Page 1 of 1

Arctic skietlig

Posted: Sun Sep 28, 2014 8:29 pm
by seekoegat
Wil graag weet of iemand ondervinding het van die HID Arctic skietlig. Ek weet die hid ligte kan nie dim nie maar wil die lig meer gebruik as n soek lig en vir bokke oes in die nag.Hy prys rondom R2400 vir die 55w Dankie

Re: Arctic skietlig

Posted: Sun Sep 28, 2014 10:34 pm
by Armand9
Ek het onlangs met n 100w 240mm lens gamepro lig gejag. Dink dis baie dieselfede tipe lig as joune?
Kan jou se hy laat n lightforce 240mm sleg afsteek!
Hy is op my inkopie lys.

Re: Arctic skietlig

Posted: Mon Sep 29, 2014 5:19 am
by Cobus(Cobb)
Armand9 wrote:Ek het onlangs met n 100w 240mm lens gamepro lig gejag. Dink dis baie dieselfede tipe lig as joune?
Kan jou se hy laat n lightforce 240mm sleg afsteek!
Het jy die 2 teen mekaar laat skyn??

Re: Arctic skietlig

Posted: Mon Sep 29, 2014 7:57 am
by cassie_calvinia
lewensduur, en taaiheid, koop maar LF. jy gaan tog nie verder as 4000m oes in die nag nie?

Re: Arctic skietlig

Posted: Mon Sep 29, 2014 11:30 am
by Armand9
Saam met lightforce gelig ja. Ek sal hom nie vir jakkalsjag gebruik nie.
Maar dis tog lekker as jy bokke uitskiet en jy kan die vergroting opdraai om te sien of daar ramme in n troppie doer ver staan. Die wit lig wys hulle lekker uit.
Elke man moet mos maar sy aanwending vir homself regverdig!

Re: Arctic skietlig

Posted: Mon Sep 29, 2014 5:53 pm
by johans
nee wat,ekt ook al baie ligte gekoop en skoolgeld betaal.ek koop liewer n lightforce 170 as wat ek n 240 in enige ander maak koop

Re: Arctic skietlig

Posted: Mon Sep 29, 2014 8:52 pm
by douw
Manne, jammer ek val nou sommer hier in, maar watter flits sal jul aanbeveel vir bosvarke soek vanaf 'n bakkie?

Re: Arctic skietlig

Posted: Tue Sep 30, 2014 12:15 pm
by johans
douw wrote:Manne, jammer ek val nou sommer hier in, maar watter flits sal jul aanbeveel vir bosvarke soek vanaf 'n bakkie?
ledlensor

Re: Arctic skietlig

Posted: Tue Sep 30, 2014 12:21 pm
by Geno
johans wrote:
douw wrote:Manne, jammer ek val nou sommer hier in, maar watter flits sal jul aanbeveel vir bosvarke soek vanaf 'n bakkie?
ledlensor


Hoekom Ledlensor?
HID ligte is al wat my een pel gebruik vir bosvarke. Hy het verlede jaar 109 varke geskiet...

Re: Arctic skietlig

Posted: Tue Sep 30, 2014 12:38 pm
by johans
Geno wrote:
johans wrote:
douw wrote:Manne, jammer ek val nou sommer hier in, maar watter flits sal jul aanbeveel vir bosvarke soek vanaf 'n bakkie?
ledlensor


Hoekom Ledlensor?
HID ligte is al wat my een pel gebruik vir bosvarke. Hy het verlede jaar 109 varke geskiet...
hoekom nie ledlensor nie?behalwe as jy jou krag vanaf die bakkie wil trek sal ek lightforce koop

Re: Arctic skietlig

Posted: Tue Sep 30, 2014 12:48 pm
by Geno
johans wrote: hoekom nie ledlensor nie?behalwe as jy jou krag vanaf die bakkie wil trek sal ek lightforce koop
Want 'n HID lig skyn die rook uit 'n Ledlensor uit.

Douw soek juis iets om vanaf 'n bakkie te gebruik.
douw wrote:Manne, jammer ek val nou sommer hier in, maar watter flits sal jul aanbeveel vir bosvarke soek vanaf 'n bakkie?
Sal jy jakkals jag vanuit 'n skietstoel met 'n Ledlensor?

Re: Arctic skietlig

Posted: Tue Sep 30, 2014 12:57 pm
by Frikkie Coetzee
Geno.

Wat is HID ligte? Ek ken nie die maak nie?

Re: Arctic skietlig

Posted: Tue Sep 30, 2014 12:57 pm
by Frikkie Coetzee
PS Ek skiet nie self jakkalse nie so ek kan nie kommentaar lewer nie.

Re: Arctic skietlig

Posted: Tue Sep 30, 2014 1:06 pm
by Geno
Frikkie,

HID is ligte wat 'n ballast in het. Vir oge soek en so aan werk hy baie lekker.
http://en.wikipedia.org/wiki/High-inten ... harge_lamp

Re: Arctic skietlig

Posted: Tue Sep 30, 2014 1:08 pm
by douw
Ek gebruik die Nitecore Sa flitse vir hand gebruik. Hulle is tops!

Ek wil graag weet vir vanaf die bakkie, so dit beteken krag van sigaretaansteker. Moontlik een of ander tyd vanuit 'n skietstoel.

Geno, is die HID 'n beskrywing van 'n spesifieke tipe flits of is dit die maak?

Groete
Douw

Re: Arctic skietlig

Posted: Tue Sep 30, 2014 1:09 pm
by douw
So dit beteken dit is 'n tipe flits, wat mens waarskynlik in verskillende make gaan kry?

Re: Arctic skietlig

Posted: Fri Oct 03, 2014 9:08 am
by smitjs
Vergeet van HID ligte totaal. Vir wild oes is dit totaal uit, geen bok staan wanneer daardie lig op hom val nie. Ek praat van ondervinding.
Daardie goed se lig is so wit dat geen kleur sigbaar is nie, en waarvoor dit bruikbaar is, weet geen mens nie, of die wat weet wil nie sê nie.
Vir jakkalse, vergeet daarvan.
Kry 'n nege led spot lig, dis so 25 watt, en sit daar 'n geut op om die lig te beperk. Gebruik 'n dimmer, my Henk Ellis dimmer werk fantasties. Gebruik met 'n 12v gel alarm battery op die stoel.
Kry 'n 500m flits van Crelant SA. Dit werk met 2 18650 batterye. Jy sal nie spyt wees nie. Die ingeboude dimmer is goed.
Jy sal nooit weer kyk na ander ligte nie.
Groete

Re: Arctic skietlig

Posted: Fri Oct 03, 2014 11:56 am
by Frikkie Coetzee
Geno wrote:Frikkie,

HID is ligte wat 'n ballast in het. Vir oge soek en so aan werk hy baie lekker.
http://en.wikipedia.org/wiki/High-inten ... harge_lamp

Geno

Daai link is nogal intresant. Ek het nie geweet daar is al soveel ligtegnologie daarbuite nie. Ek sien smitjs se dit werk nie vir skiet nie.

EK het so 600Lumens handheld spotlight vir my gekoop as n algemene gebruik lig. Ek tel wel moeiliker oe op met hom. Ek het gedink dis omdat hy so mooi spot gooi of omdat die CREE se lig so wit is ivm my gewone spotlight (cheap knock of van Lightforce). LW dis nie n lig wat ek gekoop het vir jag nie.

Re: Arctic skietlig

Posted: Sat Oct 04, 2014 5:58 am
by seekoegat
Dankie vir al die raad. Smitjs die 9 LED spotlight is dit die wat jy kry vir Bakkies ens?

Re: Arctic skietlig

Posted: Sat Oct 04, 2014 7:38 am
by smitjs
seekoegat wrote:Dankie vir al die raad. Smitjs die 9 LED spotlight is dit die wat jy kry vir Bakkies ens?
Ek is nie seker van watter jy praat nie.
Nee, 600 Lumen is te min.
As jy Jason by Lumiled in die Kaap vra na die een wat ek vir hulle getoets het, sal dit die regte een wees, maar hulle is redelik oral beskikbaar. Moet net nie die spreilig een koop nie. Hulle lyk eners, maar die spreilig een het riffels op die glas voor. Die goed is vierkantig, en pas mooi in 'n plastiese vierkante geut.
Dis noodsaaklik dat jy die lig beperk om nie op die voertuig te val nie, en ook nie te wyd nie. Dis oorgenoeg lig, en omdat dit maksimum 25 watt trek, kan jy 'n klein battery op die skietstoel sit, en dit sal meer as 'n nag hou. Borsels op die stoel en konneksie na die voertuig se battery is dan onnodig.
Natuurlik moet mens ook 'n plan B hê, en ek weet van niks beter as die Crelant flits nie. Dis dan jou plan A as jy met 'n draagbare stoel weg van die voertuig af gaan sit. Met daardie flits tel jy maklik oë op op 500 meter, en dit dim lekker. Gebruik dan 'n 12 volt laaier vir die 18650 batterye, en ook 'n spaar paar batterye, en jy sal nie terug kyk nie.
Koop liewer die sagte wit een as die helder wit een, meer lig is nie nodig nie, en die sagter lig is makliker op die oë.
Ek het eintlik nagelaat om te noem daar is dan net een tipe lig waarna jy weer sal kyk, en dis infrarooi, as jy gaan na nagsig.
Groete

Re: Arctic skietlig

Posted: Sun Oct 05, 2014 2:02 pm
by johans
Geno wrote:
johans wrote: hoekom nie ledlensor nie?behalwe as jy jou krag vanaf die bakkie wil trek sal ek lightforce koop
Want 'n HID lig skyn die rook uit 'n Ledlensor uit.

Douw soek juis iets om vanaf 'n bakkie te gebruik.
douw wrote:Manne, jammer ek val nou sommer hier in, maar watter flits sal jul aanbeveel vir bosvarke soek vanaf 'n bakkie?
Sal jy jakkals jag vanuit 'n skietstoel met 'n Ledlensor?
nee,dis hoekom ek gese het lightforce vir die bakkie