Page 1 of 1

Vaalkop dam ( Brits )

Posted: Thu Sep 04, 2014 9:42 am
by PJB
Goeie more almal
Wil graag hoor of iemand onlangs by Vaalkop was?
Ons gaan die naweek en hoop om n paar tips te kry? Watter spesies kan ons na uit sien?
Beste groete
Pieter

Re: Vaalkop dam ( Brits )

Posted: Thu Sep 04, 2014 10:16 am
by Frikkiedbr
ek sien hier is so bietjie inligting
http://www.papgooianonymous.com/vaalkop-dam-t7475.html

Sien die manne sĂȘ:
Vrugte geure het nog altyd vir my daar goed gewerk BananaX,Peach en Cherry is my top 3dips daar. Mielies is ook 'n moet!
O en erdwurms, daar is mooi kurpers.

En mooi plat honde is ook daar. Sterkte

Re: Vaalkop dam ( Brits )

Posted: Thu Sep 04, 2014 11:40 am
by PJB
Frikkie
Baie dankie vir jou insette! Hahaha! Die water sien my nie ek sal ver genoeg staan vir die plathonde!

Ek gaan virseker dit probeer baie dankie!

Beste groete

Re: Vaalkop dam ( Brits )

Posted: Thu Sep 04, 2014 11:54 am
by Frikkiedbr
Plesier PJB,

Daar is een ou hier sy naam is DEEG hy is op daai papgooi dalk as jy daar in gaan vra maar die manne.
Dalk sal hy jou bietjie meer help.

Dankie, geniet die hengel!!

Re: Vaalkop dam ( Brits )

Posted: Thu Sep 04, 2014 11:56 am
by PJB
100% Frikkie
Goedgaan
Pieter

Re: Vaalkop dam ( Brits )

Posted: Thu Sep 04, 2014 11:57 am
by Frikkiedbr
Dankie Pieter :)

Re: Vaalkop dam ( Brits )

Posted: Thu Sep 04, 2014 12:46 pm
by Lourens Potgieter
Frikkie, ek het nog nooit daar gehengel nie, maar ek het op daai dam geleer ski!!!Watse plat honde, hulle hou mos by die rivier gedeelte, hehehe.....

Re: Vaalkop dam ( Brits )

Posted: Thu Sep 04, 2014 1:10 pm
by Dwight375
More

Ek het van kleins af saam my pa daar ge hengel maar vanaf die boot, sal altyd my gunsteling wees daai dam - net jammer mens kan nie meer met n boot daar hengel nie.

Kurpers
Babers
Makriele
Karps

Al die bogenoemde is op meestal aas maar elke nou en dan op kunsaas ook gevang, lieflike plek.

Groete

Re: Vaalkop dam ( Brits )

Posted: Thu Sep 04, 2014 6:16 pm
by Frikkiedbr
Hello Deeg lewe jy nog lol. Jy is baie stil. Mooi aandjie vir julle manne en dames