Page 1 of 1
jakkalse
Posted: Mon Sep 29, 2014 5:42 pm
by johans
enige raad hoe om jakkalse van jou skaap af te hou sodat hulle by jou bure kan vang?lyk my dis die enigste manier hoe ek gaan samewerking kry
Re: jakkalse
Posted: Mon Sep 29, 2014 5:58 pm
by 222 Sako
As jy regkom gee my ook daai raad asb. Groete.
Re: jakkalse
Posted: Mon Sep 29, 2014 6:07 pm
by wlm
Daar is net een raad, kry jou grensdrade dig. Jakkalsproef met sifdraad en klippe gepak of elektrifiseer.
Re: jakkalse
Posted: Mon Sep 29, 2014 6:12 pm
by johans
wlm wrote:Daar is net een raad, kry jou grensdrade dig. Jakkalsproef met sifdraad en klippe gepak of elektrifiseer.
nee wat dis te duur,ek verloor darm nie so baie aan jakkalse nie
Re: jakkalse
Posted: Mon Sep 29, 2014 6:30 pm
by wlm
johans wrote:wlm wrote:Daar is net een raad, kry jou grensdrade dig. Jakkalsproef met sifdraad en klippe gepak of elektrifiseer.
nee wat dis te duur,ek verloor darm nie so baie aan jakkalse nie
Nog nie!
Re: jakkalse
Posted: Mon Sep 29, 2014 7:08 pm
by Johnnie De Wet
johans wrote:enige raad hoe om jakkalse van jou skaap af te hou sodat hulle by jou bure kan vang?lyk my dis die enigste manier hoe ek gaan samewerking kry
Tel die vrot draad tussen julle op en jaag al jou skaap deur na jou buurman. Na n dag of wat sal hulle daar begin vang en nie meer by jou nie...
Re: jakkalse
Posted: Mon Sep 29, 2014 8:23 pm
by johans
haha,julle sal my nou nie glo maar my buurman het my nounet gebel en gese die jakkals vang hom hys in vir die chopper.my plan het vrugte afgewerk
Re: jakkalse
Posted: Mon Sep 29, 2014 9:55 pm
by 222 Sako
Johans wie vlieg vir julle en wat is sy tarief as ek mag vra? Ek kom agter die jakke leer die chopper ook maar met die tyd. Hoe maak julle as jul sien hy gaan in ñ gat?
Re: jakkalse
Posted: Wed Nov 26, 2014 8:05 am
by BeesBreet
Ek kraal my skaap snags in elektriese kampie, ek skiet en sit gif uit, en het herders hond. Jakkals vang nogsteeds maar nie meer so baie nie. Hul nuutste trick is om in die dag met digte mis te kom jag!
Re: jakkalse
Posted: Wed Nov 26, 2014 11:07 am
by Dawie
BeesBreet wrote:..... sit gif uit.......
Hallo Bees
Watter soort en hoe suksesvol is jy daarmee?
Re: jakkalse
Posted: Wed Nov 26, 2014 11:13 am
by BeesBreet
Jy kry Gif by die slim ouens wat net honde of altans kanines dood maak. Kry dit in klein 50ml bottles, dis n pasta wat jy om klip smeer naby drink plek. Jakkals eet die gif drink dan water wat dit activeer... hy gaan vrek dan elders. Hoe suksesvol? Weet nie, nie dooie jakkalse gesien nie maar hulle was minder. En die gif was geeet. Daar is natuurlik ander metodes met onwettige gif wat van my buure gebruik. Mens moet baie versigtig wees daarmee, so ek bly weg.