Page 1 of 1
Vanderkloof geelvis.
Posted: Mon Sep 22, 2014 12:27 pm
by kierriie
Het gister oggend darem weer n paar mooi geel vis gekry. Visvang op dam nog baie stadig. Het saterdag niks gekry nie, barometer lesing het baie veval, lesing het sondag mooi herstel toe gaan ons maar weer. Water nog baie koud wissel tussen 13/16grade. Water kleur ook nog maar baie vuil, maar dinge lyk goed eerste 4kg op boot.
Re: Vanderkloof geelvis.
Posted: Mon Sep 22, 2014 12:29 pm
by kierriie
Boonste foto verkeerd opgesit. Hy is op Jozini geneem
Re: Vanderkloof geelvis.
Posted: Mon Sep 22, 2014 12:30 pm
by FCLoretz
Op watse tipe aas het jy gevang?
Re: Vanderkloof geelvis.
Posted: Mon Sep 22, 2014 12:41 pm
by kierriie
Ek vang net met kunsaas.
Re: Vanderkloof geelvis.
Posted: Mon Sep 22, 2014 12:44 pm
by FCLoretz
Vlieg of spinning?
Baie mooi geelvisse. Ek hoop nog vir sulke mooi grotes.
Re: Vanderkloof geelvis.
Posted: Mon Sep 22, 2014 12:47 pm
by Katefbessie
lekker vette!
Re: Vanderkloof geelvis.
Posted: Mon Sep 22, 2014 12:57 pm
by kierriie
Dis op kunsvissies. Salmo, Rapala, sensation Verskillende kleure van donker tot lig. Hang af van hoe hulle voel op die dag en hoe die weer is.