Page 1 of 1

Regte tyd om n voertuig te vervang?

Posted: Sat Aug 23, 2014 2:18 pm
by Lamtjop
Hallo almal, wanneer is die regte tyd om n voertuig te vervang. Elke hoeveel jaar moet n man vervang sodat n nuwe nie soveel duurder is nie en die oue nie so baie verloor het nie. Ek weet daars n klomp ander faktore, ek soek net so paar opinies. Groete

Re: Regte tyd om n voertuig te vervang?

Posted: Sat Aug 23, 2014 3:08 pm
by henning
Ek het gehoor dat manne dit elke drie jaar doen maar weet nie wat die redes is nie.

Groete
Henning

Re: Regte tyd om n voertuig te vervang?

Posted: Sat Aug 23, 2014 4:41 pm
by win270
Een van die grootste bydraende faktore tot die totale koste wat moderne voertuigeienaars aangaan, is om by te hou by die sg. Jones familie.

Koop 'n voertuig wat "fit for purpose" is, niks minder en niks meer en wees bereid om hom te ry solank dit aan jou vereistes voldoen. Kyk na dinge soos naverkoopdiens, onderhoudskostes, veiligheid en brandstofverbruik en besluit vooraf wat jou beursie die beste pas. Ignoreer die "Jones familie" en ry jou voertuie vir baie jare. Vlg keer as jy koop, koop selfs 'n tweedehandse voertuig (met behoorlike vooraf huiswerk wat jy doen) en herhaal die proses. Oor die jare heen sal jy sien dat jou ekstra geld wat jy eerder in 'n goeie belegging geplaas het, vir jou 'n opbrengs gelewer het wat selfs die "Jones familie" oor groen van jaloesie sal wees!

Dis nou maar my filosofie oor voertuie in die lewe. Dit is nie 'n bate nie, dis slegs 'n uitgawe. Beperk dus daardie uitgawe en vind vroeg in jou lewe 'n balans wat sin maak.

Maar net my 2c oor die onderwerp . . . daar sal manne wees wat verskil en dis ook reg so.

Re: Regte tyd om n voertuig te vervang?

Posted: Sat Aug 23, 2014 6:02 pm
by Gawie(13mm)
Ek stem 100% saam met win270 se skrywe. My vroutjie het 7 jaar terug 'n nuwe motor gekoop en ek 'n tweedehandse bakkie. Albei van ons het die voertuie oor drie jaar afbetaal. Na die voertuie afbetaal is het ons die onderskeie paaiemente se waarde netso, ekstra op ons huisverband inbetaal. Ons kon dus ons huisverband in twaalf jaar afbetaal. Ons spaar dus agt jaar se rente!!!

Ek kon dus einde laasjaar weer 'n nuwer bakkie aanskaf en die paaiement is bekostigbaar omrede ons huis afbetaal is.