok skiet" Se Dr PH !~ Nou staan ek met (het in my broek gepoeffie gisig) en wonder hoekom het jy my dan gevra wat om te skiet ?

Nou gaan ons eers kyk of die gewere ingestel is.Die hele jag geselskap,gidse vrouens almal.Die son trek water dis al 9h00.
Almal skiet nou eers die gewere warm stel op en af die een na die ander,hier en daar kry die een vrou ook gou n 308 in die arm om n skoot te skiet en laaste is dit Ruben se beurt.

Ek het juis sy patrone met 5gr MP200 gelaai en skiet so 1400 f/s met die "sillencer" klink dit soos n pellet maar nou is dit wet dat almal op 100m die "Bull" raakskiet voor jy mag veld toe.

Hier kom dit (stry nog steeds nie) noem net dat ek nie dink die ammo skiet 3" laag op 100m.Nou moet jy maar uithaal en wys druk maar "Full Load" in die kamer.

"Skoot klap" Nou't ons ook klaar gejag vir die naweek se ek toe Ruben wat nie geweet het die yster van hom raas nou skielik en ek vang die man aan die arm voor hy die grond tref.

Groot my verbasing dat hy wragtig die bull geskiet het op. 100m

Re: Pa en Seun katte naweek

Posted: Mon Aug 11, 2014 11:34 am
by Varmint King
Rooivalk wrote:Ek het so twee Jaar terug vir my kinders n 6x45 laat bou.My oudste seun Ruben ( toe 5 jaar oud) het met groot opgewondenheid sy vir eerte jag in KZN saamgevat.Die PH "Vloekwoord" het my gevra wat ek wil he die kleinman moet skiet ,ek het geantwoord Rooibok Ram asb."Nee die laaitie sal nie regkom met Rooibokke nie hy moet Blesbok skiet" Se Dr PH !~ Nou staan ek met (het in my broek gepoeffie gisig) en wonder hoekom het jy my dan gevra wat om te skiet ?

Nou gaan ons eers kyk of die gewere ingestel is.Die hele jag geselskap,gidse vrouens almal.Die son trek water dis al 9h00.
Almal skiet nou eers die gewere warm stel op en af die een na die ander,hier en daar kry die een vrou ook gou n 308 in die arm om n skoot te skiet en laaste is dit Ruben se beurt.

Ek het juis sy patrone met 5gr MP200 gelaai en skiet so 1400 f/s met die "sillencer" klink dit soos n pellet maar nou is dit wet dat almal op 100m die "Bull" raakskiet voor jy mag veld toe.

Hier kom dit (stry nog steeds nie) noem net dat ek nie dink die ammo skiet 3" laag op 100m.Nou moet jy maar uithaal en wys druk maar "Full Load" in die kamer.

"Skoot klap" Nou't ons ook klaar gejag vir die naweek se ek toe Ruben wat nie geweet het die yster van hom raas nou skielik en ek vang die man aan die arm voor hy die grond tref.

Groot my verbasing dat hy wragtig die bull geskiet het op. 100m

LOL...Lekker man...

Ek hoop daai PH het lekker gevoel...

Wat was die storie dat hy Blesbok moes skiet en nie Rooibok nie...

Dit is lekker as die kinders saam in die bos grootword en deel maak van ons manne se passie..

Groete.

Re: Pa en Seun katte naweek

Posted: Mon Aug 11, 2014 11:44 am
by Rooivalk
Nou gaan ons jag.Die gids se ons moet by n dam sit en wag vir n Blesbok.Hoe kry jy nou n 5 jarige om vir langer as 5min stil te sit.
Ons het darem blesbokke gesien....... so 35................. km/uur verby hardloop.
Nou moet ons maar loop stel ek voor ,en ons kry die Rooibokke.

Hy skiet n mooi Ram so 130m perfekte Bladskoot.