Page 1 of 1

Boyds Varminter Tumbhole - Remining 700 XHR in 300WM

Posted: Mon Sep 01, 2014 11:49 am
by GerhardDP
Goeie more julle,

Ek wil graag my plastiek kolf vervang met n Boyds kolf. Ek kan die Varminter TH in lang aksie onmiddelik kry.

soos ek verstaan is die Varminter mos nou eintlik vir die dik lope bedoel, en nie die fabrieks lope nie.

Daai XHR het mos daai snaakse driehoek loop bedryf, sal ek die varminter kolf kan opsit al het ek nie n dik loop nie.

soos ek dit sien sal ek baie min of geen werk moet doen om die loop te "float"nie

is daar ander nadele waaraan ek nie dink nie

groete

Gerhard

Re: Boyds Varminter Tumbhole - Remining 700 XHR in 300WM

Posted: Mon Sep 01, 2014 12:50 pm
by JTM
Jy kan maar laat waai in my opinie. jy moet die wydste buite diameter mate van daai drihoek look in ag neem om in die kanaal te pas. Soos dit voorkom lyk dit na 'n swaarloop wat afgewerk is om so te lyk, dus sal daai swaarloop kanaal kolf die beste pas.

Re: Boyds Varminter Tumbhole - Remining 700 XHR in 300WM

Posted: Mon Sep 01, 2014 1:36 pm
by GerhardDP
duisend dankies Hein :-)

Re: Boyds Varminter Tumbhole - Remining 700 XHR in 300WM

Posted: Mon Sep 01, 2014 3:59 pm
by Boesman10
Ek het een voorstel en dit is laat die kolf wat jy wil aansit eers weeg op 'n skaal. Dan haal jy jou kolf af en weeg hom en sien hoeveel kg. extra gewig jy gaan mee rondstap.

Ek het 'n Boyd laminate kolf nou van my .308 afgehaal en die plastiek kolf teruggesit presies oor die gewig wat bygevoeg was net heeltemal te veel was. Ek het nou een Boyd Laminate in Remington 700 Short Action met 'n band en verstelbare agterstuk te koop.