Page 1 of 1

Wat vreet so?

Posted: Thu Aug 14, 2014 6:54 pm
by HennieC
Dag mense.
Ek kry vamiddag 'n oproep van 'n ongelukkige plaas eienaar.
Daar was 16 blesbokke oor nadat ons 14 ramme uit geskiet het, nou is daar niks oor nie.
Iets vang die blesbokke sommer 3 op 'n aand. Byt net dood en vreet net by die boud of nek van 'n bok. Daar is ook ligte krap merke op die boude en flanke van die bokke..
Hier is 'n foto van 1 bok hoop julle kan sien. Gee bietjie raad en voorstelle wat kan ek mee roep. Laaste vangs was laas nag. Daar is nog 3 spring bokkies oor op die grond. Dit is in die Deneysville omgewing seker so 2 km van die rivier af.

http://i1305.photobucket.com/albums/s554/henniec/utf-8BSTE0MDgwMzkzOTkuanBn_zps25b52bce.jpg
Jammer die foto is nie duidelik nie.

Groete
Hennie

Re: Wat vreet so?

Posted: Thu Aug 14, 2014 6:58 pm
by Pvdw
3 blesbokke op 1 aand. Krapmerke en vreet boude. Wat van luiperd??

Re: Wat vreet so?

Posted: Thu Aug 14, 2014 7:00 pm
by F.L.A.S.H
Manne daai is in my opinie mr "hunting lazy horse" aka jag luiperd

Re: Wat vreet so?

Posted: Fri Aug 22, 2014 7:42 am
by 2vierniks
'n kat van 'n soort.

Re: Wat vreet so?

Posted: Fri Aug 22, 2014 8:47 am
by Capt. Yoda
2 Jong jagluiperds sou ek se. Ons het n paar jaar terug 2 gehad wat sommer in n week n span springbokke gestamp het

Re: Wat vreet so?

Posted: Fri Aug 22, 2014 9:04 am
by junglejulian
dink jul daar sal jagluiperds voorkom in die vaaldam/Deneysville omgewing?

Re: Wat vreet so?

Posted: Fri Aug 22, 2014 9:07 am
by Sniper18
junglejulian wrote:dink jul daar sal jagluiperds voorkom in die vaaldam/Deneysville omgewing?
Ek wil dit ook weet? Want ek glo nie so nie...tensy hul ontsnap het erens...

Re: Wat vreet so?

Posted: Fri Aug 22, 2014 9:20 am
by BLOK
Manne oor die jagluiperds.

Ek het laaste tyd eerste handse ondervinding met boere wat sukkel met probleem jagluiperds op hul plase. Streke waar nog nooit voorheel van hulle was nie steek hul koppe nou by uit. Selfs gebiede soos in die bosveld wat glad nie natuurlike habitat vir jagluiperds is nie kom hulle nou al in sterk getalle voor.

Ek het manne wat my ingelig het dat die Cheeta centre in gauteng blykbaar die hele land vol ry en van die cheetahs wat hulle teel net langs die pad aflaai en hulle so hervestig. Ek weet van die boere vereenigings in die noorde het dit al op kere ook bespreuk tydens hul vergaderings. Boonop het ek al self met n boer gepraat wat hulle gekry het op so toneel waar hulle die katte net aflaai langs die pad.

Nou of hulle nou al se ver ry en aflaai as Denysville weet ek nie, maar glo dit is ook moontlik. Verder om die diere dan nou vankant te gaan maak kan jare se probleme veroorsaak as jou nodige permitte ens nie in orde is nie. Ek glo ook dat sommige van die katte trackers sal aanhe wat sou jy hul skiet jou verder kan probleme veroorsaak.

Wees maar versigtag manne, en kyk maar uit moontlik is die skade makers die wat jy juis nie verwag nie.

Re: Wat vreet so?

Posted: Fri Aug 22, 2014 12:06 pm
by Henry 7
Blok
Is dit nie onwettig om daai goed sommer enige plek af te laai nie?

Re: Wat vreet so?

Posted: Fri Aug 22, 2014 12:23 pm
by BLOK
Ek glo dit is seker onwettig ja, maar lyk nie of dit hulle keer nie.