Page 1 of 1

Piet Breedt - Tiervis

Posted: Tue Oct 14, 2014 7:50 am
by Geno
Piet Breedt se tiervis storie:

Ek was bevoorreg om verlede Donderdag saam te gaan op n Tiervis ekspedisie. Dit was in n rivier, maar ek mag ongelukkig nie noem waar dit was nie.

Ons het sommer lekker baljaar onder hulle en n paar grotes het kom hoek vat. Maar soos dit maar met Tiervisse gaan, is jou "hook up rate" seker maar net 15 - 20% en het ons baie vis verloor, so paar grotes ingesluit

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Dit was vrek warm en bedompig, selfs my wit winters bene kon nie die son trip nie.

Image

Re: Piet Breedt - Tiervis

Posted: Tue Oct 14, 2014 8:15 am
by JuanPaul
Dit lyk of dit baie lekker kon wees! en `n mooi vis daai! Geluk man.

Re: Piet Breedt - Tiervis

Posted: Tue Oct 14, 2014 8:16 am
by VdWalt
Baie mooi visse daai!! Baie geluk.

Ps - ek hou van die keuse van back-up geweer... hoe groot word
die visse in daai rivier?

Re: Piet Breedt - Tiervis

Posted: Tue Oct 14, 2014 8:20 am
by G-force
Ek wil nie eers kyk nie!Baie geluk.

Re: Piet Breedt - Tiervis

Posted: Tue Oct 14, 2014 8:21 am
by Piet Breedt
Op n vorige trip daarheen, het ek n paar lepeltjies verloor met groot visse wat geen ontsag getoon het vir my 19 pond lein op my baitcasret katrolle. Hierdie keer het ek hulle aangevat met 50 pond Braid met n Fluorocarbon leader van so 1,5m.

Daar is baie rotse en riete in die water, en jy moet keer dat dit bars om die tiere daaruit te hou as hy aan is.

Ek ry eerskomende Donderdag weer Komatipoort toe met my boot. Ons het toestemming om op die Komati rivier te vang by boere wat ons ken. Daar is sulke groot keerwalle in die rivier wat dan sowat 2km opdam en waar die boot kan vaar. Ek kan nie wag nie.

Re: Piet Breedt - Tiervis

Posted: Tue Oct 14, 2014 8:26 am
by Piet Breedt
Dankie manne, Vd Walt, jou oe is weer te skerp vandag. Daar is groot visse daar. Die grootste wat ek van weet wat n vriend van ons in een van die riviere waar hierdie een by aansluit, slegs n paar kilometer van waar ons gevang het, gevang het, was amper 9kg gewees.

Re: Piet Breedt - Tiervis

Posted: Tue Oct 14, 2014 8:27 am
by DWB
Baie mooi!

Ek wil ook nog met die 404 oor die skouer gaan visvang :D

Die plathonde moes mens seker ook maar voor koes.

Re: Piet Breedt - Tiervis

Posted: Tue Oct 14, 2014 8:34 am
by Piet Breedt
Ja, daar is moerse plathonde en mens moet maar fein kyk en versigtig wees.

Re: Piet Breedt - Tiervis

Posted: Tue Oct 14, 2014 10:49 am
by Rasmus
Geno / Piet

Wat se lepels het julle gebruik?

Groete
Rasmus

Re: Piet Breedt - Tiervis

Posted: Tue Oct 14, 2014 10:36 pm
by Piet Breedt
Sensation se Tiger Spoon 17gr flapper in rooi koper kleur.
Stock Code 430017

Re: Piet Breedt - Tiervis

Posted: Wed Oct 15, 2014 5:41 am
by Frederik
Ek wil ook graag tiertjies vang eendag baie netjies en paar mooi visse daar.

Re: Piet Breedt - Tiervis

Posted: Wed Oct 15, 2014 11:36 am
by Piet Pille
9kg Tiere!!!! :): :o :): :o

Ek het net gisteraand 'n bloeiende maagseer ontwikkel toe ek na Petri de Wet by Barotsi moes kyk op "Hier gaan ons alweer" en nou nog hierdie ook!!

'n 20-ponder is 'n een-in-'n-leeftyd tier en ek hoop die vooreg val my ook eendag te beurt!

Terloops- watter knoop gebruik oom om die braid en floro te verbind? Ek het al paar probeer maar is nie baie ingenome nie.... help nie die braid is 50lb en die die knoop net 15lb nie.

Re: Piet Breedt - Tiervis

Posted: Wed Oct 15, 2014 11:45 am
by 375fanatic
Piet Breedt wrote: Ek ry eerskomende Donderdag weer Komatipoort toe met my boot. Ons het toestemming om op die Komati rivier te vang by boere wat ons ken. Daar is sulke groot keerwalle in die rivier wat dan sowat 2km opdam en waar die boot kan vaar. Ek kan nie wag nie.
Piet ek het gedink dis daar en julle het hierdie visse in die wildtuin gevang :laugh:

daar is mooi plekke in die Komati het as laaitie daar laas gevang

geniet dit en groete vir sproete

Re: Piet Breedt - Tiervis

Posted: Wed Oct 15, 2014 9:08 pm
by Piet Breedt
ons het by n plek genaamd tightlips.com ge hengel

Re: Piet Breedt - Tiervis

Posted: Wed Oct 15, 2014 9:13 pm
by Rasmus
Dankie vir die inligting

Re: Piet Breedt - Tiervis

Posted: Thu Oct 16, 2014 6:33 am
by henning
Is tiervis n eetbare vis en hoe smaak dit?

Groete
Henning

Re: Piet Breedt - Tiervis

Posted: Thu Oct 16, 2014 3:51 pm
by Piet Pille
henning wrote:Is tiervis n eetbare vis en hoe smaak dit?

Groete
Henning
Jy kan hom eet, maar hy het baie fyn graatjies en die vleis is nie besonders geurig nie. As jy lus het om te sit en sukkel om al die fyn graatjis uit te haal, maak hy lekker viskoekies. Beter om hulle maar weer terug te sit.
'n Roofkurper (Nembwe) aan die ander kant is koningskos - seker van die lekkerste varswatervis wat ek al geeet het. Jy braai hom soos galjoen (oopgevlek vanaf die rugkant) op die kole- hy kook ook soos galjoen in sy eie vetjies! Met suurlemoen, growwe sout en swartpeper...... my broer!!

Re: Piet Breedt - Tiervis

Posted: Thu Oct 16, 2014 5:20 pm
by Marc
Jis Oom Piet, ek sal n aar bars ;D

Dit lyk flippen lekker man, ek hou maar net duim vas ek kan ook eendag so streepie aankeer, dit moet vrek lekker wees !

Baie geluk !