Page 1 of 1

My pad saam met North Fork Hoostuk 3

Posted: Tue Aug 12, 2014 4:59 pm
by VdWalt
Nadat ek verlede Dinsdag vir die derde dag met die boog probeer het om iets te kry het ek besluit die somer is oppad en ek moet wikkel as ek nog biltong wil kry voor die vliee in alle glorie op ons is.

Iemand wat iemand ken reel toe vir my om op iemand se plaas te gaan skiet waar hulle paar jong koedoe bulle in die buffel kamp het wat hulle wil uitskiet. Dit gaan van die bakkie of wees maar so tussen die buffels het ek nie te veel teen die diesel stalk baklei nie.

Ons ry toe vir seker so uur en half rond - sien geen buffels net njalas en kry koedoes 2 keer maar sonder dat ek kans kry om te skiet. Die volgende oomblik wys die eienaar wat saam met my op die bakkie was die koedoe bulletjie teen die koppie agter ons. Ek sien hier gaan ek sommer so uit die vuis uit moet skiet. Hy staan 1/4 na ons toe. Ek skiet van onder af na die oorkantste blad. Koeel is in die op die nek deur die slagaar net voor die skouer. Hy het net daar geval. Toe ons by hom kom was op sy einde. Met die afslag het ek gesien ek het die nek afgeskiet, die koeel is toe aan tot by die ribbes. Daar het hy na di erug toe geswaai. Hy is al met die ruggraad af tot in die fillet. Dus het ek amper die volle koedoe se penetrasie gekry. Die nek waar hy aan die ruggraad kom afgeskiet asook ses ribbes soos hy aan gegaan het.

Die slagter het gese hy sal die koeel vir my uithaal en ek sal dan Saterdag as ek die vleis gaan haal sommer ook die koeel kry. Ek kan nie wag om te sien hoe hy lyk nie, die outjie het hard gewerk!! Teen een skoot per jag gaan die pakkie my nog laaaank hou!!

Re: My pad saam met North Fork Hoostuk 3

Posted: Wed Aug 13, 2014 12:51 pm
by FCLoretz
Baie mooi VdWalt. Lyk asof daai north fork die roete is om te gaan vir jag koeels.

By wie het jy vleis in gegee om te verwerk?

Re: My pad saam met North Fork Hoostuk 3

Posted: Wed Aug 13, 2014 1:17 pm
by VdWalt
Hulle is akkuraat, laai maklik en werk sovêr baie mooi, hulle is bietjie duur maar so is die res van
die kloeels ook. Soos dit nou aangaan, gaan die pakkie my nog 'n jag of drie hou. As jy paar ladings met
jou geweer geskiet het en 'n idee het wat hy van hou, dan kom haal jy vir jou so 9 wat jou 3 x 3 se
ladings gee om te kyk of joune ook van hulle hou. Ek glo nie jy het regtig so sterk koeel nodig op iets
soos 'n rooibok nie, maar al skiet jy 'n rooibok is die vleis skade so min jy betaal onmiddelik vir daai koeel.
As jy dan nou in die monster bwb of koedoe vasloop dan kan jy ook maar met 'n beter gemoed op hulle
'n kruisie trek.

Die eienaar van die plaas verwerk ook vleis, so ek het dit sommer daar gelos. EK het gehou van die biltong wat ons op die bakkie gesit en eet het.

Re: My pad saam met North Fork Hoostuk 3

Posted: Fri Aug 15, 2014 11:14 am
by AFRICAN LEADWOOD
Mooi so Vd Walt!

Ek is bly die North Forks werk nog vir jou. Hulle moet jou net nie drie jaar hou nie. Het jy die penetrasie al op papier skywe getoets? ;D

Op 'n ernstige noot is dit werklik so. Maklike lading ontwikkeling en goeie resultate.

Ek sien uit daarna om te hoor hoe hulle vir jou werk vorentoe. Laai asb die foto's as jy die koeël by jou het en laat weet an die gewigretensie en hoe groot is die mushroom as jy kans het om die deursnee te meet. Dankie!

Wim

Re: My pad saam met North Fork Hoostuk 3

Posted: Fri Aug 15, 2014 11:43 am
by BRNO (Pierre)
Klink werklik indrukwekkend. Helse ver pad binne daardie koedoe gestap. Laat weet gou net weer watter kaliber, gewig en spoed asb.

O ja, en natuurlik n mooi bulletjie daai. Dink daai fillets wat amper stukkend was gaan lekker smaak.

Re: My pad saam met North Fork Hoostuk 3

Posted: Fri Aug 15, 2014 3:23 pm
by VdWalt
6.5x55 Natuurlik...! Lol! 140gr @ 2700fps. Ek gaan môre my vleis haal en dan die koeël kry. Ek sal hom kom meet en fotos op sit

Re: My pad saam met North Fork Hoostuk 3

Posted: Sun Aug 17, 2014 8:33 am
by VdWalt
Ek het toe gister die koeel terug gekry en met die slagter gepraat. Die koeel het nie van rigting verander nie.
Hy het die koeel in die oorkantste blad gekry (wat die koeel ook gebreek het) Daar het 'n stukkie van die voorkant
afgebreek en dit is hy wat so teen die rug af is. Fillit is nog pragtig en reg vir braai!
Die koeel weeg nog 126.5gr wat 90% is van die oorspronklike gewig. Sy musroom is half agv die stuk wat
af is maar dit is nog steeds 13 - 15mm wat dubbel die kaliber is.

Re: My pad saam met North Fork Hoostuk 3

Posted: Wed Aug 20, 2014 12:51 pm
by AFRICAN LEADWOOD
V d Walt,

Dankie dat jy die beskrywing aangepas het. Die verrigting is baie goed en jy sal sien dat jy baie vinnig sal weet presies waarote is jou kaliber en koeël kombinasie in staat met die North Fork SS. Die koeël is baie voorspelbaar omdat die ontwerp so betroubaar is.

Ek dink nie jy kan meer asdit van daardie 6.5mm koeël verwag het nie.

Weereens geluk.

Wim