Page 1 of 2

my eerste kudubul

Posted: Sat Aug 30, 2014 9:54 am
by BLOUVALKIE
Hallo al die ooms. Hoe gaan dit met almal

Ek het toe my eerste kudubul geskiet na baie probeer die jag. My pa het my al baie gese n kudu is nie maklik om te skiet nie en nou weet ek hoekom. Ons het paar keer die jaar probeer en ek het al baie saam my pa gaan skiet maar nou met myne het dit meer moeilik gevoel.

Heel eerste voor alles wil ek baie dankie se vir Oom Robert Birch by wie ek gejag het. Die oom was so gasvry en hy het baie moeite gedoen sodat ek een kon kry. Heel eerste die oggend hetvek en pa pit n trop kudus bekruip teen n berg op. Joh dit was great. Ons het onderdeur bosse ge leopard crawl en dit was baie skuins teen die berg. Eintlik gevaarlik maar pa het gese daars nie n ander pad na hulle toe nie. Ons bekruip was perfek en toe ons oor die ranr vd berg bo kyk toe is ons 180m van hulle af. Skielik was dit net koeie en weg is die bulle. Joh ek was teleurgesteld want weer is my bul weg. Maar die bekruip was n groot les. Ons het omtrent 40min bekruip en dit is ook n groot les. My pa ken kudus baie goed en ek het n mooi plan geleer met die bekruip.

Ons is toe huistoe en het eers vir oom Robert radios in sy bakkies ingebou om mee te praat. So half 3 is ons na n ander kamp toe maar die weer was skielik misluk en bewolk en wind. Weg is al die kudus klowe toe. Ons het niks gekry nie en ek was bitji hartseer want ek wou een skiet. Dit was omtrent donker en ons het gery huistoe. Oppad het pa pit n trop kudus teen die berg gesien. Dit was moeilik om hulle te sien want dit was kwart voor 6 en amper donker maar ons kon nog net net sien. Pa het uitgespring en die dooierus gekry en ek het die geweer reg gekry.

Pa het gese waars die bul en ek het hom dadelik gesien in die scope. Pa het gese ek moet skiet maar ek het n koei agter die bul gesien en vir pa gese. Toe die koei loop toe druk ek my skoot en dit klap vas bo teen berg. Die kudu val net daar en rol af dood. Oom Rob het om gerange waar hy le en dit was 187m maar hy het afgerol teen berg opndie foto kan mens sien hoe skuins dit was.

Baie baie dankie pa vir my kudu en die jag kans. Dis my meeste spesiaal bok die van almal. My eerste kudubul. Ons het baie probeer die jaar. Koud gekry berggeklim en ver geloop vir een

Ek hoop die foto wys.

My eerste kudubul

http://i1223.photobucket.com/albums/dd511/pitsmit/IMG_20140726_180011_zpsdb5665b2.jpg

As dit nie werk sal ons op komputer probeer

Mooi dag al die ooms

Re: my eerste kudubul

Posted: Sat Aug 30, 2014 10:00 am
by ROBBIE1
Baie geluk Blouvalkie, mooi vertel. Ook so met die Rhb, n mooi bul daai.

Ek kry nie die foto oop nie.

Re: my eerste kudubul

Posted: Sat Aug 30, 2014 10:15 am
by BLOUVALKIE
dankie oom robbie hy is nou op tablets suck!!!!!!!!!!

Re: my eerste kudubul

Posted: Sat Aug 30, 2014 10:33 am
by win270
Baie goed gedoen, geluk Blouvalkie!! Watter kaliber en ammunisie het jy gebruik?

Geniet die biltong!

Re: my eerste kudubul

Posted: Sat Aug 30, 2014 10:43 am
by Cobus(Cobb)
Mooi ou seun, geluk Pa!!

Re: my eerste kudubul

Posted: Sat Aug 30, 2014 11:55 am
by Piet Pille
Baie geluk jongman!!

Jy het voorwaar 2 goed om op trots te wees- 1) 'n mooi koedoebul waarvoor jy hard gewerk het en netjies geskiet het
2) 'n Pa wat jou mooi leer en reg grootmaak

Knapgedaan aan beide pa en seun!

Re: my eerste kudubul

Posted: Sat Aug 30, 2014 1:02 pm
by tripodmvr
Ek dink as ek dit op jou ouderdom gedoen het sou hulle my nie kon keer om dit oor en oor te vertel nie. Baie geluk.

Vertel bietjie waar julle geskiet het? Vir 'n bul wat net verby spykerkop is het hy 'n baie fris lyf - uitslaggewig? Jy het nou vir pa en ma lekker sawwe vleis geskiet.

Re: my eerste kudubul

Posted: Sat Aug 30, 2014 1:04 pm
by BLOUVALKIE
Hallo oom win 270

Dit was met die 270 met n 140gr frontier spartan gewees nes my hartebees ook

Dankie al die ooms vd mooi woorde.

Dit was so skuins op teen die berg ek het hom op sy regterblad in die middel vd blad getref en die koeelbis nt onder die skof uit. Mens sien die gaatjie net onder die skof. Kyk hoe skuins is die berg. Die afsleep en oplaai was nie eers harde werk nie. Die bul het 100kg uitgeslag maar hy het nie groot horings gehad nie. My pa se ek sal nog eendag vorentoe my trofee skiet :laugh:

Mooi dag al die ooms

En die biltong is die beste want dis my kudu s'n hahahaha

Re: my eerste kudubul

Posted: Sat Aug 30, 2014 1:06 pm
by BLOUVALKIE
Oom tripod dit was naby steytlerville gewees. Hy het 100kg uitgeslag oom

Mooi dag oom

Re: my eerste kudubul

Posted: Sat Aug 30, 2014 1:08 pm
by Stefan764
Pieter Vorster wrote:Baie geluk jongman!!

Jy het voorwaar 2 goed om op trots te wees- 1) 'n mooi koedoebul waarvoor jy hard gewerk het en netjies geskiet het
2) 'n Pa wat jou mooi leer en reg grootmaak

Knapgedaan aan beide pa en seun!
Geluk ou bul!

Ek wil hier by oom Pietpille aansluit met punt nommer 3)

- Jou spelling en taalgebruik is regtig baie mooi. Lekker om te sien n jong man het genoeg respek vir sy taal om n mooi storie so korrek moontlik vas te le.

Jack, geluk jy ook ou maat, jy het bitter baie om op trots te wees.

Stef

Re: my eerste kudubul

Posted: Sat Aug 30, 2014 1:16 pm
by tripodmvr
Gedink dit is iewers in die Karoo - bobbejaan met 'n kierie se wereld daar. Dit is 'n ander manier van jag vir kudus daar en iets met baie bekoring. 'n Deel van die land wat afgemaak word as "boring" as jy daardeur ry, maar die mooiste natuur daar tussen die kranse en klowe. Ek het my rondloop naby Drie Susters, Murraysburg en Jansenville gedoen. Sal graag weer wil gaan kuier.

Re: my eerste kudubul

Posted: Sat Aug 30, 2014 1:29 pm
by PITSMIT
Baie dankie manne vd mooi wense vd mannetjie


Dankie stefan. Ja ek check maar die spelling want ek het n broertjie dood aan mxit taal

Ek het hom die grootte bulletjie last skiet want ek voel dis genoeg vir nou. Sy trofeebul kom nog vorentoe nietemin beskou ek die as sy grootste trofee wat hy ooit sal skiet. Sy eerste kudu.

My bedoeling nou was om hom die voorreg te leer om net aan te le na n kudu want dit is enige jagter se droom om sy eerste kudubul te skiet. Ek lei baie jnrs op by sa jagters en verduidelik hulle altyd mooi die voorreg om te jag.

Die bul het hy verniet gejag en dit maak dit nog n groter voorreg.

Ek dink ek en hy het n mylpaal bereik die jaar in ons jagloopban saam want hy waardeer absoluut sy jagte die jaar op die hartebees en die kudu. Ek wil julle verseker as pa is ek bitter trots op hom want al die raas baklei leer baklei leer raas leer opleiding raas en jagte saam vandat hy sy eerste mossie op 3 en n half jaar oud geskiet het het tot sy eerste kudu gelei. My taak is ver van verby maar hy is my bulperd en saam is ons n team. My gebed is vir gesondheid om dit nog baie saam te doen.

Ek wil asb vir al die pa's sê manne investeer maks in julle seun/dogter jagtertjies. Dis ons jag belegging vd toekoms om ons tradisie voort te vat wat ons van ons pa's geëerf het

Mooi dag vir julle en jag groete van team pit en blouvalk. hehehe

Ps. Dink hy kan n arend raak na die twee jagte van hom hahaha

Re: my eerste kudubul

Posted: Mon Sep 01, 2014 9:35 am
by AntonF
Baie geluk boeta wel gedaan en geluk aan jou Pa ook

Re: my eerste kudubul

Posted: Mon Sep 01, 2014 9:45 am
by Kallie Fernhout
Baie mooi gedoen dit is n voorreg om so saam jou pa tek kan jag.

Re: my eerste kudubul

Posted: Mon Sep 01, 2014 10:37 am
by Chevvy SS
Mooi Valkie- jy is nou 'n VALK!

Re: my eerste kudubul

Posted: Mon Sep 01, 2014 11:23 am
by Jakkie07
Welgedaan jongman.

Re: my eerste kudubul

Posted: Mon Sep 01, 2014 11:32 am
by JohanvanZyl
Baie geluk boeta. Mag dit die eerste van vele wees!!!!

Re: my eerste kudubul

Posted: Mon Sep 01, 2014 5:17 pm
by tripodmvr
Dankie vir jou mooi woorde aan my.

Waardeer jou ouers en wees bly dat jy hierdie ervaringe saam met jou pa kon beleef het. My pa was nie 'n jagter nie, maar het ons saamgevat Drakensberge toe en ook om te gaan visvang. Hy het my wel leer skiet met die windbuks toe ek 6 jaar oud was. Daar is my liefde vir die berge en die natuur en skiet gevestig.

Mag jy en jou pa nog baie sulke ervaringe beleef op jou jagpad.

Re: my eerste kudubul

Posted: Tue Sep 02, 2014 6:06 am
by Boskamper
Blouvalkie, dis met heimwee dat ek al jou stories volg, en ek belowe myself om my kleinkinders die jagpad te leer, net een seun van my stel regtig belang, nou speel die tyd, tyd en tyd weer die rol, maar, wen sal ons wen.

Re: my eerste kudubul

Posted: Tue Sep 02, 2014 8:38 am
by Beyers
Mooi so Valkie
Geluk aan jou ook Pit

Re: my eerste kudubul

Posted: Tue Sep 02, 2014 6:29 pm
by tokjak
geluk..........nou gaan hy jou begin geld kos :laugh:

Re: my eerste kudubul

Posted: Mon Sep 08, 2014 1:08 pm
by DinoF
Die storie vat my ook baie terug na goeie tye. My pa het my eers baie springbokke en varke laat skiet voor ek ook op so jong bulletjie mag aangele het. Hy sal sy kans kry op n groot bul maar niks sal ooit daai eerste bul vervang nie. Die knapie wat ek platgetrek was vir my een van die grootse voorregte wat ek ooit beleef het en sal dit seker nie so kan verwoord dat iemand verstaan hoe lekker n ou voel as daai bok le nie.

Mens is maar dankbaar vir die die tye wat n ou so saam met jou pa kan spandeer en daai trappies wat hy jou laat klim. Dit het my persoonlik net elke bok wat oor my pad gekom het net meer laat waardeer.

Re: my eerste kudubul

Posted: Mon Sep 08, 2014 2:48 pm
by ruaanb
Welgedaan jong man, my ook baie laat terug dink aan my groot word jare.

Re: my eerste kudubul

Posted: Sat Oct 11, 2014 8:23 pm
by BLOUVALKIE
Hallo al die ooms

Baie dankie vir al die mooi boodskappe.

Groete
Valkie

Re: my eerste kudubul

Posted: Sat Oct 11, 2014 8:25 pm
by Speelmansjagter
Geluk ou seun. Mooi gedoen, hoop my laaities gaan ook so passievol wees oor jag,