Page 1 of 1
SPEED SERVICES "COURIERS"
Posted: Tue Sep 02, 2014 2:23 pm
by AFRICAN LEADWOOD
As ek julle kan raad gee, gebruik iemand anders. Speed Services het oor die laaste jaar of wat te onvoorspelbaar en onbetroubaar geraak.
Die nuutste probleem is rondom 'n pakkie wat 14 Aug gestuur is en wat tot op hede nie uitgekom het waar dit moes nie. Toe ek met die kliënt opvolg 20 Aug was dit nie by hom nie en toe ek vir Speed Services bel was dit glo "in transit". Dit sou Standerton toe en is glo eers Kaap toe gestuur en daar was glo weer probleme met 'n staking. Die kliënt het nou laat weet hy het dit nie, so ek sal weer ander items stuur op ons koste. Ek kan nie deurkom na Speed Services nie en hulle webtuiste werk nie (ek hou eindeloos aan en soms is die "network congested"). Terwyl ek hierdie tik is ek al 20 minute "on hold".
Dit is 'n gerieflike diens as dit werk, veral met die plattelandse kopers, maar die risko's is te groot.
Kyk maar elders kerels. Ons as besigheid kan nie bekostig dat ons kopers nie vinnig dit kry wat hulle gekoop het nie. Ons sal nie meer van hierdie diens gebruik maak wat dan swak op ons reflekteer nie.
Wim
Re: SPEED SERVICES "COURIERS"
Posted: Tue Sep 02, 2014 2:35 pm
by DWB
Wim,
Die hele posdiens staan stil. Landswyd.
Ons wag vir my 404 se nuwe reamer om in te kom, ook al 7 weke, en ek is van die opinie hy is dalk al hier maar haak vas by SAPO...
Ek het ook vanoggend 'n klomp goed gepos, maar ek weet nou al dit gaan nie binne die beraamde tydperk daar uitkom nie.
Re: SPEED SERVICES "COURIERS"
Posted: Tue Sep 02, 2014 2:47 pm
by Capt. Yoda
Ek moes Vrydag Jet Park toe ry om my goed self by hulle te gaan oplaai na my oornag pakkies al meer as n week daar gele het.Enige iets wat verby Germiston moet gaan kan jy maar weet gaan lank vat want daar is weke se goed wat nog moet uit.Daar was Vrydag nog mense wat van Woensdag ogend al daar gesit/slaap het terwyl hulle vir hul goed gewag het wat die 2 mense daar vir hulle soek.
Re: SPEED SERVICES "COURIERS"
Posted: Tue Sep 02, 2014 2:48 pm
by Hardyman
Wim,
Ek het die laaste ruk pakkies met Post Net gestuur en dit was binne 3 dae waar dit moes wees. Prys is billik. R99 vir die eerset 2 kg en daarna R20 per kg. Ek het pakkies gekry wat met MDS Collivery gestuur is en hulle pryse is ook heel billik.
Groetnis
Hardus
Re: SPEED SERVICES "COURIERS"
Posted: Tue Sep 02, 2014 5:18 pm
by spekieries
Manne DWB is reg
Die hele Tswane en Oos-Rand se poskantoor werkers staak. Ek wag nou al drie weke vir my registrasie papiere vir 'n 6.5x55 wat ek by Humansdorp Ko-Op gekoop het. Die Kraaie maak my laf as hulle so staak.
Re: SPEED SERVICES "COURIERS"
Posted: Wed Sep 03, 2014 3:03 pm
by FCLoretz
Probeer Blue line couriers. Dit is al mense wie ek gebruik om my goed mee te stuur. Hulle pryse is ook baie goed.
Re: SPEED SERVICES "COURIERS"
Posted: Thu Sep 04, 2014 8:26 am
by Capt. Yoda
Hoor hulle het gister van voor af begin staak.Toe ek Vrydag my goed daar gaan haal het het die een dame daar gese hulle verwag die storie gaan nog so 3 maande aan hou.Ek sal ook maar van nou af iemand soos Blue light of Internet Express gebruik
Re: SPEED SERVICES "COURIERS"
Posted: Thu Sep 04, 2014 8:59 pm
by Agentkoos
Wat my die hel in maak is dat hulle weet daar is n staking en dan nog steeds pakkies invat. Ek moes reel dat my klient die pakkie by Jet Park self optel. As iemand n dringende pakkie het wat daar vassit, ek het n paar telefoon nommers wat dalk kan help.
Re: SPEED SERVICES "COURIERS"
Posted: Tue Sep 09, 2014 3:43 pm
by Celesti@NiteCoreSA
Ons is net so frustreed ons gebruik hulle net as boere op die plaas nie 'n alternatiewe aflewerings adres as die poskantoor kan gee nie. Ons een klient wag al amper 'n maand en ons het vir oornag diens betaal!!! Maar hulle voel 'n veer vir die kliente soos julle weet. Ons het besluit om hulle nooit weer te gebruik nie, ons sal dit in die dorp by die boere se vriende of BKB aflewer. Ai toggie... die land van ons darem maar of eerder sy bestuur...
Ons gebruik CourierIT hulle lewer goeie diens en help ons altyd:-)
Re: SPEED SERVICES "COURIERS"
Posted: Sat Sep 13, 2014 10:29 am
by Celesti@NiteCoreSA
Die staking is uiteindelik verby!
Re: SPEED SERVICES "COURIERS"
Posted: Mon Sep 15, 2014 8:28 am
by VanTheGlockMan
Lyk my hulle werk weer ja, het Vrydag n pakkie van die VSA ontvang wat my vrou in Julie bestel het.
My Boyds kolf ook Saterdag geland in SA, nou moet SAPO net hulle kant bring!
Re: SPEED SERVICES "COURIERS"
Posted: Mon Sep 15, 2014 9:42 am
by Capt. Yoda
Ja lyk my hulle werk weer.Het Woensdag goed uit Kimberly laat kom en hulle was Vrydag by my poskantoor
Re: SPEED SERVICES "COURIERS"
Posted: Mon Sep 15, 2014 1:39 pm
by Fanta300
By my Poskantoor weet hulle nie die staking is verby nie. Wou Johan se koeëls pos maar hulle sê dit kan laaaaaaaank vat.
Is daar dalk iemand wat tussen Vereeniging en Westonarea ry?
Re: SPEED SERVICES "COURIERS"
Posted: Tue Sep 23, 2014 8:48 am
by VanTheGlockMan
My Boyds kolf sit by JIMC (Johannesburg Intenational mail centre). Gaan vrydag deur ry na hulle toe en my kolf self gaan haal!
Re: SPEED SERVICES "COURIERS"
Posted: Mon Sep 29, 2014 3:30 pm
by Celesti@NiteCoreSA
Nou staak hulle al weer goeie genade die mense darem!!
Re: SPEED SERVICES "COURIERS"
Posted: Mon Sep 29, 2014 3:41 pm
by BRNO (Pierre)
Agentkoos wrote:Wat my die hel in maak is dat hulle weet daar is n staking en dan nog steeds pakkies invat. Ek moes reel dat my klient die pakkie by Jet Park self optel. As iemand n dringende pakkie het wat daar vassit, ek het n paar telefoon nommers wat dalk kan help.
Deel met ons ook asb.!!!!
VanTheGlockMan wrote:My Boyds kolf sit by JIMC (Johannesburg Intenational mail centre). Gaan vrydag deur ry na hulle toe en my kolf self gaan haal!
Het jy toe kon regkom?
Re: SPEED SERVICES "COURIERS"
Posted: Mon Sep 29, 2014 6:04 pm
by Capt. Yoda
Pierre as jy n tracking nr het wat vas sit by jet park bel net SAPO se "customer service" en gee hul jou tracking nr.Hulle sal jou die regte nr gee om te bel by Jet Park.Maak ma net seker jy het baie tyd en jou foon se batery is lekker vol gelaai
Re: SPEED SERVICES "COURIERS"
Posted: Tue Sep 30, 2014 12:45 pm
by VanTheGlockMan
Was gister by JIMC, hulle staak nou ook! Kan nie se wanneer hulle weer gaan begin werk nie. Op die stadium werk net die mense wat pakkies van Customs ontvang om seker te maak dat SAPO nie boetes van customs kry nie.
Dit is belaglik!!!!
Re: SPEED SERVICES "COURIERS"
Posted: Tue Sep 30, 2014 4:34 pm
by AFRICAN LEADWOOD
Ja, wel die pakkie waaroor die draad begin het wat 14 Augustus met "Speed" Services gestuur het is nog nie daar nie. Ek het intussen met my eie koeriers die produk vervang, maar ek kon sover nog nie met iemand by Speed SErvices gesels of deur die poskantoor enige terugvoer kry nie.
Ek is klaar met hulle en die posdiens.