Skoonmaakmiddels
Posted: Thu Sep 25, 2014 4:14 pm
Hallo Manne
Hierdie onderwerp is al verskeie kere aangeraak en selfs in diepte hier op die forum bespreek. Wat my baie keer opval is dat n persoon n sekere produk sal goed praat of as die beste afmaak net om my te laat wonder maar hoeveel produkte het die persoon al getoets?
Nou ek gaan vir n oomblik nie myself afmaak as iemand wat elke liewe produk al getoets het nie, maar het al met n redelike klomp geeksperimenteer juis vanwee my aantal gewere. Uit die aard van die saak soek n mens die vinnigste en effektiefste manier van skoonmaak wat dan veroorsaak dat n persoon soek na daai wonder produk. Om alles te kroon is ek ook een van daai persone wat n geweer nie vuil kan bere nie so dit maak hierdie nog meer relavant vir my.
Nou om sommer af te skop het ek nog nie daai wonder produk gekry nie, maar ek sal met julle deel wat wel werk. Die rede hoekom ek die skrywe begin het is oordat ek nou gister en vandag nou weer besig is met n nuwe geweer. Ek het met die geweer nie soos normaal my inbreek proses gedoen nie en het ses skote geskiet om die teleskoop in te stel en ook so bietjie te kyk hoe lyk die groepering. Hierdie was voordat ek my lisensie gehad het en oordat ek nie meer kon uithou nie. Gedult is maar n wetter! Loopskoonmaak by die geweer winkel is nie n opsie nie en het ek eers dit gister gedoen.
Gister het ek n nuwe produk gebruik nl Bore Tech se CU+2 Copper Remover wat hoogs aangeskryf word deesdae, nadat ek Bore Tech se Iliminator gebruik het om die koolstof te verwyder. Ek het gister 5 aplikasie van die CU+2 gedoen soos die gebruiks aanwending aanbeveel en toe dit oornag gelos. Vanmore was daar nog steeds koper te bespeur en het ek nog twee aanwendings gedoen sonder sukses. Ek gryp toe maar die een produk wat ek maar nog altyd sien as die laaste se in koperverwydering nl Forester Bore Foam en soos die lot dit wil he is die koper total verwyder nadat die skuim vir n half uur sy werk gedoen het. Ek maak van n spesiale flits gebruik om te kyk vir koper neerslag.
Nou verseker kan dit wees dat dit nou die laaste bietjie was en toe kom vat die Forester die koek, maar daar was nog heelwat koper oor gewees volgens my waarneming. Ek moet ook se dat wanneer ek die produk oornag los hy nog elke keer skoon uitgekom het die volgende more maak nie saak die hoeveelheid koper nie. Wat ek wel nie van die produk hou nie is dat ek eers op elke botteltjie n bietjie moeite moet doen om met insulation tape eers n plug te draai sodat daar nie skuim in die kamer kom nie. Hierdie wissel ook van kaliber na kaliber om alles nog meer ingewikkeld te maak. Ek het n ontsaglike probleem n klomp jare terug gehad met my 30-06 waar doppe in die kamer vasgesit het na so drie vinnige skote. Al gevolgtrekking waartoe ek kon kom nadat ons alles probeer was is dat daar van die skuim in die kamer oor n lang tyd se gebruik moes agter gebly het en die taai geraak het nadat die kamer na drie skote warm begin raak het en dus die rede vir die vassit van die dop. Ek en my broer(wat presies dieselfde oorgekom het aangesien ons dieselfde routine gevolg het) moes toe uiteindelik nuwe lope opsit, want ons kon nooit die probleem oplos nie maak nie saak wat probeer was nie. Tot vandag verkwalik hy my en gee Ackley's die skuld aangesien hy my soos n blinde skaap gevolg het. Hy het met die nuwe loop terug gegaan na die standard kaliber en fabrieks amminusie en is tot vandag toe n gelukkiger mens as ek om alles te kroon!
Ek moet ook byse dat ons wel elke enkele keer met loopskoonmaak die skuim daai tyd gebruik het wat total onnodig was. Ons het ook nie ons kamers gemop na die skoonmaak proses nie en vandat ons dit doen was daar nog nooit weer so n insident nie. Ek hou van die feit dat die skuim basies geen meganiese aksie verlang behalwe aan die einde van die proses nie. Deur dit net te bly spuit verwyder dit self die koper soos wat dit voor uitborrel. Soos reeds gese is dit ook net iets wat n mens moet gebruik indien daar erge koper aanpaksel is. Lope wat oordentlik ingebreek is en gereeld skoongemaak word is n dubbeldoelige koolstof/koper verwyderaar al wat nodig is. Ek gebruik tans twee produkte hiervoor en werk baie goed nl. Bore Tech Eliminator en Butch's Bore Shine.
Ek het n ruk terug GS Custom se M98 ook gebruik nadat Gerhard hier op die forum gese het dit is die laaste se in koper verwydering. Sy woorde was dat jy enige ander produk kan gebruik en dan syne en daar sal nog steeds koper uitkom. Wel ek het die M98 tot op n druppel gebruik soos voorgestel totdat die lappies gewys het die loop is silver skoon. Ek het toe maar net om dit op die proef te stel n spuit Forester gegee en toe borrel die blou skuimpies voor by die loop uit om te wys daar was nog koper in. Ek het dit net weer met n tweede geweer bevestig. Nou ek se geensins dat M98 nie n goeie produk is nie, dat hy wel baie effektief en vining werk is so, maar is uit my eie ondervindinge nie die laaste se in koperverwydering nie.
n Produk met die naam van Wipe Out Foam Bore Cleaner wat ook n skuim is word ook baie hoog ge-ag deur van die Amerikaners. Ek het nog nie dit gekry om te probeer nie en sal graag dit n proeflopie wil gee. Blykbaar volgens sekere persone daar troef dit die Forester Bore Foam wat hulle vermoed die loop moontlik kan laat roes. Indien dit die geval is kan dit net n wenner in my oe wees. Ek kyk wel met n bore-scope na my lope en het nog nie roes of pitmerke ervaar nie. Ek sit wel n lappie met olie deur elke keer nadat ek n loop skoon gemaak het.
Ek is nog nooit n mens vir n bore paste nie. Ek hou nie van die skuur effek op my lope nie, maar daar is n magdom mense wat absoluut glo daarin. Wat ek wel kan se is hoekom daai ekstra komponent inbring(skuur effek) as jy iets het wat net so goed werk.
Ek het n klomp produkte nie hier genoem wat ek al gebruik het oor die jare maar dit is verseker nie te se hulle werk nie. Wat ek wel met die skrywe be-oog het is om van die beter produkte tot ons beskikking te bespreek aangesien opinies so wyd uiteenlopend is in die verband. Wat ons ook moet besef is dat hierdie veld verseker sal verbeter soos tegnologie vooruit gaan en ek sal verseker nog bly soek vir daai wonder produk.
Groetnis
Wouter
PS My intensie met die skrywe sowel as my versoek is dat ons nie hierdie draad n afspeel plek maak van produkte teen mekaar nie, maar eerder net ons ervarings met mekaar deel soos dit tog hoort hier.