Page 1 of 1
Wat vreet so? - Henry7
Posted: Thu Aug 21, 2014 3:25 pm
by BRNO (Pierre)
Manne, Henry stuur vir my die foto en vra ek moet dit plaas. Ek is seker hy sal kom inkleur. Van wat hy my vertel het, is die lam onveree 10m van hier af dood gebyt, en toe na die plek gesleep. Sy kop is van die lyf af gebyt, en feitlik vergruis.
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/028.jpg
Re: Wat vreet so? - Henry7
Posted: Thu Aug 21, 2014 3:29 pm
by Geno
Bruin Hiena byt die kop so pap.
Re: Wat vreet so? - Henry7
Posted: Thu Aug 21, 2014 3:31 pm
by 375fanatic
lyk soos my skoonma se werk
Re: Wat vreet so? - Henry7
Posted: Thu Aug 21, 2014 3:55 pm
by Geno
Nou dat ek daaraan dink....
Die gorrel is weg.
Is albei ore en die neus nog daar?
Onthou, die jakkalstewe vreet nou kraakbeen as kalsium-aanvoeding....
Re: Wat vreet so? - Henry7
Posted: Thu Aug 21, 2014 3:56 pm
by VdWalt
Is 'n jakkels sterk genoeg om die kop te vergruis?
Re: Wat vreet so? - Henry7
Posted: Thu Aug 21, 2014 5:27 pm
by Henry 7
Geno
Ja-sagte dele van kop opgevreet-lam 10 tree van waar hy in land gevang is in lang gras ingesleep-niks spore-baie bloed op vangplek in land-jakkals trek mos nie lam rond nie,hy vreet sommer net daar. Kyk hoe netjies is kop van nek afgehaal en daar is glad nie aan die res van die lam gevreet nie. Kan nie bytmerke sien nie oor kop so flenters is.
Kan jak wees ma die sleepstorie van karkas pla my.
Henry
Re: Wat vreet so? - Henry7
Posted: Thu Aug 21, 2014 5:32 pm
by johans

maak maar jou agterste tralie toe as jy daai gogga gaan roep
Re: Wat vreet so? - Henry7
Posted: Thu Aug 21, 2014 7:06 pm
by Chrisjan
Henry, het jy nie n ruk terug n groot skaap gekry wat so erg opgevreet was nie?
My geld is op bruin hiena.
Ek hoop jou pogings werk om die nasty eater te vind.
Re: Wat vreet so? - Henry7
Posted: Fri Aug 22, 2014 5:50 am
by Henry 7
Ja Chrisjan-daai gogga was raakgeskiet ma ek het hom nooit gekry nie. G-aand op vangplek gewees,wind was nie lekker nie en toe tel ek daai oë op in grondpad op pad na my ma ongelukkig skuins onder my wind,oë heeltemal te wyd vir 'n jak en dis omtrent op 500m wat daai oë so wyd sit,hy't net verdwyn-sal vanoggend ga kyk vir spore in pad ma grond baie hard daar-het net doodstil bly sit en gelos oor hy op pad reg onder my wind was.
Re: Wat vreet so? - Henry7
Posted: Fri Aug 22, 2014 7:20 am
by johans
Henry 7 wrote:Ja Chrisjan-daai gogga was raakgeskiet ma ek het hom nooit gekry nie. G-aand op vangplek gewees,wind was nie lekker nie en toe tel ek daai oë op in grondpad op pad na my ma ongelukkig skuins onder my wind,oë heeltemal te wyd vir 'n jak en dis omtrent op 500m wat daai oë so wyd sit,hy't net verdwyn-sal vanoggend ga kyk vir spore in pad ma grond baie hard daar-het net doodstil bly sit en gelos oor hy op pad reg onder my wind was.
was jy bang?
Re: Wat vreet so? - Henry7
Posted: Fri Aug 22, 2014 8:47 am
by Sniper18
Geno wrote:Nou dat ek daaraan dink....
Die gorrel is weg.
Is albei ore en die neus nog daar?
Onthou, die jakkalstewe vreet nou kraakbeen as kalsium-aanvoeding....
Ek stem saam Geno. Kyk hoe lyk die skaap se kop ook gevreet.