Page 1 of 2

Heinz se skietstoel

Posted: Tue Jul 29, 2014 5:36 pm
by THOMAST
Ek lê in die veld op ‘n plaas tussen Fraserburg en Loxton. Het maar ‘n randjie uitgesoek sodat ek kan lê want die bossies is net hoog genoeg om lasting te wees as ek in die vlakte lê . Boonop is ek en sitskiet nie die grootste pêlle nie. Nie met my lyf nie. Elke keer as ek skuif, druk die skepste klip in die kontrei erens in my murg in. Doen die soort skietery al baie jare en ‘n man raak seker maar gewoond aan die ongemak, of hoe?
Nie vandag nie. Vanoggend toe ons klomp opstaan is die wereld wit geryp. Van daai koue wat deurdring tot in jou binneste. Alles is styf en elke keer as ek beweeg, dan druk daar ‘n verdomde klip op ‘n plek wat tot op hede ongeteister was.
Ai, om oud te word is nie vir sissies nie. My gedagtes dwaal. Word net kort kort in die rede geval deur ‘n skerp klip of doringkie. Hoekom myself so treiter? Daar moet ‘n beter, meer gemaklike manier wees om so ‘n voorsit skiet te doen.
Die trippie kom tot ‘n einde. Die saadjie is geplant. Ek soek ‘n skietstoel. Kyk rond op die forum, daar is niks wat my opgewonde maak nie.
So begin ek en Heinz Petersen te gesels oor stoele en nog meer. Hy bly nie te ver van my af nie. Heinz is ‘n man wat raakvat en het al met baie oulike apparaat te voorskyn gekom, alles te doen met die skiet wereld. Hy sê ek moet bietjie loer na sy stoel wat hy bou, seker al die hoeveelste prototipe, elke keer is daar ‘n verbetering aan die ontwerp. Ek bekyk die stoel en noem so ‘n paar veranderings wat ek graag wil hê om die stoel gemakliker vir my te maak soos langer pote, want hy is net te laag vir my om uit op te staan sonder ‘n groot gesukkel. Hy is egter besig om reg te maak vir ‘n oestery en ek sê ons moet weer gesels as hy terug is.
‘n Week of so later bel Heinz my. “Jou stoel is klaar” Ek is oorbluf en gaan haal die stoel . ‘n Paar dae later is ek met die stoel weg na ‘n skietplek.
Op 300m hang daar ‘n vierkantige staal plaat, 200mm x 200mm. 2 Skote op die plaat (blink merkies, ander 2 is 308) net onder 2 duim:
Image

Nou kyk, dit is nie ‘n bench rest setup nie, maar hy is so na aan soos demmit aan ‘n vloekwoord. Ek is baie in my skik met die stoel.Is oortuig dat groepe nog gaan verbeter soos ek en my stoel mekaar beter leer ken.
Ek dink onwillekeurig aan NP van Wyk Louw se woorde :
“ ’n Beitel moet klip kan breek, as hy ‘n beitel is”
So lyk Heinz se stoel:
Image
Hy vou lekker plat op:
Image
Hier is myne met sy modifikasies:
Image
Ek gaan nog ‘n belt vasmaak aan hom vir oor die skouer dra as ek veld instap.
Baie dankie Heinz, jy kan maar skietstoel maak, hoor!

Re: Heinz se skietstoel

Posted: Tue Jul 29, 2014 5:52 pm
by tripodmvr
Doodeenvoudig, doelgerig en ewehandig daarby. So lig as moontlik en sal heel gemaklik sit ook. Puik ontwerp.

Re: Heinz se skietstoel

Posted: Tue Jul 29, 2014 7:12 pm
by maxboostsa1
N dubbel strap rugsak gemaak vir hom sal ook lekker werk

Re: Heinz se skietstoel

Posted: Wed Jul 30, 2014 11:50 am
by THOMAST
Goeie idee.
Moet sê dat met 2 elmboë op die skietstut kan ek die geweer lekker verstel sodat ek die geweer vashou asof ek staan en skiet, of by 'n skietbank sit, maw die loop van die geweer is basies parrallel met my linker skouer

Re: Heinz se skietstoel

Posted: Tue Sep 09, 2014 3:43 pm
by Swys14
ek besit self so een, die vakmanskap en ontwerp is puik, absoluut die geld werd!

Re: Heinz se skietstoel

Posted: Wed Sep 24, 2014 7:55 pm
by Piet Breedt
Wat prys die stoel?

Re: Heinz se skietstoel

Posted: Wed Jan 13, 2016 4:19 am
by Heinz Petersen
Ek is weer besig om n paar skietstoele te maak vir die jag seisoen wat om die draai is. Enige iemand wat wat belang stel kan my maar kontak vir inligting.

Re: Heinz se skietstoel

Posted: Wed Jan 13, 2016 8:23 am
by joe rocket
Die stoel werk ongelooflik lekker het sommer 2 bestel.

Re: Heinz se skietstoel

Posted: Wed Jan 13, 2016 8:30 am
by ruaanb
Sommer baie netjies die stoel.

Re: Heinz se skietstoel

Posted: Wed Jan 13, 2016 8:51 am
by Forester
Heinz Petersen wrote:Ek is weer besig om n paar skietstoele te maak vir die jag seisoen wat om die draai is. Enige iemand wat wat belang stel kan my maar kontak vir inligting.
Heinz, ek het 'n email vir jou gestuur. Ek stel belang in 1 asb.

wynand dot visser1 by gmail dot com

Re: Heinz se skietstoel

Posted: Wed Jan 13, 2016 9:03 am
by Eugene
Heinz, gaan dit moontlik wees om die prys van die stoel hier te plaas? Ek dink daar sal baie meer belangstelling wees as ons weet wat die stoel prys. Dit lyk na 'n baie netjiese produk en omdat dit opvou, kan mens maklik 2 van hulle saamry baan of veld toe!

Re: Heinz se skietstoel

Posted: Wed Jan 13, 2016 9:11 am
by blaser
prys en waar is jy

Re: Heinz se skietstoel

Posted: Wed Jan 13, 2016 11:19 am
by joe rocket
Ek plaas sommer namens hom, want die oom is besig om te sweis. Een stoel oor vir R 1800. Die nuwe prys agv die staal wat so duur is R 1950 plus posgeld

Re: Heinz se skietstoel

Posted: Wed Jan 13, 2016 4:47 pm
by Gernie
Waar kan ons die stoele sien?

Re: Heinz se skietstoel

Posted: Wed Jan 13, 2016 4:51 pm
by ruaanb
Heinz is hier in Kuilsrivier in die Kaap.

Re: Heinz se skietstoel

Posted: Wed Jan 13, 2016 5:23 pm
by joe rocket
Gernie wrote:Waar kan ons die stoele sien?


Sommer hier bo waar die foto's is ++>:

Re: Heinz se skietstoel

Posted: Wed Jan 13, 2016 5:43 pm
by cassie_calvinia
oom Heinz moet maar sulke planne maak om te kan raak skiet...
netjiese stoele

Re: Heinz se skietstoel

Posted: Sat May 14, 2016 4:11 pm
by Heinz Petersen
Ek gaan nou nog vyf stoele maak. Wie belang stel kan my PM of bel by 082 556 7274 om dit te bespreek.

Re: Heinz se skietstoel

Posted: Sat May 14, 2016 5:23 pm
by joe rocket
Hierdie stoel werk regtig baie lekker en is baie sterk.

Re: Heinz se skietstoel

Posted: Sat May 14, 2016 6:43 pm
by PWV
Heinz Petersen wrote:Ek gaan nou nog vyf stoele maak. Wie belang stel kan my PM of bel by 082 556 7274 om dit te bespreek.
Heinz, ek hoop die forumlid wat jou geld skuld vir 'n stoel, het al betaal.

Re: Heinz se skietstoel

Posted: Sat May 14, 2016 6:56 pm
by Hein M.
Wragtiwaar 'n netjiese stoel! Moet sê, daardie geweer komplimeteer die stoel boonop ;) Beide is iets om op jaloers te wees...

Re: Heinz se skietstoel

Posted: Sat May 14, 2016 9:36 pm
by joe rocket
Daai forum lid moet op sy moer kry!!!!! Pateet bloedsuier noem sy naam die suurstof dief!!!!!'?!!!!!!!!!

Re: Heinz se skietstoel

Posted: Sat May 14, 2016 10:06 pm
by Hein M.
joe rocket wrote:Daai forum lid moet op sy moer kry!!!!! Pateet bloedsuier noem sy naam die suurstof dief!!!!!'?!!!!!!!!!
;D Mensig, broer... Meer inligting?

Re: Heinz se skietstoel

Posted: Thu Aug 18, 2016 6:39 am
by Heinz Petersen
Ek het twee skiet stoele oor vir die seisoen. As jy belang stel kan jy my kontak op 082 556 7274.

Re: Heinz se skietstoel

Posted: Fri Nov 04, 2016 8:12 am
by Grysbok
Hi i am looking for a plan to make a light day calling chair can any one help me out.