Page 1 of 1
MY 375! uiteindelik reg vir skiet!(na skiet probleempie :()
Posted: Fri Sep 26, 2014 10:43 pm
by alecjohnson
Dagse mense! Ek het nou vanmiddag al die goed bymekaar gesit, het nou al amper 'n week my geweer en dit het nog nie 'n skoot geskiet nie:( nou het ek woensdag my Vortex viper 6.5-20x44 gekry en vanoggend my Warne QD ringe gekry! als aanmekaar gesit en dis tog te pragtig

. Nou het ek ook my lading gemaak met Sierra 300gr en ook Impala 200gr koeëls. More is die dag wat ek haar vir 'n spin vat, Sy sal hoofsaaklik oopvesier gebruik word in die veld, en op die baan vir lading ontwikkeling en verder skiet sal met die teleskoop plaasvind!
Sal laat weet wat more op die baan gebeur!
Re: MY 375! uiteindelik reg vir skiet!
Posted: Sat Sep 27, 2014 7:17 am
by Giepie
Geniet!!

Re: MY 375! uiteindelik reg vir skiet!
Posted: Sat Sep 27, 2014 3:05 pm
by Andrew Leigh
Mooi Alec geniet hom.
Jou vergroting keuse verbaas my effens. Ek sou gedink het dat op 50m sal jy sukkel om die beeld te kry op 6.5X and dan presies hoe ver gaan jy skiet dat dit 20X vergrooting nodig het.
Ek is genuine nie snaaks nie maar will graag weet, ouens doen dinge vir verskillende en gooie rede's.
Re: MY 375! uiteindelik reg vir skiet!
Posted: Sat Sep 27, 2014 5:30 pm
by alecjohnson
Tot en met 100 meter oop vesier, wil vir vlakte jag gebruik tot en met 20x vergroting, ek sal ook die teleskoop op my 243 gebruik as die wind stil is:)
Ek het 'n probleem met my toerusting, ek wil die teleskoop instel op 200m maar my kliks raak op voor ek op teiken is, skuif toe na 100m draai teleskoop se elevation tot in die middle en skiet, tref dead center maar baie te onder, werk uit ek moet 89kliks opstel, by 82 kliks is dit op en ek skiet steeds, 'n duim en 'n half lag, dis mos nie reg nie???
Enege iemand wat my kan help ek wil dit gebruik tot en met 400m wat volgens my berekeninge maklik te wees met die spesifieke roer en teleskoop?
Re: MY 375! uiteindelik reg vir skiet!(na skiet probleempie
Posted: Sat Sep 27, 2014 5:38 pm
by Arnold
Probeer die voortse ring agter sit en die agterste ring voor. Dit is heel moontlik jou voorste ring (of basis/aksie) wat hoër is as die agterste.
Re: MY 375! uiteindelik reg vir skiet!(na skiet probleempie
Posted: Sat Sep 27, 2014 5:40 pm
by alecjohnson
Ai Arnold dankie, maar dit is warne se QD ringe vir CZ550 so die agterste ring het so 'n hakkie in wat in die aksie pas om Zero te verseker, dus nie moontlik om hulle om te ruil nie
Ek het ook net gewonder sou ek laer ringe vat ( tans hoë ringe ) sal dit my elevation genoeg afbring? Ek het nog nooit so 'n probleem ondervind nie
Re: MY 375! uiteindelik reg vir skiet!
Posted: Sat Sep 27, 2014 7:03 pm
by Andrew Leigh
alecjohnson wrote:Tot en met 100 meter oop vesier, wil vir vlakte jag gebruik tot en met 20x vergroting, ek sal ook die teleskoop op my 243 gebruik as die wind stil is:)
Ek het 'n probleem met my toerusting, ek wil die teleskoop instel op 200m maar my kliks raak op voor ek op teiken is, skuif toe na 100m draai teleskoop se elevation tot in die middle en skiet, tref dead center maar baie te onder, werk uit ek moet 89kliks opstel, by 82 kliks is dit op en ek skiet steeds, 'n duim en 'n half lag, dis mos nie reg nie???
Enege iemand wat my kan help ek wil dit gebruik tot en met 400m wat volgens my berekeninge maklik te wees met die spesifieke roer en teleskoop?
Ek het gedink dat daar gooie redes was

. Watter gewig koeels will jy laai.
Dankie.
Re: MY 375! uiteindelik reg vir skiet!(na skiet probleempie
Posted: Sat Sep 27, 2014 7:45 pm
by alecjohnson
350Gr Barns X vir bosveld teen sowat 2400fps, en Barns 250gr TTSX met 'n BC van 0.424 en 'n spoed van so 2700fps gaan hy goed loop tot op 400m, dis nou mits ek my mounting van die teleskoop opgelos het!
Re: MY 375! uiteindelik reg vir skiet!(na skiet probleempie
Posted: Sat Sep 27, 2014 7:47 pm
by tripodmvr
Alec, aanvaar hierdie as positiewe voorstelle. Die teleskoop wat jy nou wil opsit is volgens my te lank en die vergroting kan laer wees in so groot kaliber. Die agterkant van die teleskoop gaan te naby aan jou oog wees en jy sal sukkel om die geweer behoorlik vas te hou sonder dat hy jou teen die oogbank slaan. Die CZ se val van die kolf is vir my te veel vir 'n geweer waarop 'n teleskoop moet kom en daarom wip die loop baie na bo. 'n Korter teleskoop sal die' probleem beter aanspreek.
Ek het 'n 3x9 by 40 op my geweer wat 'n baie reguit kolf het (Ou Musgrave) wat reguit terugkom en my nog nooit teen die oogbank gestamp het nie. Ek sal teleskope vanaf 2x7 by 32 tot 4-14 by 40 voorstel.
Jy sal die voorste montering moet verlaag (af masjineer) om die verstelling van die teleskoop reg te kry.
Re: MY 375! uiteindelik reg vir skiet!(na skiet probleempie
Posted: Sat Sep 27, 2014 7:55 pm
by Fanta300
My skoonseun het net so gesukkel met sy .458 WM CZ. Op die ou end .5 mm shim in agterste ring gesit. Kry nou gezero tot op 200 m. As jy verder wil skiet gebruik mildots.
Re: MY 375! uiteindelik reg vir skiet!(na skiet probleempie
Posted: Sat Sep 27, 2014 8:49 pm
by alecjohnson
Dankie vir die voorstelle, oom tripod, ek het aanvanklik met 3-12 geskiet in my 300wm en op afstande oor 250m moet ek werklik mooi kyk daarom het ek daai groter een gekoop, eye relief is so 6cm op max vergroting, ek wil ook nie met die teleskoop op korter afstande skiet nie.
gaan maar maandag na safari gaan...
dankie
Re: MY 375! uiteindelik reg vir skiet!(na skiet probleempie
Posted: Sat Sep 27, 2014 8:54 pm
by tripodmvr
Het jy al met die teleskoop op geskiet?
Re: MY 375! uiteindelik reg vir skiet!(na skiet probleempie
Posted: Sat Sep 27, 2014 9:21 pm
by alecjohnson
Ja 24 skote vandag,
20 vir loop inbreek met teleskoop op en 4 skote vining na mekaar op 'n denkbeeldige buffel wat storm uit 'n stilstaande teiken op 25 tree
Die teleskoop was op max vergroting en het nie eenkeer naby gekom om my te moker nie, my Rudolph 3-12x50 op die 300 raak wel so 1/10 keer my voorkop maar dis ok want dit maak nie eers 'n rooi merkie nie.
Re: MY 375! uiteindelik reg vir skiet!(na skiet probleempie
Posted: Sat Sep 27, 2014 9:32 pm
by tripodmvr
As dit die geval is en jy is gemaklik met die teleskoop posisie moet jy nou die teleskoop se voorbene knak of hom 'n harde skop onder die agterent gee om die elevasie reg te kry. Hoop die geweerwinkel kan jou help.
Re: MY 375! uiteindelik reg vir skiet!(na skiet probleempie
Posted: Wed Oct 01, 2014 4:40 pm
by alecjohnson
OK ek het die Warne ringe omgeruil vir Thor. ek het 'n 0,6mm stainless wasser op die agterste ring gesit, maklik gezero en het nog baie verstelling oor!
nou dink ek dat ek die goed moet lap, hoe kan ek dit doen? ek het 1000 skuurpapier gekry wat benodig ek nou?
Re: MY 375! uiteindelik reg vir skiet!(na skiet probleempie
Posted: Wed Oct 01, 2014 4:49 pm
by Pappabeer
Alec, jy kort n lapping tool en compound.
Dit is basies n 25mm staal staaf waarmee jy die ringe netso skuur met die rubbing compound. Moenie met skuurpapier sukkel nie, jy gaan die ringe skeef afwerk.
Monrique (SJ) op die forum verkoop hulle, en Safari ook. As dit n once off job is kan jy sommer net by iemand een leen
Re: MY 375! uiteindelik reg vir skiet!(na skiet probleempie
Posted: Wed Oct 01, 2014 7:44 pm
by alecjohnson
Ek het 30mm ringe, sal ek nie dan net die skuurpapier aan 'n 30mm pyp kan vasmaak en dit so lap eerder as om nou 'n kit te gaan koop nie?
Re: MY 375! uiteindelik reg vir skiet!(na skiet probleempie
Posted: Wed Oct 01, 2014 7:54 pm
by Andrew Leigh
Nee, soos hulle se koop vir jou n stuk 30mm Bright Mild Steel saam met valve grinding paste van Midas.
Re: MY 375! uiteindelik reg vir skiet!(na skiet probleempie
Posted: Wed Oct 01, 2014 9:08 pm
by alecjohnson
Dankie, sal dit probeer, dankie almal.
Re: MY 375! uiteindelik reg vir skiet!(na skiet probleempie
Posted: Thu Oct 02, 2014 7:04 am
by BRNO (Pierre)
n Foto van Monrique (SJ) se lapping tool, en hoe die ringe lyk wanneer hulle klaar gelap is. Jy kan eers die growwe valve grinding paste gebruik, en dan die ligter een vir n mooi gladde afwering.
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/023.jpg
http://i1251.photobucket.com/albums/hh555/PierrevdM/024.jpg
Re: MY 375! uiteindelik reg vir skiet!(na skiet probleempie
Posted: Thu Oct 02, 2014 1:17 pm
by ruaanb
Hoe styf moet jy vas maak voor jy die proses aanpak?