Page 1 of 2

Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Thu Sep 04, 2014 6:27 pm
by Eugene Vermeulen
Het vir my skoonpa op Witvlei naby Gobabis gaan kuier en besluit om my Jakkals Roep goedjies saam te vat sy Springbok Trop bly nou al vir die laaste 5 jaar net op 18. Moes inelkgeval n roeper vir een van my suppliers gaan toets. Groot was my verbasing toe hulle soos Zulu krygers oor die rante aangehardloop kom.

Mens Moet mos jouself verdedig! 8)
End Tally 43 in 8 ure

http://i1028.photobucket.com/albums/y341/agrikoes/freiheid%20ost%20jag/20140819_081526_zps5dbe600f.jpg
http://i1028.photobucket.com/albums/y341/agrikoes/20140818_100815_zps773f3625.jpg
http://i1028.photobucket.com/albums/y341/agrikoes/20140818_100807_zps182d0fb0.jpg

Hier le ek en wag vir die volgende jafel.
http://i1028.photobucket.com/albums/y341/agrikoes/20140822_070722_zps5fdb1d3e.jpg
http://i1028.photobucket.com/albums/y341/agrikoes/20140821_114651_zps3a1bae9b.jpg

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Thu Sep 04, 2014 6:32 pm
by HennieC
Baie mooi en goed gedoen daar.

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Thu Sep 04, 2014 6:34 pm
by pieter h
Eugene geen wonder die bokke bly op 18 staan nie.Goed gedoen

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Thu Sep 04, 2014 6:42 pm
by Blackie Swart
Eugene daai is sommer goed gegooi. Hoop die springbokke raak nou meer,
Groete
Blackie

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Thu Sep 04, 2014 7:14 pm
by James Wilson
Jy behoort n staatspresident sitasie te kry. N straat behoort na jou vernoem te word, asook n shooter!!

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Thu Sep 04, 2014 7:27 pm
by Jakkie 321
Liewe genade mooi so.

Groette

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Thu Sep 04, 2014 8:05 pm
by G-force
Baie mooi gedoen Eugene!Dis nou n ordentelike pakslae!

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Thu Sep 04, 2014 8:14 pm
by wlm
Ek wonder hoekom daar 18 springbokke oor gebly het!
Kyk ek weet nie of dit lekker of sleg moet voel as hulle jou so kom storm nie.

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Thu Sep 04, 2014 8:28 pm
by rikus
Eugene
Daar gan vir die volgende 2jaar niks jakkalse wees nie
kon jy nie maar n trailer saam gevat het nie
Baie goed gedoen

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Thu Sep 04, 2014 8:41 pm
by Roger
Goeie werk!

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Thu Sep 04, 2014 8:43 pm
by Kalahari
Netjies Eugene, mooi geskiet.
Vertel bietjie meer oor die groot sukses. Wat se klanke het jy gebruik bv, dagroep en nag, verskillende staanplekke. Hoeveel reuns en tewe?

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Thu Sep 04, 2014 8:47 pm
by Armand9
Goed gegooi. Mos bees wereld. Die goed het vrye teuels da gehad tot jy opgedaag het!

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Thu Sep 04, 2014 9:00 pm
by WitWillem (Charl)
Ek het 2 jaar gelede in Gobabis gejag. Het 7 jakkelse in een dag, deur die dag geskiet terwyl ek te voet agter gemsbokke aan is. Die jakkelse het in daai wereld al die springbok opgevreet, die goed was vervuild!

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Thu Sep 04, 2014 9:02 pm
by Wayne
Mooi, was all the calling done in the day?

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Thu Sep 04, 2014 9:19 pm
by Wanna
WOW Mooi man

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Thu Sep 04, 2014 10:01 pm
by JK
Moer, hulle sal bees kalwers ook begin vreet.

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Fri Sep 05, 2014 12:00 am
by hebron
Eugene jy sal moet baie ammo saamvat as jy daar gaan kuier; dit lyk of jy met selfverdediging besig was.
Mooi gedoen

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Fri Sep 05, 2014 7:40 am
by Corniel
Mooi gemaak

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Fri Sep 05, 2014 7:47 am
by Willie
Eugene was al daai jakkelse geskiet op een staanplek ? Hoe groot gebied of kamp ? Vertel ons meer want dit is darem uitsonderlik of is dit normaal vir daardie omgewing om so 'n hogere konsentrasie van jakke te he ?

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Fri Sep 05, 2014 7:58 am
by JACQUES BOTHA
Dis die meeste wta ek nog van gehoor het in so kort tydjie - Geluk man (behalwe as daar iets gefluister word uit die wes transvaal waarvan ons nog nie weet nie)
Mooiloop
JB

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Fri Sep 05, 2014 8:52 am
by Eugene Vermeulen
Van die jakkalse is deur die dag geskiet die fotos wat ek ge post het is die wat in die dag geskiet is. Klanke
= Ore en ander kos geluide ek dink die konsentrasie is so hoog dat dit nie saak maak wat jy speel nie
Baie goeie sukses gehad met die kat en jak baklei om die gesneuwelde se maatjies om te draai.

Ek het iets beleef wat ek nog nooit gesien het nie. Ek het na die aand se skiet na n groot vlei gery om van die jakkies te gaan optel wat ek die vorige aand geskiet het en nie kon kry agv die lang gras.
En vier van die jakkies is uit die gras gesleep en opgevreet en as ek praat van opgevreet bedoel ek net die pote en kop het enige weefsel oorgehad baie peculiar het enige van julle manne al so iets gesien.

Vir elke jak wat ek geskiet het is daar tenminste 3 wat ek nie n skoot op kon kry nie die plaas het verlede jaar heel afgebrand en toe baie goeie reens gehad met die nagevolge dat die gras selfs in die panne baie hoog was en dan natuurlik is dit mos bosveld daai.

Ek het instruksies en gps coordinate gelos hulle sal nou met n bulldozer en bossie slaner vir my plekke oopmaak vir die volgende sessie.

My skoonpa boer met Nguni's en nog altyd het die Jag en gewone luiperds die skuld gekry vir die loss van kallers tot ek vir hom loops wys het en jy kon duidelik aan die spoore sien dat 4 jakkies een van sy kallers platgetrek en verorber het. Nodeloos om te se die oorlog is dadelik aan die gang gesit.

Ek gaann hulle nou so vergeet kansie gee vir n maand en dan weer gaan amok saai ;D

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Fri Sep 05, 2014 9:12 am
by Boesman10
Ek het nog nooit so iets gesien nie. Dit is nou goeie skietwerk.

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Fri Sep 05, 2014 9:22 am
by Eugene Vermeulen
Het besluit my ou stoel kan nou bietjie afgetree word. Bou nou die stoele so gaan die volgende keer die outjie uit try

http://i1028.photobucket.com/albums/y341/agrikoes/PICT0005_zps640c5c3f.jpg
http://i1028.photobucket.com/albums/y341/agrikoes/PICT0001_zps03b2634e.jpg
http://i1028.photobucket.com/albums/y341/agrikoes/PICT0002_zps48c09346.jpg
http://i1028.photobucket.com/albums/y341/agrikoes/PICT0003_zpsca2ee1e6.jpg
http://i1028.photobucket.com/albums/y341/agrikoes/PICT0004_zps7919291a.jpg

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Fri Sep 05, 2014 9:57 am
by JACQUES BOTHA
onthou net hond eet hond

Re: Jakkals Slagting te Witvlei Namibia!

Posted: Fri Sep 05, 2014 10:11 am
by Jaco B
Well done, kan dit amper nie glo nie. Klink meer na n plaag as probleem diere.

Het jy genoeg patrone by jou gehad?