Page 1 of 2
PMP ProAmm groepering skiet kompetisie
Posted: Mon Oct 06, 2014 5:14 pm
by Fanta300
Hierdie kompetisie eindig Saterdag met die Nationale Uitskiet by PMP in Pretoria.
Het net gewonder wie is die voorloper Jaracal lid. Sit bietjie julle beste groepering hier op.
Ek het 'n bottel rooi wyn wat ek sal skenk aan die wenner

Re: PMP ProAmm groepering skiet kompetisie
Posted: Tue Oct 07, 2014 8:04 am
by Fanta300
Het niemand deelgeneem nie? Of drink niemand rooi wyn nie?
Re: PMP ProAmm groepering skiet kompetisie
Posted: Tue Oct 07, 2014 8:24 am
by VdWalt
Fanta300 wrote:Het niemand deelgeneem nie? Of drink niemand rooi wyn nie?
Ek drink wyn maar PMP weet nie van 6.5mm nie...
Re: PMP ProAmm groepering skiet kompetisie
Posted: Tue Oct 07, 2014 8:34 am
by Riaan Kriel
Re: PMP ProAmm groepering skiet kompetisie
Posted: Tue Oct 07, 2014 3:37 pm
by Johnnie De Wet
Oom Fanta, wat het die 300 gemaak?
Re: PMP ProAmm groepering skiet kompetisie
Posted: Tue Oct 07, 2014 5:37 pm
by Fanta300
Ek was verlede jaar by Huntex (17.5 mm oor 75m) en laas maand by Potch (24.84 mm oor 100m) die kaliber wenner met my 300 WM.
Met die Howa .308 het ek darem 132e gekwalifiseer met 'n groep van 10.61mm. Ek dink nie dit is te sleg vir 'n bewerige ou man met PMP patrone nie.
Lyk my ek sal maar my bottel wyn alleen moet drink
Vereeniging-20140914-00133.jpg
Re: PMP ProAmm groepering skiet kompetisie
Posted: Tue Oct 07, 2014 7:47 pm
by JPS
Het oom Jakes nie ook al wengroep geskiet die jaar met sy 9.3 nie?
Re: PMP ProAmm groepering skiet kompetisie
Posted: Tue Oct 07, 2014 8:55 pm
by Fanta300
Ja met groep van 8.29
Hier is die volledige lys. Dalk herken julle iemand.
leaders13 ProAmm.pdf
Re: PMP ProAmm groepering skiet kompetisie
Posted: Wed Oct 08, 2014 8:19 am
by Riaan Kriel
Dankie vir die lys, indrukwekkend as jy dink dit is fabrieks-ammo en nie "custom loaded ammo" nie. Sien die Du Randt's van Mareetsane se name op 'n paar plekke. Oom Jannie, sy vrou, hulle seuns met hulle vrouens doen ook glad nie sleg nie. As ek reg onthou het Jaco 2 jaar terug die Nationals gewen.
Re: PMP ProAmm groepering skiet kompetisie
Posted: Wed Oct 08, 2014 9:10 am
by Johnnie De Wet
Ek het n 8.77 maar dit was op Huntex sê super lang baan. Sien hul het my naam weer verkeerd geskryf. Hoop nie hul meet soos hul spel nie...
Re: PMP ProAmm groepering skiet kompetisie
Posted: Wed Oct 08, 2014 11:22 am
by Capt. Yoda
paar lekker groepe daar
1 Frans Fourie Snr
30-06 Springfield 150 1,80 Potchefstroom 5-Oct-13
2 Pieter Grobler Snr
243 Winchester 100 3,33 Cullinan 26-Jul-14
3 Hanne (w) Hurst Snr
7x57 Mauser 170 3,91 Ellisras 30-Aug-14
is nie te sleg as jy 850 skuts het wat kleiner as 20mm groepe skiet met daai pmp's nie
Re: PMP ProAmm groepering skiet kompetisie
Posted: Wed Oct 08, 2014 11:28 am
by BennieO

Waneer ek so goeie groep skiet wonder ek altyd watter van die skote ek in die groep in getrek het.

Re: PMP ProAmm groepering skiet kompetisie
Posted: Sun Oct 12, 2014 9:12 am
by Fanta300
Was iemand Saterdag by PMP? Sal graag wil weet wie het gewen.
Re: PMP ProAmm groepering skiet kompetisie
Posted: Sun Oct 12, 2014 9:37 am
by 243Songdaug
Na wat ek gehoor het het die wenner van die dag 'n 9.2x62 geskiet? Tweede plek het aan 'n 300WM skut gegaan.
Re: PMP ProAmm groepering skiet kompetisie
Posted: Sun Oct 12, 2014 9:49 am
by Fanta300
9.2 of 9.3? Jakes Neveling skiet met 9.3
Wonder wat het toe met die .308's gebeur?

Re: PMP ProAmm groepering skiet kompetisie
Posted: Sun Oct 12, 2014 5:50 pm
by Capt. Yoda
hulle inherente akuraatheid is eers opalalas
Re: PMP ProAmm groepering skiet kompetisie
Posted: Sun Oct 12, 2014 7:51 pm
by 243Songdaug
9.3 ek meen - Dankie Fanta
Re: PMP ProAmm groepering skiet kompetisie
Posted: Tue Nov 04, 2014 7:55 am
by Jakes
Hi
Ek het die nationals gemis was in die hospitaal.
Dit sou die eerste keer gewees het dat daar n PMP span (4 lede)kon deel neem maar toe drop ek hulle.
Ek het 8.29 met die 9,3 geskiet, ek het in September met n oefening onder 7mm geskiet.
Fanta stuur vir my jou email address dan stuur ek die national uitslae wat jy dan kan post.
Re: PMP ProAmm groepering skiet kompetisie
Posted: Tue Nov 04, 2014 8:24 am
by Fanta300
Hallo Jakes,
Jammer om te hoor jy kon nie daar wees nie. Ek self kon dit nie maak nie.
Ek het die uitslae aangeheg. Al het die "Inhirente Akkurate Gewere" nie gewen nie, maak hulle darem so amper 50% van die top honderd uit
Ek dink in elk geval jy wen die bottle wyn wat ek opgesit het vir die beste Forum Lid, so ek sal uitkyk vir jou.
Fantie
PROAMM NATIONALS GLOBAL RESULTS-2014.pdf
Re: PMP ProAmm groepering skiet kompetisie
Posted: Sat Oct 22, 2016 7:27 am
by 30-06
More manne.
Ek het nogal gewonder watter ammo word vir die kompetisie gebruik.
Ek sien julle praat van fabrieks ammo.
Word die ammo random gekies of darem bietjie uitgesoek?
Die rede vir my vraag is die volgende.
Indien fabrieksammo so presteer en jy herlaai met proamm punte behoort jy mos teoreties net so goed en beter te kan doen.
My ondervinding is dat proamm punte goed in die jagveld presteer.
My bekommernis was "akkuraatheid", maar met sulke resultate behoort daar mos nie 'n problem te wees nie.
Ek vermoed hulle bc is maar swak, maar met sulke resultate moet jy jou dan veel oor bc bekommer?
Sal graag hoor wat julle dink.
Re: PMP ProAmm groepering skiet kompetisie
Posted: Sat Oct 22, 2016 8:35 am
by Eduard Venter
Môre 30-06
Ek herlaai gewone PMP en proamm punte. Tot op 100m kry ek baie goeie akkuraatheid, nog nie verder probeer nie. Ek gebruik hulle wel net vir jag doeleindes.
Groete
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
Re: PMP ProAmm groepering skiet kompetisie
Posted: Sat Oct 22, 2016 8:38 am
by Fanta300
Re: PMP ProAmm groepering skiet kompetisie
Posted: Sat Oct 22, 2016 9:24 am
by Supacow
2014 uitslae
Re: PMP ProAmm groepering skiet kompetisie
Posted: Sat Oct 22, 2016 1:20 pm
by 30-06
Dankie Eduart.
Ek dink ek gaan hulle ook probeer.
Re: PMP ProAmm groepering skiet kompetisie
Posted: Tue Feb 07, 2017 9:21 am
by PWV
Dit is weer tyd vir hierdie kompetisie. Daar is egter graag iets wil weet t.o.v. die beperkings.
Onder andere, word genoem dat knaldempers nie toegelaat word nie.
Met toenemende beperkings wat deur jagplase gestel word, n. dat knaldempers verpligtend is, wonder ek waarom knaldempers verbied word by hierdie kompetisie.
Weet iemand hoekom?