Page 1 of 4

Die Jaracal Vlieg hengel

Posted: Tue Aug 26, 2014 8:23 am
by FCLoretz
More,

Na aanleiding van die draad wat Win270 oopgemaak het. En Ruan se entoesiasme om op 'n vlieg hengel dag vir Jaracal lede en families, saam te kuier.

Sal ek die leiding neem en so dag reel.

Ruan het Oord Nebo voor gestel wat buite Potchefstroom is. Ek self was nog nooit daar nie, maar ek weet die waters daar is baie mooi. Ek hou ook van Arendsnes net buite Parys. Dit kan self 'n goeie 10-15 manne akkomodeer. Is daar enige ander voorstelle van venues?

Dan die belangrikste. Wie sal belangstel in so vlieg hengel dag in die Vaalrivier? Sit asb julle name by en maak voorstelle.

1. Frederick
2. Ruan (Kafetbessie)

Re: Die Jaracal Vlieg hengel

Posted: Tue Aug 26, 2014 8:27 am
by Homer
Ek is in

Re: Die Jaracal Vlieg hengel

Posted: Tue Aug 26, 2014 8:38 am
by Boskamper
Alhoewel ek nie so goed is met vlieghengel nie, sal ek daarvan hou om te gaan en te leer in selfde tyd, jy kan my maar op die lys sit, Min of meer wanneer beoog jy die datum.

Re: Die Jaracal Vlieg hengel

Posted: Tue Aug 26, 2014 8:40 am
by FCLoretz
Ek wil wag laat die water net bietjie warmer word. Op die stadium is die visse nog in die diep water. Hulle behoort so einde September, begin Oktober in die rapids in te beweeg wat dit beter sal maak.

1. Frederick
2. Ruan
3. Homer
4. Boskamper

Re: Die Jaracal Vlieg hengel

Posted: Tue Aug 26, 2014 10:31 am
by Carl
Elgro?
+1

Re: Die Jaracal Vlieg hengel

Posted: Tue Aug 26, 2014 10:34 am
by FCLoretz
Ek het al amper vergeet van Elgro Carl. Dankie.

1. Frederick
2. Ruan
3. Homer
4. Boskamper
5. Carl

1. Oord Nebo
2. Arends Nes
3. Elgro

Re: Die Jaracal Vlieg hengel

Posted: Tue Aug 26, 2014 12:15 pm
by Eugene
Ek sal ook belangstel, alhoewel ek nog net begin het met vlieghengel. Sal beslis iets kan leer en Oord Nebo en Elgro is net 'n klipgooi van my af!

1. Frederick
2. Ruan
3. Homer
4. Boskamper
5. Carl
6. Eugene

Re: Die Jaracal Vlieg hengel

Posted: Tue Aug 26, 2014 12:18 pm
by FCLoretz
Eugene en Boskamper.

Hierdie is nie 'n vlieg hengel trip met die oog op ervare hengelaars nie. Dit is gemik as 'n samekoms van vriende en net 'n lekker dag uit.

Ek weet dat Carl, Ruan en myself julle enige tyd sal help met Rigs asook ander advies en 'n les of twee vir die dag se visvang.

Re: Die Jaracal Vlieg hengel

Posted: Tue Aug 26, 2014 12:24 pm
by henried
1. Frederick
2. Ruan
3. Homer
4. Boskamper
5. Carl
6. Henrie

1. Oord Nebo
2. Arends Nes
3. Elgro

Re: Die Jaracal Vlieg hengel

Posted: Tue Aug 26, 2014 12:31 pm
by FCLoretz
1. Frederick
2. Ruan
3. Homer
4. Boskamper
5. Carl
6. Eugene
7. Henrie

1. Oord Nebo
2. Arends Nes
3. Elgro

Re: Die Jaracal Vlieg hengel

Posted: Tue Aug 26, 2014 1:07 pm
by gillie
Ek wil graag Vaal Hackle voorstel, verblyf is basies maar skoon. Ek het nog nie beter visvang plek op die Vaal gesien nie... Hulle cater ook hoofsaaklik vir vlieghengelaars.
FCLoretz wrote:1. Frederick
2. Ruan
3. Homer
4. Boskamper
5. Carl
6. Eugene
7. Henrie
8. Gillie

1. Oord Nebo
2. Arends Nes
3. Elgro
4. Vaal Hackle

Re: Die Jaracal Vlieg hengel

Posted: Tue Aug 26, 2014 1:14 pm
by FCLoretz
Waar is Vaal hackle gillie?

Re: Die Jaracal Vlieg hengel

Posted: Tue Aug 26, 2014 1:25 pm
by henried
FCLoretz wrote:Waar is Vaal hackle gillie?
Net buite parys.

Re: Die Jaracal Vlieg hengel

Posted: Tue Aug 26, 2014 1:35 pm
by gillie
henried wrote:
FCLoretz wrote:Waar is Vaal hackle gillie?
Net buite parys.
Ja so ent stroom op vanaf Schoemansdrift, maar nog voor Hakuna Matata, nie ver van Ian hier op die forum se KommandoNek nie

Re: Die Jaracal Vlieg hengel

Posted: Tue Aug 26, 2014 1:35 pm
by Carl
Vaal Hackle is baie naby aan Ian as ek reg onthou. Dalk nog so stootjie aan oppad Schoemans toe.

Re: Die Jaracal Vlieg hengel

Posted: Tue Aug 26, 2014 1:56 pm
by Katefbessie
Jammer manne ek kan nou nie help om 'n paar fotokies te laai nie... dalk maak dit jul lus en oortuig dit nog 'n paar manne om te join.. al hierdie fotos was by oord nebo

Re: Die Jaracal Vlieg hengel

Posted: Tue Aug 26, 2014 1:58 pm
by Katefbessie
..

Re: Die Jaracal Vlieg hengel

Posted: Tue Aug 26, 2014 1:59 pm
by Katefbessie
.

Re: Die Jaracal Vlieg hengel

Posted: Tue Aug 26, 2014 2:01 pm
by Katefbessie
.

Re: Die Jaracal Vlieg hengel

Posted: Tue Aug 26, 2014 2:02 pm
by Katefbessie
.

Re: Die Jaracal Vlieg hengel

Posted: Tue Aug 26, 2014 2:20 pm
by Eugene
As julle besluit op Oord Nebo of Elgro vir die naweek, kan ons by ons plaas ook gaan lyn natmaak in die strome. Ons is net langs Raaswater, so 4 km van Oord Nebo af. Ons het ongelukkig net nie verblyf vir baie mense nie.... Daar is ten minste 2 lekker strome waarvan ek weet in ons 3km stukkie rivierfront.

Re: Die Jaracal Vlieg hengel

Posted: Tue Aug 26, 2014 2:23 pm
by Katefbessie
Eugene wrote:As julle besluit op Oord Nebo of Elgro vir die naweek, kan ons by ons plaas ook gaan lyn natmaak in die strome. Ons is net langs Raaswater, so 4 km van Oord Nebo af. Ons het ongelukkig net nie verblyf vir baie mense nie.... Daar is ten minste 2 lekker strome waarvan ek weet in ons 3km stukkie rivierfront.
shotgun die tv bank ++>:

Re: Die Jaracal Vlieg hengel

Posted: Tue Aug 26, 2014 2:30 pm
by Boskamper
"EISH" dit lyk alte fraai, lekker adrenalienerig, enige plek is reg as jy my vra. Dit kan net lekker wees, maak nie saak waar nie.

Re: Die Jaracal Vlieg hengel

Posted: Tue Aug 26, 2014 2:40 pm
by Jean Marais
1. Frederick
2. Ruan
3. Homer
4. Boskamper
5. Carl
6. Eugene
7. Henrie
8. Gillie
9. Jean

1. Oord Nebo
2. Arends Nes
3. Elgro
4. Vaal Hackle

Ek sal inval waar julle ook al beplan. Het dit lanklaas gedoen. Kan net lekker wees.

Re: Die Jaracal Vlieg hengel

Posted: Tue Aug 26, 2014 3:09 pm
by NicoSmit
As die datum reg is kom ek saam