Musgrave groot gewere

Praat hier oor die GROOT manne/Anything about the BIG boys goes here 9.3/375 and bigger
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Musgrave groot gewere

Post by Dries101 »

Die het my vanoggend so bietjie dwars laat kyk. Laat ek met die positief begin hoe meer ouens groot calibers besit- hoe beter vir ons almal en hulle bou n 404 dis n wen in my boek. O ja en hulle gebruik darem n mauser aksie. En dit is omtrent dit.
As n person wat 2 pasmaak wapens in die laaste 12 maande ontvang het het ek n baie goeie idee wat goed kos-wie weet wat hulle doen met groot calibers ens. En 70K vir die wapens is (kies jou kragwoord) mal. Jy kan baie beter hout, met n barrel band, graveerwerk, n stel recknagel swing of mounts-n side safety en Holland & Holland styl voorste site, silvers recoil pad en n kunstige suiwer silver oval in die kolf laat inle by n top maker met n wapen wat vir jou gebou is(length of pull, cast off etc) en jy gaan sukkel om by 70k uit te kom. Ek het dit reg gekry vir 25k minder en ek het nog parte laat colour case harden. Ek weet darem nie- mens mag in n vrye mark vra vir jou produk wat jy wil maar dan moet jy ook kritiek kan vat as jy die hoender ruk.

en ps waste 35% aanvoelbare recoil strooi is die-a) recoil is recoil tensy hulle newton se wete herskryf het en b) hoe sit jy n waarde en meet dit op n relatiewe gevoel soos aanvoelbare recoil. O ja en die naam Ranger word deur Sabie wapens gebruik in hulle Sabi Ranger wapen reeks- erg oorspronklik ouens-erg

oor en uit ;)
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Musgrave groot gewere

Post by Pappabeer »

As ek nou so vinnig dink, glo ek nie daar is een manier om R70K slegter te spandeer nie... Is dit dalk n laaste stuiptrekking van n vouende matskappy wat besig is om vinnig uit VZ24 aksies te hardloop om soveel moontlik wins as moontlik uit die laaste paar te kry.

Ek sal in n diep gat wegkruip vir die res van my lewe as ek sulke terme op my advertensie gooi:

1. "Eliminates 35% felt recoil" - rêrig? Frikkie Newton du Plooy het seker 'n ingeboude druksensor in sy skouer. Persoonlik lyk daai kolf vir my of sy pistoolgreep geknak het

2. "K98-Mauser" ai tog... Jy gaan sukkel om n 500 Jeff in n Kurtz in te pas...

3. "Unique stock design to keep eyes focused on the target all the times" yster sights se moer, ons mik met die kolf. Dalk moet hulle ARs begin bou, ons weermag mag dan dalk net begin raakskiet.

4. "Flag Safety"... Umm OK. Want alle eks militêre Mauser M(K!)98's het nie met hulle uitgekom nie?

Stem saam met jou oor die Ranger naam ook Dries. Ek dink hierdie is noggal n treurige poging gewees...
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Dries101 »

Pappabeer wrote:As ek nou so vinnig dink, glo ek nie daar is een manier om R70K slegter te spandeer nie... Is dit dalk n laaste stuiptrekking van n vouende matskappy wat besig is om vinnig uit VZ24 aksies te hardloop om soveel moontlik wins as moontlik uit die laaste paar te kry.

Ek sal in n diep gat wegkruip vir die res van my lewe as ek sulke terme op my advertensie gooi:

1. "Eliminates 35% felt recoil" - rêrig? Frikkie Newton du Plooy het seker 'n ingeboude druksensor in sy skouer. Persoonlik lyk daai kolf vir my of sy pistoolgreep geknak het

2. "K98-Mauser" ai tog... Jy gaan sukkel om n 500 Jeff in n Kurtz in te pas...

3. "Unique stock design to keep eyes focused on the target all the times" yster sights se moer, ons mik met die kolf. Dalk moet hulle ARs begin bou, ons weermag mag dan dalk net begin raakskiet.

4. "Flag Safety"... Umm OK. Want alle eks militêre Mauser M(K!)98's het nie met hulle uitgekom nie?

Stem saam met jou oor die Ranger naam ook Dries. Ek dink hierdie is noggal n treurige poging gewees...
Jyt my nou laat lag. Die flag safety is nogal n wenner. Maar ek moet bieg die logo op die grip cap vir authenticity is my gat se deksel. Dink nou net as bmw begin adverteer and you get a badge on your bonnet for free, and thats not all folks... As jy jou logo moet adverteer met die bedoeling dat sonder die logo daar iets kort aan jou brand dan het jy die pot mis gesit, so is all wat dit n "musgrave" maak die medalje?...
Last edited by Dries101 on Wed Oct 15, 2014 11:48 am, edited 1 time in total.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Musgrave groot gewere

Post by DWB »

Hehehehe mooi man!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Ralph Badenhorst »

Eish kry my buurman nou pakslae.... >:D >:D ++>: ++>:

Stem saam Dries101 - plaas n paar fotos van jou CCH parte ;D

Groete

R jr.
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Dries101 »

ralph ek sidder om te dink watse meesterstuk jy vir daai geld sal kan bou. Ralph ek skuld jou nog recoil bolts ne. Jy moet skree as jy weer plek het en wanneer die posdiens weer werk. Sal bietjie fotos neem van die 404 se goed. Tyd dat die 7x57 ook kleur kry
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Ralph Badenhorst »

Geen pyn ek moet binnkort n Holland & Holland doen wat in n vuur beland het dan gooi ek dit sommer vir jou saam in.

Vir daai prys het jy kleingeld by my om n mooi swarovski scope by te koop en dan is jou geweer kla gegraveer ook.

Wie het jou CCH gedoen?

groete

R jr.
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Dries101 »

Hi Ralph , craig klintworth het my gripcap gedoen vir die 404
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Capt. Yoda »

Ek is dam self die laaste maand of wat lus vir n 404 maar ek gaan die een ongelukkig moet mis. Ek sien daai is dam limited edition gewere
.
.
.
.
.
.
.
.
.
.
Is seker soos die "limited edition" Jeeps
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Gerhardu »

Manne Manne Manne!

Eerste wil ek nie sleg praat nie maar die mense gaan nie een van daai roere verkoop kry nie en hulle is mal! Ek dink hulle moet n bietjie van die bottel af.lol! Ek verstaan nie hoe hulle by daai prys uitkom nie?

Ekt my CZ550 .375 HH lux en .458lott Safari die volgende op gedoen vir baie minder as daai prys saam met die prys van die twee roere.

-Kolwe laat oor skuur en mooi oil finish gegee
-free float
-Glass Bedding
-Africa hardwood Grip Gap met Ivory
-Africa hardwood front tip
-Aksie gepolish
-Optic fiber front beed
-Trigger shoes
-NEGC ghost ring peep op die lott
Wou barrel band op gesit het altwee maar het toe daarteen besluit.
Al die vir n appel en ui en ek moet se daai gewere lyk verskriklik mooi dit lyk nie eers soos CZ gewere nie.

Al wat ek probeer se is dat dit baie meer sin gaan maak om twee fabrieks gewere of self drie vir daai geld te gaan koop en dan na Ralph Bandehorst toe te gaan en hulle mooi uit te kit na jou smaak en styl.

Ps* As jy daai geweer koop wat 35% van die recoil wegvat is dan moet jy eerder maar nie n 'Big Bore' geweer koop nie want dan is jy nie 'Adicted to recoil' nie(wat is die punt dan daarvan), gaan dan maar liewer vir n 22LR!

Groete Gerhardu Odendaal
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Musgrave groot gewere

Post by matewis »

Gerhardu sonder fotos glo ons nie n woord wat jy se nie! ;)

Kom wys bietjie man!
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Gerhardu »

Matewis! Sien jy daai Musgrave op die advertesie...nou hulle lyk baie mooier as dit!lol
User avatar
rudib
Hero Member
Hero Member
Posts: 754
Joined: Wed Mar 14, 2012 7:31 am

Re: Musgrave groot gewere

Post by rudib »

Daai advertensie is lagwekkend!!
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Gerhardu »

Ek het nog n probleem...hoekom is die twee Rigby boeties nie daar nie?
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Dries101 »

gerhardu wrote:Ek het nog n probleem...hoekom is die twee Rigby boeties nie daar nie?
Want nie eens die magtige musgrave kan daai twee in n std aksie in kry nie
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Ralph Badenhorst »

Dries101 wrote:ralph ek sidder om te dink watse meesterstuk jy vir daai geld sal kan bou. Ralph ek skuld jou nog recoil bolts ne. Jy moet skree as jy weer plek het en wanneer die posdiens weer werk. Sal bietjie fotos neem van die 404 se goed. Tyd dat die 7x57 ook kleur kry
Oja Dries101 , ekt iets vergeet.

As ek so na n paar maandelikse jagtydskrifte (reviews) kyk sal ek se dat ons werk gladnie op hulle standaard of kwaliteit is nie - joernaliste en rubriek skrywers wend nie eers die poging (1km draai) aan om te kom loer en sien wat ons doen nie - ons pasmaak wapens wat elke part inhuis vervaardig word word geoorskadu deur n vz24aksie, button loop, timney sneller en n ingevoerde kolf. :confused:

Soos Wouter Roets en Papperbeer(Deon) eendag gese het - Beauty is in the eye of the beholder -elke mens het sy persepsie oor wat kwaliteit is en dit is hulle reg.
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Dries101 »

Ralph die oplossing is heel eenvoudig koop n maandlikse advertensie in n jagtydskrif. Die positiewe reviews sal nooit ophou nie. Ek glo letterlik nightforce kan een van daai bruin toiletrol binnekante as n verkyker bemark en joernaliste sal niks negatiefs te se he nie in vrees dat die lewensbloed van advertensiegeld sal opdroog. Het jy al ooit n negatiewe review van Lynx teleskoope gelees? Dit sal ook help om vir n joernalis een van sy wapens oor te doen of self om een vir hom in geheel te bou en skenk. Gee kaans die bogenoemde musgraves sal een of ander tyd as n bargain beskryf word deur n joernalis in n boek waar die ouens bemark.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Geno »

Is dit dieselfde gewere wat Gerrie Smith beweer akkurater as Tikka, Savage et al. is?
Hier: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 6&p=311416

Groete
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by VdWalt »

Het die skiet toets toe ooit gebeur - het ek dit gemis?
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by kopskoot »

Geno

Dis daai gunne ja. Net die groot boeties .

Vd Walt. Ek dink nie die toets het ooit gebeur nie , en Gerrie het ook aanbeweeg. Hy's nou die
" resident expert en spokesperson " by Parrow arms!
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Musgrave groot gewere

Post by DWB »

Wonder hoe hulle 4 x 404 of 500 Jeff rondtes in daai magasyn gaan pas?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Musgrave groot gewere

Post by Pappabeer »

DWB wrote:Wonder hoe hulle 4 x 404 of 500 Jeff rondtes in daai magasyn gaan pas?
Daar is 4 in die Stripperclip pappa!

Het iemand Groot asseblief vir my die ou JJ wapens advertensie wat altyd in die Magnum tydskrifte was? Hy was so n kwart bladsy groot gewees, en hulle het al daar aangegaan oor die kolf wat al die recoil absorbeer. As ek reg onthou was hy ook in so n gemengde "ermelo ghetto" Engels/Afrikaans, met omtrent 17 taalfoute in.

Ek wil hom baie graag onderstebo in my herlaaikamer ophang.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Ralph Badenhorst
Hero Member
Hero Member
Posts: 869
Joined: Tue Nov 06, 2012 2:38 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Ralph Badenhorst »

Pappabeer wrote:
DWB wrote:Wonder hoe hulle 4 x 404 of 500 Jeff rondtes in daai magasyn gaan pas?
As ek reg onthou was hy ook in so n gemengde "ermelo ghetto" Engels/Afrikaans, met omtrent 17 taalfoute in.
;D ;D dit is al manier hoe ons kan vrou-vang :laugh:

Groete

R jr
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Capt. Yoda »

VdWalt wrote:Het die skiet toets toe ooit gebeur - het ek dit gemis?

Ahhhh dit was n goeie draat daai. So ver ek weet gaan die toets aan sodra almal tyd het om by mekaar te kom.My plek is dam geboek as eye witness ma ek dink nie daar gaan van daai rowwe k98 snipers wees nie.

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... t&start=25
Die skiet gaan aan, dit is gereel vir Oktober/November. Gauteng, onafhanklike Protea Benchrest skut gaan skiet. Koos Barnard is daar vir die artikel. Krokodilspruit sal die plek wees. Soos julle se, gewere is van die rak af. Almal het presies dieselfde picatiny rails, ringe en NF scopes met dieselfde vegrotings op. 3 soorte fabrieksammunisie en 3 soorte gelaaide ammunisie met 70gr BT, 87gr v max of berger en dan 95gr. 300m sal die afstand wees em daar sal 2 (5skoot groeperings) met elke patroon lading geskiet word. Dus 60 skote per roer. Kaliber is 243 Win.

As daar van julle manne is wat die dag wil bywoon, kontak my asb by willem@so.co.za

Sover:
Tikka super varmint
Sako varmint laminate stainless
Steyer ssg
Howa varmint
Sauer wolverine
Savage LRP
Weatherby vanguard series 2 RC varmint
Remington 700 VLS
Dan probeer ek nog al die ander vervaardigers kry om deel te neem.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Musgrave groot gewere

Post by Wouter Roets »

Hallo Dries

Ek deel jou sentimente 100%. Ek sal ook hierdie so bietjie verder vat en se dat die gevoel is dat wapenvervaardigers oor die algemeen so bietjie die dam onder die een uit ruk as dit kom by grootkaliber gewere. Dit is verseker die gevoel dat hierdie manne kanse vat met die roere gegewe die aplikasie en eienaars daarvan. Ek verstaan absoluut dat daar meer tyd in gaan in veral die voer en magesyne as dit by die tipe van gewere kom, maar ek kry verseker nie in my brein die pryse en die werk wat gedoen is by mekaar nie.

n Mens kan maar net so bietjie op die net gaan kyk na Kilimanjaro Doctari reeks gewere, Ryan Gosling se gewere en Rigby se nuwe reeks om te sien dit is niks snaaks om hier by R200 000 te begin vir n standard geweer nie. Die ekstras wat so lank soos my length of pull is kan maklik nog die prys laat verdubbel. Nou as jy vat en jy begin bv by die uitstekende CZ gewere en laat hulle optof met n mooi stukkie hout en die nodige werk aan die aksie om hom seepglad te laat voer en met sights van jou keuse, moet jy redelik tekere gaan om by die R50 000 merk uit te kom.

Ek persoonlik sal niemand nie die genot wegneem om die wapen te koop wat sy hartsnare warm maak in die aande nie. Ek kan wel nie die belofte maak die aand om die kampvuur dat ek nie iets te se gaan he as hy sy naamgeweer probeer beter afmaak as my run of the mill Ruger met so bietjie optof werk nie!

Oor die aanvoelbare recoil waaroor julle gepraat het is dit darem nie so vergesog om te se dat sekere aspekte wel hierdie saak kan aanspreek nie. Om n spesifieke persentasie daaraan te koppel is dalk wel so bietjie voor op die wa. Net n breer recoil pad maak verseker n groot verskil al in die aspek.

Groetnis
Wouter
Post Reply