Page 1 of 1
4de Stiller aksie se bolt breek? Wat se die slim manne?
Posted: Tue Sep 16, 2014 3:25 pm
by Safari Outdoor
Hi Manne
Ons het n paar jaar gelede Stiller aksies ingebring, spesifiek die Predator (Rem 700 Clone)
On shet nou al 4 van die Stiller aksies gekry wat se bolt handles afbreek. Frans Snyman, Oom Boetjie Bellingham en nou Kosie Botha. Arnold, ek weet nie of joune nog vas is nie.
Weet julle manne wat die oorsaak kan wees? Dit moet tog goeie goed wees?
Groete
Re: 4de Stiller aksie se bolt breek? Wat se die slim manne?
Posted: Tue Sep 16, 2014 3:39 pm
by tgg
wat gaan by die voorpunt aan of lyk hulle daar maar so?
Re: 4de Stiller aksie se bolt breek? Wat se die slim manne?
Posted: Tue Sep 16, 2014 3:44 pm
by G-force
Stil,Stiller en nou die Stilste slot

Re: 4de Stiller aksie se bolt breek? Wat se die slim manne?
Posted: Tue Sep 16, 2014 3:47 pm
by Eugene
G-force wrote:Stil,Stiller en nou die Stilste slot

Ludwig wrote:Blykbaar silver soldeer Stiller net die bolt handle aan die body vas. Het al paar keer op oorsese forums gelees dat dit met manne daar ook gebeur het.
Lyk nogal so.... 'n Voorste visier wat so vasgesoldeer is, sit soos _ _ _ in 'n wolkombers as jy dit probeer afkry, maar klaarblyklik nie dieselfde op die slot nie....
Re: 4de Stiller aksie se bolt breek? Wat se die slim manne?
Posted: Tue Sep 16, 2014 4:43 pm
by Arnold
Ai Willem, ek hoop nie ek kom dit eendag oor nie.
Wat sê die geweersmid? Warm ladings en die slot wat oopgevorseer is? Die manne skiet seker nie sulke warm ladings nie?
Dalk het dit iets te doen met die tipe staal wat nie lekker aan silver solder vat nie? (Ek weet nie watse staal die slotte van gemaak is nie)
Hoeveel van die Stiller aksies het julle verkoop?
Re: 4de Stiller aksie se bolt breek? Wat se die slim manne?
Posted: Tue Sep 16, 2014 7:24 pm
by Frikkie Coetzee
Daai is silver solder wat op n Vrydag middag gedoen is. Bietjie te veel stremming op die slot agv hoe druk lading wat so bietjie bolt stickiness veroorsaak en dus die resultaat. As die soldeer swak is sal selfs effense stremming dit laat afbreek
Re: 4de Stiller aksie se bolt breek? Wat se die slim manne?
Posted: Tue Sep 16, 2014 11:07 pm
by Safari Outdoor
Arnold wrote:Ai Willem, ek hoop nie ek kom dit eendag oor nie.
Wat sê die geweersmid? Warm ladings en die slot wat oopgevorseer is? Die manne skiet seker nie sulke warm ladings nie?
Dalk het dit iets te doen met die tipe staal wat nie lekker aan silver solder vat nie? (Ek weet nie watse staal die slotte van gemaak is nie)
Hoeveel van die Stiller aksies het julle verkoop?
Hi Arnold. Dit was in die begin dae. Ons het seker so 30 plus verkoop
Re: 4de Stiller aksie se bolt breek? Wat se die slim manne?
Posted: Sat Sep 20, 2014 7:58 am
by Piet Breedt
Dit is moerse druk, kyk hoe ge twist is die fluting op die slot.....he...he..he
Re: 4de Stiller aksie se bolt breek? Wat se die slim manne?
Posted: Sat Sep 20, 2014 10:35 am
by Johnnie De Wet
Vrydag middag vakmanskap.

Die sluit nokke absorbeer al die drukking waneer die skoot afgaan. Drukking op jou bolt handle is die drukking wat jy met jou hand gee waneer jy n patroon laai of dop uitttrek.
Re: 4de Stiller aksie se bolt breek? Wat se die slim manne?
Posted: Sat Sep 20, 2014 10:51 am
by Arnold
Johnnie De Wet wrote:Vrydag middag vakmanskap.

Die sluit nokke absorbeer al die drukking waneer die skoot afgaan. Drukking op jou bolt handle is die drukking wat jy met jou hand gee waneer jy n patroon laai of dop uitttrek.
Johnnie, as mens warm ladings skiet sit die dop uit en rek in sy lengte (dit gebeur ook as jou headspace nie reg is nie). Hierdie drukking op die slot gesig maak dat mens die slot moeilik oopmaak as jy die dop wil uithaal ... dit is die druk waarna ons verwys.
Re: 4de Stiller aksie se bolt breek? Wat se die slim manne?
Posted: Sat Sep 20, 2014 11:11 am
by Michiel(MCR)
Ek het n bekende aksie wat ook so gemaak het en is mooi getigweld, sal nooit weer loskom.
Silver soldeer het nie lekker gevat nie. Chrisjan het myne weer mooi reg gemaak (jou ou yster).
Re: 4de Stiller aksie se bolt breek? Wat se die slim manne?
Posted: Sat Oct 25, 2014 5:43 am
by seekoegat
Ek het 'n Mojet aksie wat presies dieselfde gedoen het. As die silwer soldeer nie reg gedoen is nie vat dit nie baie krag om los te breek nie. Het myne weer gesilwer soldeer en toe 'n klein gatjie deur handel en slot geboor en 'n vlekvrye steel pin ingekap. Pin moet klein bietjie dikker wees as gat. Hy het nog nie weer los gekom.
Re: 4de Stiller aksie se bolt breek? Wat se die slim manne?
Posted: Sat Oct 25, 2014 9:29 am
by Dries101
Ek dink in beginsel silver solder is nie die regte metode vir so iets nie. Sights word gesilver solder want dit maak reguleering en verwydering moontlik sonder om die sight te vernietig. Daai moes in die fabriek ge TIG weld word. Swak ontwerp imho
Re: 4de Stiller aksie se bolt breek? Wat se die slim manne?
Posted: Sat Oct 25, 2014 10:33 am
by NEGE3
Stem saam met Dries. Tig welding is maklik en baie sterk.
Re: 4de Stiller aksie se bolt breek? Wat se die slim manne?
Posted: Sat Oct 25, 2014 10:55 am
by smitjs
Dis nie net Stiller nie. Dis ook Remington en al die namaaksels soos Stiller en Howa.
Myne het dit ook al gedoen.
Dis definitief net sleg sliwer solder aanhegting, niks om oor te bekommer nie.
Silwer soldeer dit net ordentlik aan, en dit hou vir altyd.
Ek sal darem dit nie TIG nie, die hitte is darem erg.
Re: 4de Stiller aksie se bolt breek? Wat se die slim manne?
Posted: Sat Oct 25, 2014 11:33 am
by Dries101
Op die Howas gly die extrator claw gelukkig af voordat n mens te veel druk op die bolt kan sit om hom af te breek.....
Re: 4de Stiller aksie se bolt breek? Wat se die slim manne?
Posted: Sat Oct 25, 2014 11:53 am
by tafjak
Miskien moet Winkel maar by sy leuse hou en kwaliteit verkoop
Re: 4de Stiller aksie se bolt breek? Wat se die slim manne?
Posted: Sat Oct 25, 2014 11:54 am
by tafjak
Sorrie, uit my beurt gepraat. Net die slimmanne mag hier reply
Re: 4de Stiller aksie se bolt breek? Wat se die slim manne?
Posted: Sat Oct 25, 2014 12:20 pm
by Dawie Malan
Miskien moet Winkel maar by sy leuse hou en kwaliteit verkoop
Die verspreider of agentskap van Stiller in Suid Afrika behoort nooit die eindverbruikers te vra wat is fout met die produk wat hy versprei nie. So verspreider moet mos teruggaan na die vervaardiger toe. Motormaatskappye spandeer biljoene elke jaar deur voertuie terug te roep om probleme te herstel, net om die verbruiker gelukkig te hou. Dis duidelik dat die klomp aksies probleme het en die onus rus op die verspreider om 'n goeie, betroubare produk aan te hou, veral in aggeneem die tyd wat dit 'n klient vat om 'n geweer te bou vandat hy die aksie aangeskaf het.
Ek weet nou watter aksie ek nie nou sal koop nie.
Groete
Dawie
Re: 4de Stiller aksie se bolt breek? Wat se die slim manne?
Posted: Sat Oct 25, 2014 12:22 pm
by Martin Marais
As ek so na die foto kyk,dan lyk dit vir my na swak vakmanskap. Daardie tipe las staan bekend as 'n sweetlas. Die vakman wat hierdie las gedoen het,het nie die metaal genoegsaam verhit om die silversolder toe te laat om mooi in die las in te vloei nie. Dit lyk vir my of dit slegs die smeltpoeier (flux) was wat die twee parte aanmekaar gehou het. So 'n sweetlas wat op die regte manier gedoen word is gewoonlik baie sterk.
Re: 4de Stiller aksie se bolt breek? Wat se die slim manne?
Posted: Sat Oct 25, 2014 1:12 pm
by tafjak
Weer uit my beurt
Lyk my daardie vakman sweis soos ek - net die flux hou.
Ja Dawie, Stiller never! Hou ek maar dan eerder by die fake goed wat hou.
Re: 4de Stiller aksie se bolt breek? Wat se die slim manne?
Posted: Sat Oct 25, 2014 1:41 pm
by NEGE3
Weereens as jy weet wat jy doen met Tig welding dan is daar geen probleme nie. Ek het al baie aksies Ge-Tig weld en nog nooit enige probleme gehad nie.
Re: 4de Stiller aksie se bolt breek? Wat se die slim manne?
Posted: Sat Oct 25, 2014 1:56 pm
by Dries101
NEGE3 wrote:Weereens as jy weet wat jy doen met Tig welding dan is daar geen probleme nie. Ek het al baie aksies Ge-Tig weld en nog nooit enige probleme gehad nie.
stem saam , daar word baie op aksies ge tig weld en moet nog van een hoor wat probleme veroorsaak. Solder is relatief maklik en vinnig om te doen en maak maklik skoon. Dit leen homself better aan massa produksie waar tig welding n aambag op sy eie is en n uitleg van duurder toerusting vereis