Page 1 of 1
Wat was fout?
Posted: Mon Sep 29, 2014 5:31 pm
by NicoSmit
Ek was hierdie naweek naby Warmbad op 'n jag plaas waar ek vroer die jaar gaan jag het saam met die familie .Die plaas boer het my gekontak om my jaggoed saam te bring om te kyk vir jakkalse omdat die goed hom pla. Hy het my gaan wys waar hulle loop en self die spore gesien Ek het eers so na nege eers uit gegaan maar dit was doodstil die heel aand niks het eers geskree nie . Het naderhand van staanplek verskuif heel temal aan die ander kant van die plaas en het dieselfde oorgekom het. Het kos ,klein jakkals , katjak baklei gebruik met lang stiltes en gereeld gelig maar boggerol Ek glo nie ek het iets verkeerd gedoen nie want 'n bruin hyena het selfs kom inloer. Saterdag aand op nog 'n staanplek ook uitgewys waar die jakkalse loop het dieselfde gebeur het net 'n ystervark geskiet . Ek dink ek is gejinx op daai plaas.
Re: Wat was fout?
Posted: Mon Sep 29, 2014 5:55 pm
by 222 Sako
Nico al wat ek jou kan sê, as hulle elke keer ingekom het as ek hulle roep het ek nie meer jak probleme gehad nie.
1 van bitter baie goed dink ek.
Sterkte hoop die manne help jou of dalk het ander manne met roepers jou gehelp om hulle nooit te kry nie.
Groete
Re: Wat was fout?
Posted: Mon Sep 29, 2014 6:03 pm
by Cobus(Cobb)
Die maan was bekervormig gewees....laat geen reen of enige iets uit nie, nie eers jakkalse nie...
Re: Wat was fout?
Posted: Mon Sep 29, 2014 6:29 pm
by NicoSmit
Darem sou hulle van hulle laat hoor het al was dit net 'n EF jou roep
Re: Wat was fout?
Posted: Mon Sep 29, 2014 6:39 pm
by Cobus(Cobb)
ook geen vokale gehad nie maar darm 2 hulpklas dom jakke getiep..
Re: Wat was fout?
Posted: Mon Sep 29, 2014 7:01 pm
by NicoSmit
Daardie bruin hyena was darem die hoogte punt ek het eers my gat afgeskrik toe ek daai oë die eerste keer gesien het hy het tot so 50 m van my af gestop
Re: Wat was fout?
Posted: Mon Sep 29, 2014 10:22 pm
by Geno
Nico.
Ek sou met n enkeljakkals roep begin. Dis nou die tyd van die jaar vir dit.
As jy weer n daardie plaas toe gaan, vat my saam. Sal vir jou wil hek oopmaak en bystaan waar ek kan.
Re: Wat was fout?
Posted: Tue Sep 30, 2014 12:30 pm
by johans
222 Sako wrote:Nico al wat ek jou kan sê, as hulle elke keer ingekom het as ek hulle roep het ek nie meer jak probleme gehad nie.
1 van bitter baie goed dink ek.
Sterkte hoop die manne help jou of dalk het ander manne met roepers jou gehelp om hulle nooit te kry nie.
Groete
+1,dis vir my meer snaaks die aand waneer ek iets kry of sien as wat dit is dat ek niks sien nie
Re: Wat was fout?
Posted: Tue Sep 30, 2014 4:35 pm
by Francois Hugo
Hello Nico,
Klink my jy is maar in dieselfde bootjie as baie van ons ander ou jakkals moorderaars!!! As jy nie in die kerngebied is nie en ook nie op die tyd wanneer hulle daa rond is nie gaan dit maar wag en roep wag en rope gaan met jou.
Ek moet erken ek het die selfde vraag al baie vir myself gevra en da kry ek weer die volgende keer die bogger in met die selfde klanke of moeite, MAAR dan is man daar waar die bogger is en hy stel belang as die bogger nie alreeds bederf en slim geleer is nie!!!
Die lekkerte daatrvan is dat man darem weer veld toe kan gaan as die geleentheid hom voor doen!!!
Groete uit die Namakwaland
Francois Hugo