Page 1 of 3
308 punt keuse
Posted: Mon Aug 04, 2014 6:34 pm
by Reivilo308
Naand manne.
Ek wil jul raad vra oor keuse van 308 punt. Ek is op soek na n punt 150/165gr wat goed sal groepeer en goed sal wees vir jag. Ideaal sal wees as ek n goedkoop papierskiet punt kan kry wat dieselfde eienskappe het sodat ek kan load developing doen daarmee en dan n duurder jagpunt gebruik wat op diesefde plek skiet. Ek het nou al honderde rondtes op die baan gemors op load developing en dan as ek happy is dan is die punt nie meer beskikbaar nie.
As my mede 308 liefhebbers so n twee punt kombinasie het sal dit gaaf wees om met my te deel. As daar al soortgelyke topics was sal n link wardeer word.
Groete
Reivilo
Re: 308 punt keuse
Posted: Mon Aug 04, 2014 7:24 pm
by Pottie
Die Hornady SST en Interbond in 150gr werk goed so saam in my 300WM en ek glo dit behoort dieselfde tedoen in die 308Win. Omdat die 308 nie n vreeslike vinnige kaliber is nie behoort jy nie met sagter punte soos die SST soveel vleisskade te kry nie en die harder punte soos die Interbonds behoort nie so maklik deur n dier teskiet nie. Ons weet mos skootplasing is mos die goue reel as dit by jag kom.
My ondervinding is dat SST ongeveer die helfte van die prys is van Interbonds.(as jy kan kry.)
Re: 308 punt keuse
Posted: Mon Aug 04, 2014 7:35 pm
by henning
Reivilo308 wrote:Naand manne.
Ek wil jul raad vra oor keuse van 308 punt. Ek is op soek na n punt 150/165gr wat goed sal groepeer en goed sal wees vir jag. Ideaal sal wees as ek n goedkoop papierskiet punt kan kry wat dieselfde eienskappe het sodat ek kan load developing doen daarmee en dan n duurder jagpunt gebruik wat op diesefde plek skiet. Ek het nou al honderde rondtes op die baan gemors op load developing en dan as ek happy is dan is die punt nie meer beskikbaar nie.
As my mede 308 liefhebbers so n twee punt kombinasie het sal dit gaaf wees om met my te deel. As daar al soortgelyke topics was sal n link wardeer word.
Groete
Reivilo
Ek het nie vir jou n antwoord oor die koeels wat jy soek nie, maar wil vir jou se dat my sienswyse is dat jy moet jou nie blind staar teen jag en papier koeels wat op die selfde plek skiet.
As jou scope goed track dan neem dit net n paar sekondes om n paar kliks op en n paar kliks links of wat ook al te stel sodat jy in die kol is vir die ander koeel en die teenoorgestelde as jy weer terug keer na die vorige koeel.
Op hierdie manier kan jy enige koeel kies wat jou hart begeer en word nie vas gemaak aan n koeel omdat dit op dieselfde plek skiet as jou ander een.
Groete
Henning
Re: 308 punt keuse
Posted: Mon Aug 04, 2014 8:59 pm
by Reivilo308
Dankie Pottie ek sal kyk na daardie punte maar dis juis die hornady 180gr interlocks flatbase en boattail waarmee ek load developing gedoen het en nou kry ek nerens in die hande nie. Dalk as jy jou supplier met my deel kan ek lucky wees en nie nodig vir oor begin nie.
Henning ek hoor wat jy se en stem saam dat dit kan werk, maar ek verkies om so min as moontlik te stel aangesien ek n Burris eliminator het en die drop factor sal ook gestel moet word tussen punte. Beperkte tyd speel ook n redelike faktor so om vir twee punte load developing te doen in my geweer gaan moeilik wees. thanx vir die input.
Re: 308 punt keuse
Posted: Mon Aug 04, 2014 9:09 pm
by henning
Reivilo308 wrote:Dankie Pottie ek sal kyk na daardie punte maar dis juis die hornady 180gr interlocks flatbase en boattail waarmee ek load developing gedoen het en nou kry ek nerens in die hande nie. Dalk as jy jou supplier met my deel kan ek lucky wees en nie nodig vir oor begin nie.
Henning ek hoor wat jy se en stem saam dat dit kan werk, maar ek verkies om so min as moontlik te stel aangesien ek n Burris eliminator het en die drop factor sal ook gestel moet word tussen punte. Beperkte tyd speel ook n redelike faktor so om vir twee punte load developing te doen in my geweer gaan moeilik wees. thanx vir die input.
Ek verstaan jou probleem met die Burris maar jy sal moet load development doen vir albei koeels, al skiet hulle op dieselfde plek se dit glad nie dat jy dieselfde lading kan gebruik nie, in teendeel dit is redelik onwaarskynlik. Elke koeel is uniek en het sy eie lading nodig.
Groete
Henning
Re: 308 punt keuse
Posted: Mon Aug 04, 2014 9:54 pm
by Reivilo308
So ek kan maar eintlik aanvaar om te vergeet van die idee want geen twee punte sal identies gelaai kan word vir dieselfde OBT, velocity en trajek nie?
Dalk moes my vraag liewers gewees het watse punt is konstant beskikbaar wat redelike geprys(onder R10), aanvaarbare groepering(25mm) en goed genoeg op wild sal werk.
Re: 308 punt keuse
Posted: Mon Aug 04, 2014 10:25 pm
by willeman
Gebruik huig sierra 165 gr sbt asook 165 gr hpbt met baie sukses in my Howa. 308
Re: 308 punt keuse
Posted: Mon Aug 04, 2014 10:29 pm
by Reivilo308
willeman wrote:Gebruik huig sierra 165 gr sbt asook 165 gr hpbt met baie sukses in my Howa. 308
dankie willeman is juis besig om op te lees oor die sierra op oomblik.
Re: 308 punt keuse
Posted: Tue Aug 05, 2014 7:35 am
by Herman Huyser
Reivilo, jy kan ook na Nosler Ballistic tips (groen punt) kyk vir papier en dan vir jag Nosler Accubond (wit punt). My 30.06 hou van albei. Die BC van die verskillende soorte (BT & AB) is dieselfde
150 gr BT & AB = 0.435
165gr BT & AB = 0.475
Re: 308 punt keuse
Posted: Tue Aug 05, 2014 7:38 am
by Sniper18
Ek skiet 150gr gamekings van Sierra. Werk baie lekker vir jag en baan.
Re: 308 punt keuse
Posted: Tue Aug 05, 2014 10:17 am
by OupaZA
Wat is jou twist op die geweer gaan dit nie 'n invloed heh op die koel gewig wat jy will kies?
Ek kyk ook na punte vir my .308 tikka t3 hunter (1-11 twist).
Voorstelle wat ek all ontvang het:
-Barnes ttsx 160gr
-Nosler Accu 160gr
-Swift maar bietjie duur vir my.
-Interbonds (Maar paar manne het my al bang gepraat)
Will ook net seker maak eerste watter gewig gaan die beste werk in my geweer.
Jamer vir bietji Hijack maar ons saam oplosing vind. Watter roer het jy en wat is sy twist?
Groete Emile
Re: 308 punt keuse
Posted: Tue Aug 05, 2014 10:18 am
by OupaZA
Sorry een vergeet 150gr Game King...
Re: 308 punt keuse
Posted: Tue Aug 05, 2014 5:42 pm
by Ratel
Ek skiet 150 gr Sierra Pro hunters en het baie getwyfel voor ek die jaar BWB geskiet het. Op die einde het die Pro hunter goed geloop en die koeel is onder die vel op die verste blad uitgehaal. Het 137 gr geweeg. Ek sal weer met Sierra Pro hunters jag. Hulle is ook lekker akkuraat in my roer op die baan.
Re: 308 punt keuse
Posted: Tue Aug 05, 2014 9:39 pm
by Reivilo308
OupaZA wrote:Wat is jou twist op die geweer gaan dit nie 'n invloed heh op die koel gewig wat jy will kies?
Ek kyk ook na punte vir my .308 tikka t3 hunter (1-11 twist).
Voorstelle wat ek all ontvang het:
-Barnes ttsx 160gr
-Nosler Accu 160gr
-Swift maar bietjie duur vir my.
-Interbonds (Maar paar manne het my al bang gepraat)
Will ook net seker maak eerste watter gewig gaan die beste werk in my geweer.
Jamer vir bietji Hijack maar ons saam oplosing vind. Watter roer het jy en wat is sy twist?
Groete Emile
Oupa jys baie welkom.... iemand moet die topic aan die gang hou terwyl ek besig is!!!
Ek het die Ruger m77 Hawkeye allweather wat uitkom met n 1-10 twist. Na baie navorsing was die meeste raad dat hy 180gr en ligter goed sal stabiliseer. Intussen het ek n 375 aangeskaf so eks lus om nou kleiner te laai. 130gr Gsc was vir my baie lekker jag punte maar ek kon ongelukkig nie akuraat genoeg op papier kry nie.
Het enigiemand al die sierra 155gr Palma probeer? Ek neem aan hy sal nie vir jag doeleindes werk nie?
Re: 308 punt keuse
Posted: Tue Aug 05, 2014 10:17 pm
by Fanta300
Met 1:10 twist gaan jy in my opinie sukkel met kleiner as 155gr koeels.
Re: 308 punt keuse
Posted: Tue Aug 05, 2014 10:35 pm
by Reivilo308
Fanta300 wrote:Met 1:10 twist gaan jy in my opinie sukkel met kleiner as 155gr koeels.
Dit was my oorspronklike gedagte en ek was anders ooreed destyds. Daarom nou liewers so veel opinies kry as moontlik. Die 130gr monolitiese projektiel was "veronderstel" om dieselfde as n swaarder bv n 165gr te stabiliseer.... hoekom sal ek nie weet nie, dalk iets met lengte en nie gewig te doen. Hopelik kan iemand dit vir ons verduidelik sodat ons kan wyse keuses maak as ons besluit op barnes, gmx of GSC.
Re: 308 punt keuse
Posted: Wed Aug 06, 2014 6:45 am
by Skywalker
More manne
Ek het so ruk terug soortgelyke vrae gehaad ook op n .308 en ek het ook baie goeie raad gekry, gaan juis vanmidag n paar patrone brand om bietjie te toets wat die manne vir my voorgestel het. As julle belangstel hieso is die link.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=140&t=34289
Re: 308 punt keuse
Posted: Wed Aug 06, 2014 7:10 am
by Klein Chris
Loer na Questbullets.com Die koele werk mooi op papier en in die bos
Groete
Re: 308 punt keuse
Posted: Wed Aug 06, 2014 7:21 am
by BRNO (Pierre)
Vriend van my wag vir sy .308 lisensie, en ek het hom gehelp om n herlaai stel teen so goedkoop moontlik bymekaar te sit. Natuurlik vra hy my dieselfde vraag.
Met baie aandag en verskeie vrae opd ie forum, en dan nog naslaan werk, het ek op die Impala besluit. Die gewig sal ons nog bevestig, maar ek reken dit sal die 150gr wees. Die koeel is baie goed geprys, en onmiddelik in groot hoeveelhede beskikbaar, dus kan hy vir papier en jag gebruik word.
Re: 308 punt keuse
Posted: Wed Aug 06, 2014 8:43 am
by vriell
Klein Chris wrote:Loer na Questbullets.com Die koele werk mooi op papier en in die bos
Groete
Baie goeie keuse.Ekskiet vir jare die 130gr core bonded op papier en vir jag doeleindes maar ongelukkig wil dit vir my voorkom of Quest bullets "buite aksie" is want ek het amper 'n jaar terug my bestelling ingesit en kon nog niks kry nie.By navraag was die woorde"Jy gaan nie gou kry nie" weens werks omstandighede.....( dis 'n ingenieurs werkswinkel "set-up" wat die kontrei bedien o.a. )
Re: 308 punt keuse
Posted: Wed Aug 06, 2014 1:50 pm
by grumpy
Kyk na Impala punte of Frontier.
Re: 308 punt keuse
Posted: Wed Aug 06, 2014 3:16 pm
by tripodmvr
Reivilo308 wrote:Fanta300 wrote:Met 1:10 twist gaan jy in my opinie sukkel met kleiner as 155gr koeels.
Dit was my oorspronklike gedagte en ek was anders ooreed destyds. Daarom nou liewers so veel opinies kry as moontlik. Die 130gr monolitiese projektiel was "veronderstel" om dieselfde as n swaarder bv n 165gr te stabiliseer.... hoekom sal ek nie weet nie, dalk iets met lengte en nie gewig te doen. Hopelik kan iemand dit vir ons verduidelik sodat ons kan wyse keuses maak as ons besluit op barnes, gmx of GSC.
Die algemene denke oor ligter koeëls is dat die geweer dit nie gaan stabiliseer nie. Die 125gr Sierras skiet puik uit my 30-06. Stabilisasie probleme kom in as 'n koeël te lank word. In monolities sal ek vir 130-150 kyk by die 308 en dit rek na 180 met die 30-06. Genoegsame spoed moet verkry word om die monos te laat blom.
Re: 308 punt keuse
Posted: Thu Aug 07, 2014 7:15 am
by Reivilo308
Dankie almal vir julle inputs. Ek gaan die naweek n draai maak in safari outdoor stellenbosch en volgende week skietbaan toe om my keuse te toets. Sal terugvoering gee aan manne wat dalk hierdie post volg.
Re: 308 punt keuse
Posted: Thu Aug 07, 2014 10:07 am
by Gerrie Smith
Ek het ook al baie punte gesoek - gelaai en en geskiet, net om oor 'n maand of 2, nie weer van die goed te kan kry nie. Nou skiet ek Impala 130gr. in my Sako 308 1/9.75 twist, baie lekker en akuraat, goedkoper as die res en altyd beskikbaar! Ek kan net nie vir die nek mik nie, want as ek die werwels mis, hol daai bok vir dae!
Re: 308 punt keuse
Posted: Thu Aug 07, 2014 10:17 am
by tripodmvr
Gerrie Smith wrote:Ek het ook al baie punte gesoek - gelaai en en geskiet, net om oor 'n maand of 2, nie weer van die goed te kan kry nie. Nou skiet ek Impala 130gr. in my Sako 308 1/9.75 twist, baie lekker en akuraat, goedkoper as die res en altyd beskikbaar! Ek kan net nie vir die nek mik nie, want as ek die werwels mis, hol daai bok vir dae!
Innie mittel, broer, innie mittel van die nek.