Page 1 of 1

Vervanging van 6mm Musgrave kolf

Posted: Thu Sep 18, 2014 2:52 pm
by JAPES
6mm.JPG
Middag Manne

Hierdie sal die 3de vraag wees wat ek het oor my 6mm.

Ek was van plan om die kolf oor te doen, maar besef toe dat die 2 dele van die kolf van verskillende hout tipes afkomstig is (of so lyk dit vir my). So nou dink ek om die kolf heeltemal te vervang met 'n mooier en beter kwaliteit kolf.

Kan julle my dalk in die regte rigting in stuur om dit te vervang? Eks in JHB

Indien dit 'n dom besluit, voel vry om my in te lig. ;)

Re: Vervanging van 6mm Musgrave kolf

Posted: Thu Sep 18, 2014 3:26 pm
by hennief
Japes

Wil jy weer die hout roete gaan of dalk sinteties?

Groete

Re: Vervanging van 6mm Musgrave kolf

Posted: Thu Sep 18, 2014 3:53 pm
by NEGE3
Thor Engineering maak die kolwe. Vra net jy soek die voor en agter hout van dieselfde blok. Kos gewoonlik so bietjie meer.

Re: Vervanging van 6mm Musgrave kolf

Posted: Thu Sep 18, 2014 4:20 pm
by JAPES
Hennief, ek is nie mal oor sintetiese kolwe nie, so wil die hout roete gaan.

Dankie Nege3 ek sal hulle kontak.

Re: Vervanging van 6mm Musgrave kolf

Posted: Fri Sep 19, 2014 8:53 am
by hennief
Hoor wat jy se Japes. Ek het al hoeveel keer gedreig om sinteties te gaan, maar kry myself net nie sover om van die hout onslae te raak nie. Laat weet as jy met Thor gepraat het, nogal nuuskierig wat 'n nuwe kolf mens uit die sak sal jaag.

Re: Vervanging van 6mm Musgrave kolf

Posted: Fri Sep 19, 2014 9:01 am
by NEGE3
hennief wrote:Hoor wat jy se Japes. Ek het al hoeveel keer gedreig om sinteties te gaan, maar kry myself net nie sover om van die hout onslae te raak nie. Laat weet as jy met Thor gepraat het, nogal nuuskierig wat 'n nuwe kolf mens uit die sak sal jaag.

Ek het R1350 betaal vir die rou kolf.

Re: Vervanging van 6mm Musgrave kolf

Posted: Fri Sep 19, 2014 9:02 am
by hennief
Ek envy handige ouens wat self 'n rou kolf kan verwerk. Ongelukkig het ek agter in die ry gestaan toe daai talent uitgedeel was.

Re: Vervanging van 6mm Musgrave kolf

Posted: Fri Sep 19, 2014 9:28 am
by JAPES
Smaak my die manne by Thor het te veel werk, kyk na 6maande!

Ek behoort volgende week die kwotasie te kry. Dan sal ek julle van die kostes laat weet.

Re: Vervanging van 6mm Musgrave kolf

Posted: Fri Sep 19, 2014 9:34 am
by hennief
Waar in die land is jy?

Re: Vervanging van 6mm Musgrave kolf

Posted: Fri Sep 19, 2014 11:27 am
by JAPES
Hennief ek is in Kempton Park, Johannesburg

Re: Vervanging van 6mm Musgrave kolf

Posted: Fri Sep 19, 2014 5:12 pm
by Dries101
Hang af van jou budget. Maar ek sou Steve Fourie in Pta aanbeveel as budget nie n issue is nie.

Re: Vervanging van 6mm Musgrave kolf

Posted: Fri Sep 19, 2014 9:15 pm
by NEGE3
Hierdie is 'n kolf wat ek by Thor gekoop het vir my Enfield.
Pretoria-20140408-00234.jpg

Re: Vervanging van 6mm Musgrave kolf

Posted: Mon Sep 22, 2014 8:03 am
by JAPES
Nege3, gee jy om as ek vra wat jy bedaal het vir die kolf.

Dit lyk baie mooi.

Hoelank het jy gewag voor die geweer kla was?

Re: Vervanging van 6mm Musgrave kolf

Posted: Mon Sep 22, 2014 8:41 am
by NEGE3
Ek het die kolf by Thor Engineering gekoop vir R1,350.00 Dink dit was die Groothandel prys. Dit het my verder R750 gekos om die kolf te pas en af te werk. Die ruitwerk ingesluit.

Re: Vervanging van 6mm Musgrave kolf

Posted: Fri Oct 17, 2014 10:20 am
by EddieTaute
Japes,

Ek het vir my 'n boyds hardwood kolf laat kom uit die VSA. Die ding sit nou al vir 4 weke op OR Tambo vas agv Poskantoor staking.

Sal fotos opsit as hy hier is. Kos $99 plus omtrent $70 vir shipping. Was in SA 2 dae nadat ek bestel het.

Re: Vervanging van 6mm Musgrave kolf

Posted: Fri Oct 17, 2014 11:56 am
by NJ_v_N
[quote="EddieTaute"]Japes,

Ek het vir my 'n boyds hardwood kolf laat kom uit die VSA. Die ding sit nou al vir 4 weke op OR Tambo vas agv Poskantoor staking.

Sal fotos opsit as hy hier is. Kos $99 plus omtrent $70 vir shipping. Was in SA 2 dae nadat ek bestel het.[/quote]

Stem saam
Boyds behoort jou goodkoopste en vinnigste (as die posdien nie staak nie) te wees, ek is seker jy kan "plain" okerneut of laminte kies.

Re: Vervanging van 6mm Musgrave kolf

Posted: Fri Oct 17, 2014 12:19 pm
by EddieTaute
Japes,

Gaan kyk na hierdie opinie oor Boyds se classic.

http://www.thetruthaboutguns.com/2011/1 ... un-stocks/

Die platinum lyk ook baie goed en jy kan 'n klomp custom checkering ens gedoen kry.

http://www.longrangehunting.com/forums/ ... -a-121656/

Hoop jy kom reg.

Re: Vervanging van 6mm Musgrave kolf

Posted: Thu Oct 23, 2014 9:13 pm
by Medic3388
Hi julle, ek will net vrae. Waar het julle op Boyds se website gesoek vir musgrave? Of moet 'n mens order 'n ander model soek? Ek het 'n Musgrave 308 met K98 aksie. Dit het 'n nuwe kolf nodig en ek wonder of een van julle kan my asb uithulp? Dankie

Re: Vervanging van 6mm Musgrave kolf

Posted: Fri Oct 24, 2014 7:27 am
by NJ_v_N
Jy gaan moet n mauser k98 kolf search, double check maar net die afmetings op die fototjie wat daar op die page is.

Re: Vervanging van 6mm Musgrave kolf

Posted: Fri Oct 24, 2014 7:38 am
by NJ_v_N
Die kan jou ook help uit figure watse een om te kry. Daar is verskeie mausers (persiese,mexiese,turkse,yugoslaviese, etc etc)

Re: Vervanging van 6mm Musgrave kolf

Posted: Fri Oct 24, 2014 7:39 am
by Alwyn
JAPES

Soos hulle se "I stand to be corrected" maar ek dink so amper ARMS in pretoria het die Boyds kolwes....

Groete

Re: Vervanging van 6mm Musgrave kolf

Posted: Fri Oct 24, 2014 2:16 pm
by JAPES
Dankie vir die terugvoering. Sal hopelik my liksens einde Nov hĂȘ dan sal ek werk maak daarvan.

Re: Vervanging van 6mm Musgrave kolf

Posted: Fri Oct 24, 2014 11:37 pm
by Medic3388
Dankie vir die help en dankie NJ vir die prente. Dit sal my baie help want ek het 'n 'small ring' K98 en ek het nie geweet waar om te begin soek nie. Al die mauser Wat ek gesoek het was 'large ring'.

Re: Vervanging van 6mm Musgrave kolf

Posted: Sat Oct 25, 2014 5:57 am
by win270
Is daar ook enige moontlikheid dat mens 'n kolf in die hande kan kry van gewere wat SAPD van tyd-tot-tyd vernietig? Ek wonder maar net.