Page 1 of 1
Springbok voosit jag skietstoele te koop
Posted: Thu Aug 28, 2014 8:04 pm
by junglejulian
Stewige voorsit jag stoele beskikbaar
Bied uitstekende skietrus vir akkurate skootplasing
Bied rusplek vir albei arms
"Taperbearing" skanierpunt wat draaispoed kan beheer
Vou lekker kompak op vir vervoer na jagveld.
Alle staal konstruksie om die karooveld en bakkie verniel te hanteer
Koste R1650 elk
Ek werk vanaf Bloemfontein
kontak julian Engelbrecht
084 592 6299
Junglejulian@gmail.com
http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/IMG_2565.jpg
http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/IMG_2560.jpg
http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/IMG_2556.jpg
http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/SAM_0436.jpg
http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/SAM_0433.jpg
http://i1137.photobucket.com/albums/n503/junglejulian/IMG_2562.jpg
Re: Springbok voosit jag skietstoele te koop
Posted: Fri Aug 29, 2014 8:37 am
by prohunt
Hallo Julian,
Het jy die dalk die gewig van die stoel en sy afmetings as hy opgevou is?
Dankie
Johan
Re: Springbok voosit jag skietstoele te koop
Posted: Fri Aug 29, 2014 8:42 am
by junglejulian
ek laat weet jou bietjie later vandag.die Springbok stoel is verseker swaarder as die Jakkals dagroep stoel maar vou kleiner op.
Re: Springbok voosit jag skietstoele te koop
Posted: Fri Aug 29, 2014 9:19 am
by Frikkiedbr
Kry mens dalk 'n car Jack saam om die stoel op te hys vir die manne met die bene wat nie saam wil werk nie
Jammer hi jack so bietjie.... Goeie patent.

Re: Springbok voosit jag skietstoele te koop
Posted: Fri Aug 29, 2014 9:24 am
by junglejulian
veseker mens noem dit goeie voorarms...die kniee is nie die groot probleem nie maar die bubble om die middel.alles druk vas as jy wil opstaan dan kry jy nie asem nie
Re: Springbok voosit jag skietstoele te koop
Posted: Fri Aug 29, 2014 10:25 am
by Piet Pille
Baie netjies Julian!!
Ek neem aan jy maak hom in L-H konfigurasie ook?
Re: Springbok voosit jag skietstoele te koop
Posted: Fri Aug 29, 2014 10:27 am
by junglejulian
Spesiaal vir jou en die Prokereur van Cradock...
Re: Springbok voosit jag skietstoele te koop
Posted: Fri Aug 29, 2014 10:59 am
by Eugene
Re: Springbok voosit jag skietstoele te koop
Posted: Fri Aug 29, 2014 11:01 am
by Piet Pille
Dankie Julian...
Nou voel ek en Gromit ook darem weer bietjie belangrik..
(jy weetmos hoe selfbewus is ons lefties...)

Re: Springbok voosit jag skietstoele te koop
Posted: Fri Aug 29, 2014 4:26 pm
by Frikkie Coetzee
Julian.
Ek soek asb een asb. lefthanded. Dit raak nou weer oefen tyd vir volgende jaar. Ek is 17 no ember in Bloemfontein.
Daai prokureur van Cradock.
Re: Springbok voosit jag skietstoele te koop
Posted: Fri Aug 29, 2014 5:17 pm
by junglejulian
Jy kan maar kom haal jou lefty is al klaar opsy gesit..My vennoot is ook n lefty so ek het sommer 10 van hul gemaak.
Mooi loop
Re: Springbok voosit jag skietstoele te koop
Posted: Fri Aug 29, 2014 11:24 pm
by Frikkie Coetzee
Dankie Julian
Re: Springbok voosit jag skietstoele te koop
Posted: Fri Aug 29, 2014 11:48 pm
by Danie01
Julian
Hierdie is die regte stoel. My pa het so stoel jare terug gekoop vir springbokvoorsit en dit werk goed. Hy kla egter dat stoel nou te plat is oor die bubble.
Ek het nou al met baie voorsitstoele gejag en hierdie een of soortgelyke een wat ons destyds mee gejag het, het nog die beste gewerk. Mens wil ook nie soos n ligtoring in die veld uitstaan nie, karoo mos plat bossies, dis nou as jy nie tussen die driedorings, krubos of brosdorings gaan sit nie.
Goeie werk