Page 1 of 1
Slim Rooikat?!
Posted: Sun Aug 03, 2014 7:34 pm
by BosHond
Manne,
Voel soos n mislukking...en grooooot ook. Die naweek primer gegaan om rooikat te gaan help. 2 jakkalse gekry en ook 'n sms vanoggend om te se rooikat se kind het 2 lammers gevang op die plek waar ek tot 4:15am gesit het vandag...
Wat kan ek dan nou ANDERS doen??
Re: Slim Rooikat?!
Posted: Sun Aug 03, 2014 8:38 pm
by Jaktrap
Ek wil nie snaaks wees nie maar met n kat moes jy seker net langer gewag het.
Katte beproef jou geduld en nou weet jy waar jy vannaand moes gewees het sou ek se.
Luister self by die radio
Re: Slim Rooikat?!
Posted: Mon Aug 04, 2014 7:49 am
by cassie_calvinia
hy kan seker nie veel langer as deurnag sit nie.
partykeer help rondry ook.
of, slagyster amper beter waar hy vang
Re: Slim Rooikat?!
Posted: Mon Aug 04, 2014 8:01 am
by BLOK
Vir n kat is daar net een raad, ry rond en roep so elke 800m vir tien minute tot n hafuur, maak net seker dat die laas reeds skoon is van jakkalse ook voor jy hulle leer om net more weer te sukkel.
Dan moet ek ook se dit klink my jy was by sy vangplek waar jy gesit het tot na4, nou iets wat in gedagte gehou moet word is dat n kat gewoonlik lief is om na so plek toe te kom net voor sononder tot sononder en dan net voor sonop tot net na sonop.
Re: Slim Rooikat?!
Posted: Mon Aug 04, 2014 8:05 am
by Smirre
More
Stel 'n hok
SMirre
Re: Slim Rooikat?!
Posted: Tue Aug 05, 2014 7:48 am
by johans
probeer uitvind watse nag hy gevang het,jy moet so gou moontlik weet as hy gevang het en dan die volgende middag al skemer daar wees,as hy dik gevreet is loop hy nie ver nie,maar as jy eers paar aande later gaan is hy weg,veral as dit n mannetjie is