Page 1 of 3

2014 MP Gong skietdag

Posted: Fri Sep 26, 2014 11:21 am
by swc-tr
MP Bisley bied 'n langafstand gong skietdag aan op 8 November te Doornkop skietbaan buite Middelburg.
Alle belangstellende langafstand skuts met die nodige spesialis toerusting is baie welkom.
Sien die aangehegte program en reels.

Truvello en MH Arms (Mojet) gaan hulle gewere en aksies ten toon stel.
Daar kan ook met Truvello se "sniper" gewere geskiet word, .50, .338LM en .308Win.

Sien julle daar.
2014 Gong skietdag.pdf
2014 Gong skietdag reƫls en voorwaardes..pdf

Re: 2014 MP Gong skietdag

Posted: Fri Sep 26, 2014 11:38 am
by Hein22
Schalk, laas jaar was bitter lekker en ons sal beslus weer 4 skuts wees wat die dag sal bywoon.

Re: 2014 MP Gong skietdag

Posted: Fri Sep 26, 2014 12:11 pm
by Fritz
Dit klink baie lekker. Sal verseker oorweeg.

Re: 2014 MP Gong skietdag

Posted: Fri Sep 26, 2014 1:54 pm
by Greyghost
Laas jaar was lekker , sal verseker daar wees ;)

Re: 2014 MP Gong skietdag

Posted: Mon Sep 29, 2014 8:52 pm
by JPS
Fritz,

Ek en Lino gaan ook deurgaan, hoe lyk dit kom jy en Shaun?

Re: 2014 MP Gong skietdag

Posted: Tue Sep 30, 2014 9:58 am
by Fritz
JPS wrote:Fritz,

Ek en Lino gaan ook deurgaan, hoe lyk dit kom jy en Shaun?
Op hierdie stadium lyk dit vir my so Jan. Kan net lekker wees.

Re: 2014 MP Gong skietdag

Posted: Wed Oct 01, 2014 8:41 am
by Marc
Ek en Jaco sal ook kom draai maak

Re: 2014 MP Gong skietdag

Posted: Wed Oct 01, 2014 9:07 am
by Rudie
Ons gaan ook maar ons luck try. Net 'n vraag Schalk, as jou spotter ook wil skiet sal daar geleentheid wees vir die spotter en die skut om weer om te ruil vir altwee om die geleentheid te kry om te skiet?

Re: 2014 MP Gong skietdag

Posted: Wed Oct 01, 2014 9:13 am
by JPS
Rudi,

Soos ek gelees het op die reels is dit span van twee skuts. Albei skiet 5 skote op elke afstand en spot vir mekaar en moet elkeen met sy eie wapen skiet.

Schalk kan net reghelp as ek dit verkeerd het.

Re: 2014 MP Gong skietdag

Posted: Wed Oct 01, 2014 9:18 am
by swc-tr
Beide die spanlede kry kans om te skiet en spotter te wees.

Vir diegene wat wil deelneem, PM my dat ek jul span kan inskryf om teleurstelling te voorkom, daar is net beperkte aantal inskrywings.

Re: 2014 MP Gong skietdag

Posted: Wed Oct 01, 2014 2:45 pm
by swc-tr
Baie dankie vir almal se reaksie, al die plekke is nou vol. ;)
Sien julle die 8ste November.

Re: 2014 MP Gong skietdag

Posted: Wed Oct 01, 2014 3:02 pm
by SeeMoNsteR
sjoe ...net betyds dan :-).. sien baie uit hierna

Re: 2014 MP Gong skietdag

Posted: Wed Oct 01, 2014 4:10 pm
by Hein22
swc-tr wrote:Baie dankie vir almal se reaksie, al die plekke is nou vol. ;)
Sien julle die 8ste November.
Sh*&. Schalk, het jy dalk die 4 plekke vir my gehou of het ek nou te laat geslaap?

Re: 2014 MP Gong skietdag

Posted: Wed Oct 01, 2014 8:34 pm
by swc-tr
Hein
Ek het jou op vir een span (2x lede)

Re: 2014 MP Gong skietdag

Posted: Thu Oct 02, 2014 9:48 am
by Marc
Dagse Schalk, kan ons dalk n lys kry om te bevestig dat daar niks dubbel is nie asb maat ;D

Re: 2014 MP Gong skietdag

Posted: Thu Oct 02, 2014 10:06 am
by swc-tr
Marc, kyk jou PM.

Re: 2014 MP Gong skietdag

Posted: Thu Oct 02, 2014 10:07 am
by Hein22
Kan ek ook dalk 'n copy kry asb schalk.

Re: 2014 MP Gong skietdag

Posted: Thu Oct 02, 2014 10:15 am
by swc-tr
Hier is die lys van spanne.
Help asb, kyk of daar nie dubbel besprekings is nie.
Indien iemand moet onttrek, laat weet asb, daar staan baie ander spanne gereed, wat nie akkomdeer kon word nie.
Byvoorbaat dankie.
2014 Gong spanne.pdf

Re: 2014 MP Gong skietdag

Posted: Thu Oct 02, 2014 10:43 am
by Marc
Dankie !

Tik tok tik...die gaan n lekker een wees

Re: 2014 MP Gong skietdag

Posted: Thu Oct 02, 2014 11:31 am
by Rasmus
Aggenee!!!!!!!!

Laat weet asb as daar n opening is Schalk!

Re: 2014 MP Gong skietdag

Posted: Thu Oct 02, 2014 1:49 pm
by James Wright
Dankie Schalk,ons sien uit

Re: 2014 MP Gong skietdag

Posted: Fri Oct 03, 2014 6:49 pm
by Pvdw
Het 1 van die pretoria manne dalk plek in die kar/bakkie vir 'n toeskouer?? Ek was nog nooit op so 'n dag nie en sal graag kom loer en saam kuier. Dalk steek hulle my in die werk maar dit maak nie sak nie.

Re: 2014 MP Gong skietdag

Posted: Mon Nov 03, 2014 12:30 pm
by swc-tr
Manne
Alles is in plek vir Saterdag 8 Nov.
Pak maar 'n reenjas in, moet egter asb nie wegbly agv moontlike reen nie, gelukkig is 'n mens se vel waterdig!! ;D

Update:
1. Truvello sniper gewere.
Belangstellendes kan met die reeks Truvello "sniper" gewere skiet op elke afstand na 'n gong, kostes daaraan verbonde soos volg: .50Browning @ R180 per skoot, .338LM @ R130 per skoot, .308Win 3 skote @ R50.

2. Mojet aksies. Andre Mojet bring 'n klomp van sy aksies saam, wat op die dag teen 'n spesiale afslag prys te koop sal wees.

Sien julle daar.

Re: 2014 MP Gong skietdag

Posted: Mon Nov 03, 2014 1:07 pm
by James Wright
dankie Schalk,sal maar reenjas inpak ;)

Re: 2014 MP Gong skietdag

Posted: Mon Nov 03, 2014 1:31 pm
by Greyghost
Ek pak my gazebo in vir die reen ;D , gaan lekker wees