Page 1 of 1
Petrol Tenk wat lek
Posted: Thu Mar 17, 2011 2:42 pm
by Raven
Manne,
Enige raad hoe om 'n petrol tenk wat lek reg te maak, ek ry die naweek plaas toe en sal nie tyd het om dit eers af te haal, uit droog en dan te bruis(spelling) nie.
Raven
Re: Petrol Tenk wat lek
Posted: Thu Mar 17, 2011 2:44 pm
by BLOK
Raven
As dit n gat in die tenk is stop hoen n stuk blou sunlight koek seep in dit sal vir n ruk hou weet nou nie van n kraak nie.
Blok
Re: Petrol Tenk wat lek
Posted: Thu Mar 17, 2011 3:25 pm
by foxripper
Raven,
Dit is soos blok se.. Vat sunlight seep, brei dit bietjie sag dan meng jy dit met suiker..smeer die mengsel lekker dik oor die kraak. Dit werk!
Re: Petrol Tenk wat lek
Posted: Thu Mar 17, 2011 3:50 pm
by Raven
Dankie manne, ek sal die naweek nou mooi sien hoe die tenk lyk, ek dink amper hy lek op 'n naat( dink nie daar is 'n gat nie)
Sal vasvat of hierdie liquid soldeersel ook werk??
Raves
Re: Petrol Tenk wat lek
Posted: Thu Mar 17, 2011 5:01 pm
by 222
Raven
Ek het die bakkie se tenk sommer aan die bakkie met Veselglas reggemaak hou nou al 3 jaar. Stroper sn het ook gegaan agv van 'n klein paralax fout met die teleskoop.

. werk al 8 jaar nog met die reperasie
Re: Petrol Tenk wat lek
Posted: Thu Mar 17, 2011 5:05 pm
by henslin
Veselglas werk - snaaks dit roes nie

Re: Petrol Tenk wat lek
Posted: Thu Mar 17, 2011 7:46 pm
by 243Songdaug
Raven.
Het self lank by 'n engineering shop ge"help" - die veselglas repair werk baie goed as jy nie tyd het om die tenk uit te haal nie. As hy egter op 'n naat lek, kan jy hom maar uithaal, jou brazing torch nadersleep met 'n staaf lood en met baie geduld die naat waar hy lek weer seel.
Onthou net om die prop af te haal en te verseker dat daar geen pertol in die tenk oor is voor jy hom begin warm maak!
Sterkte.
Jaco
Re: Petrol Tenk wat lek
Posted: Thu Mar 17, 2011 9:36 pm
by Raven
Dankie manne, ek waardeur
Raves
Re: Petrol Tenk wat lek
Posted: Fri Mar 18, 2011 1:05 am
by fanie17
Gebruik Pratly Steel ek weet van baie water ,petrol ,en olie lekke wat daarmee reg gemaak is
Re: Petrol Tenk wat lek
Posted: Fri Mar 18, 2011 11:56 am
by D4D
fanie17 wrote:
Gebruik Pratly Steel ek weet van baie water ,petrol ,en olie lekke wat daarmee reg gemaak is
Stem saam daar is niks beter vir lekasies van enige soort as Pratley steel nie
Re: Petrol Tenk wat lek
Posted: Fri Mar 18, 2011 3:44 pm
by 243Songdaug
Het al ratkaste wat gekraak het met Pratley steel gepatch - kan nie dink hoekom dit nie op 'n petrol tenk sal werk nie.
Groete.
Jaco