Page 1 of 1

rooikat roep in overberg

Posted: Sat Sep 20, 2014 6:42 pm
by bertie
naand manne
ek kort advies asb. Ek boer net buite caledon wes kaap en is teen die berg gelee. Ons sukkel baie met die rooikatte, waneer hulle gevang het ry ons die volgende aand en kry so 30% van die keer die kat naby die gevangde lam. Proebleem wat ek mee sit is dat hier baie meer katte is as wat mens lammers gevang kry. As ek in die klowe stap kry ek baie karkasse. Die laaste week het my pel helder oor dag 'n kat ini pad gekry, my vrou 2 en ek 1, dis nou als op verskillende dele van die plase. ek het laasjaar 19 katte geskiet maar voel mens kan baie meer en ek wil nie wag tot hulle vang voor ek soek nie.die plaas het baie klowe en 80% van die lande hoef 'n kat net 150m te loop om lam in kloof te kry en dan weet ek nie van hom nie.hokke sukkel maar wand hier is baie baie ystervarke en hulle is sommer vroeg aand al die hokke vol. die klowe is nie baie breed nie maar is taamlik dig so as mens net ry met 'n lig mis jy maar al die katte. as mens kan sit en roep langs die klowe sal dit baie help aangesien jy oor die klowe kan skiet, dus moet hy net oog gooi en hoef nie eers in te kom nie. as julle dalk raad het sal dit baie wardeer word.
Baie dankie
groete
bertie

Re: rooikat roep in overberg

Posted: Sun Sep 21, 2014 10:54 am
by Jakkie 321
Bertie

Het jy al gedink aan vroeg oggend of laat middag roep?
Het jy al in die aand geroep vir hulle.
Word die skape in die aand gekraal of nie.

Groette

Re: rooikat roep in overberg

Posted: Sun Sep 21, 2014 3:49 pm
by Blesbok
Watter kant van caledon boer jy bertie
boer ook in omgewing en sukkel net so

Re: rooikat roep in overberg

Posted: Sun Sep 21, 2014 4:11 pm
by vossie1
Bel vir my ek kom help graag,Koop nou vir jou n lekker roeper dan kom jou oudste pel lekker saam jou sit en kat skiet.

Re: rooikat roep in overberg

Posted: Sun Sep 21, 2014 7:57 pm
by bertie
jakkie ek het nognooit geroep nie! het jy dalk raad vir my?
blesbok ek is op die chavonnes weg verby bkb en avbob teen die berg waar sit jy en wats jou naam?
vossie, jy kwes n ystervark in 'n hok waar kan ek jou vra vir kat jag
groete
bertie

Re: rooikat roep in overberg

Posted: Sun Sep 21, 2014 8:28 pm
by vossie1
Ouch jy vat my laag,ek wou nie die hok se draad raak skiet nie toe mik ek maar bietjie off centre. Jy moet maar daai Mojet special van jou bring dat ek jou n skietles kan gee.

Re: rooikat roep in overberg

Posted: Sun Sep 21, 2014 9:13 pm
by Jaco vdW
Bertie

Die beste raad wat ek vir jou kan gee is doen eers n deeglike kursus in roep by manne soos Taffie, Louis 102, Hein, ens. voodat jy prober roep. Jy gaan n paar katte oplaai, maar die res net mooi leer waarvoor om versigtig te wees. Dit sê ek n.a.v. die kursus wat ons sopas op Middelpos gedoen het. Jy kan nie glo hoeveel die ervare manne dit beklemtoon nie. En selfs daarna jag jy eers saam met die ou manne om ervaring op te doen. Dit los dalk nie problem nou op nie, maar langtermyn gaan dit jou baie trane spaar.

Groete!

Re: rooikat roep in overberg

Posted: Sun Sep 21, 2014 10:03 pm
by Jakkie 321
Bertie

Al wat ek kan voorstel is om iemand te kry met ondervinding om daar te begin roep.

Groette

Re: rooikat roep in overberg

Posted: Thu Jul 20, 2017 1:00 pm
by Longshot
Middag manne.

Ek gan vir die volgende paar maande in Greyton bou werk doen vir n klient van ons.
Ek doen deeltydse roep en skiet in namibie en oos kaap.
Sal graag wil kyk of ekn dalk kan help terwyl ek in die overberg area is.
Het uinodigings nodig om permitte te kry.

hoop om te hoor!

Re: rooikat roep in overberg

Posted: Thu Jul 20, 2017 10:09 pm
by DeonvTonder
Bertie ek en pel van my is hier in barrydale. Ons skiet gereeld jakkals en rooikat met sukses. As jy wil hê ons moet vir aand uitkom en kom kyk laat weet maar