Page 1 of 1

NG Kerk Riebeek Kasteel: Jagpakette 2015 en geweer

Posted: Wed Jul 30, 2014 11:40 am
by Riebeeker
Ons NG Kerk hou 'n fondsinsameling. Die pryse is:

1. Jagpakket in 2015 naby Aranos wat insluit 1 Gemsbok, 5 Springbokke, verblyf vir 4 mense, etes en bewerking van vleis ingesluit;
2. Jagpakket in 2015 naby Gochas wat insluit 1 Gemsbok, 5 Springbokke, verblyf vir 4 mense, etes en bewerking van vleis ingesluit;
3. Jagpakket in 2015 naby Beaufort Wes wat insluit 1 Blouwildebees, 1 Blesbok en 2 Springbokke, verblyf in selfsorgakkommodasie;
4. SAVAGE AXIS geweer in die kaliber van jou keuse - geborg deur SAFARI & OUTDOOR STELLENBOSCH

E-pos my by andre@riebeekcellars.co.za vir meer detail. Net 500 kaartjies teen R250 elk. Sluitingsdatum 5 September 2014 en Trekkingsdatum 6 September 2014.

Re: NG Kerk Riebeek Kasteel: Jagpakette 2015 en geweer

Posted: Wed Jul 30, 2014 12:16 pm
by ludwichras
Moet mens jou net email om besonderhede te kry en is daar nog beskikbaar

Re: NG Kerk Riebeek Kasteel: Jagpakette 2015 en geweer

Posted: Wed Jul 30, 2014 12:50 pm
by Riebeeker
Die kaartjies loop soos stroop, nou by nommer 371 van 500. Mail my oor hoeveel kaartjies jy soek by andre@riebeekcellars.co.za . Ek stuur die NG Kerk Riebeek Kasteel se bankbesonderhede en jou verwysingsnommers (eintlik die kaartjie nommers). Wanneer die betaling wys, scan en mail ek jou kaartjies aan jou. Natuurlik welkom om by my of kerkkantoor 'n draai te kom maak.

Manne, maak die somme. 'n Boekie met vyf kaartjies kos R1 250. So staan jy 'n een uit 'n honderd kans om een van die drie jagpakkette in 2015 te wen. Al drie jagte is vir vier mense en jy kan onderhandel met die eienaar vir nog bokke. Vorm 'n konsortium met drie pelle en koop saam 'n boekie - wie weet dalk is julle gelukkig. Indien nie, wel die geldjies gaan darem vir 'n goeie doel.

Trekking is tydens die lentefees op 6 September 2014 by die Kerksaal. Jy hoef nie hier te wees vir die trekking nie, ek of Ds André Du Plessis sal jou bel met die goeie nuus as jy wen.

Nogmaals dankie aan Willem by Safari & Outdoor vir die borgskap van die Savage AXIS geweer.

Re: NG Kerk Riebeek Kasteel: Jagpakette 2015 en geweer

Posted: Thu Jul 31, 2014 8:58 am
by Riebeeker
Dankie aan die manne wat alreeds gekoop het. Daar is nog kaartjies beskikbaar, maar dit loop regtig vinnig. So terloops, die jag by Gochas is by oom Ernst Brink van Pulpit Rock Wynkelder en die een by Beaufort Wes by Nico Laubscher op die plaas Little England. Die jag in Aranos is by ons Dominee se swaer. In elk geval die manne gaan jou bederf as jy wen, dit weet ek verseker.

Re: NG Kerk Riebeek Kasteel: Jagpakette 2015 en geweer

Posted: Mon Aug 04, 2014 12:20 pm
by Riebeeker
Manne, moenie die een te lank laat wag nie, jy gaan spyt wees. Een kaartjie koop vir jou 'n vier uit vyfhonderd kans.

Re: NG Kerk Riebeek Kasteel: Jagpakette 2015 en geweer

Posted: Thu Aug 07, 2014 12:40 pm
by Riebeeker
Daar is nog 'n paar kaartjies beskikbaar, moenie te lank wag as jy belangstel nie. Kontak my by andre@riebeekcellars.co.za as jy enige navrae het. Natuurlik welkom om ook jou navrae hier te plaas.

Re: NG Kerk Riebeek Kasteel: Jagpakette 2015 en geweer

Posted: Thu Aug 28, 2014 3:37 pm
by Riebeeker
Ek is regtig oorweldig deur die ondersteuning van die forum lede - baie dankie. Daar is nog so 'n paar kaartjies oor, onthou die sluitingsdatum is volgende week Vrydag die 5de September 2014 en die trekking die 6de September.

Re: NG Kerk Riebeek Kasteel: Jagpakette 2015 en geweer

Posted: Mon Sep 08, 2014 10:25 am
by gillie
Riebeeker wrote:Ek is regtig oorweldig deur die ondersteuning van die forum lede - baie dankie. Daar is nog so 'n paar kaartjies oor, onthou die sluitingsdatum is volgende week Vrydag die 5de September 2014 en die trekking die 6de September.
En toe ? Wie is die gelukkige wenners ? Enige iemand van die forum ?

Re: NG Kerk Riebeek Kasteel: Jagpakette 2015 en geweer

Posted: Mon Sep 08, 2014 12:20 pm
by Riebeeker
Eerstens dankie aan almal - al 500 kaartjies was uitverkoop. Tweedens dankie aan die borge:
Jan Schreuder Aranos
Ernest Brink Gochas/Riebeek Wes
Nico Laubscher Beaufort Wes/ Riebeek Kasteel
Willem Immelman Safari & Outdoor

Die wenners was:
Prys 1 Bertie le Roux Struisbaai
Prys 2 Nols Zandberg Riebeek Wes
Prys 3 Natie Albertyn Riebeek Kasteel
Prys 4 Handré Vlok Riebeek Kasteel

Re: NG Kerk Riebeek Kasteel: Jagpakette 2015 en geweer

Posted: Tue Sep 09, 2014 10:07 am
by gillie
Riebeeker wrote:Eerstens dankie aan almal - al 500 kaartjies was uitverkoop. Tweedens dankie aan die borge:
Jan Schreuder Aranos
Ernest Brink Gochas/Riebeek Wes
Nico Laubscher Beaufort Wes/ Riebeek Kasteel
Willem Immelman Safari & Outdoor

Die wenners was:
Prys 1 Bertie le Roux Struisbaai
Prys 2 Nols Zandberg Riebeek Wes
Prys 3 Natie Albertyn Riebeek Kasteel
Prys 4 Handré Vlok Riebeek Kasteel
Dankie, geluk aan die wenners, lekker jag !

Re: NG Kerk Riebeek Kasteel: Jagpakette 2015 en geweer

Posted: Tue Sep 09, 2014 1:55 pm
by DawieKotze
Riebeeker wrote:Eerstens dankie aan almal - al 500 kaartjies was uitverkoop. Tweedens dankie aan die borge:
Jan Schreuder Aranos
Ernest Brink Gochas/Riebeek Wes
Nico Laubscher Beaufort Wes/ Riebeek Kasteel
Willem Immelman Safari & Outdoor

Die wenners was:
Prys 1 Bertie le Roux Struisbaai
Prys 2 Nols Zandberg Riebeek Wes
Prys 3 Natie Albertyn Riebeek Kasteel
Prys 4 Handré Vlok Riebeek Kasteel
Lyk my die ouderlinge en diakens het baie kaartjies gekoop!! ;D ;D

Re: NG Kerk Riebeek Kasteel: Jagpakette 2015 en geweer

Posted: Tue Sep 09, 2014 2:32 pm
by sako 30-06
madako wrote:
Riebeeker wrote:Eerstens dankie aan almal - al 500 kaartjies was uitverkoop. Tweedens dankie aan die borge:
Jan Schreuder Aranos
Ernest Brink Gochas/Riebeek Wes
Nico Laubscher Beaufort Wes/ Riebeek Kasteel
Willem Immelman Safari & Outdoor

Die wenners was:
Prys 1 Bertie le Roux Struisbaai
Prys 2 Nols Zandberg Riebeek Wes
Prys 3 Natie Albertyn Riebeek Kasteel
Prys 4 Handré Vlok Riebeek Kasteel
Lyk my die ouderlinge en diakens het baie kaartjies gekoop!! ;D ;D
Ek dink Thuli moet dieper hierop ingaan. ;D

Re: NG Kerk Riebeek Kasteel: Jagpakette 2015 en geweer

Posted: Tue Sep 09, 2014 2:48 pm
by Riebeeker
Oom Jacob hou vir Thuli genoeg besig. Natuurlik het die kerkraad die projek ondersteun, ongelukkig het nie een van ons (die kerkraad) een van die pryse gewen nie. Intussen probeer ek regtig hard om beter vriende met Nols en Natie te raak - miskien nooi hulle my saam.