Page 1 of 1
Jakkals gedrag in sterk wind
Posted: Sat Oct 18, 2014 7:18 pm
by Cobus(Cobb)
Die wind was gisteraand tussen 4 m/s en 8 m/s, dit was duidelik dat die klank weggewaai het in die wind. en was maar overal lekker moeilik. 2 reuns het nie teruggegaan huis toe na hulle curfew nie.
Wat my wel opgeval het is die spoed waarmee jakke deur die veld beweeg het, ek het seker 8 gesien en 5 van hulle probeer stop, maar hulle kyk net in jou rigting maar verander nie eers spoed nie. Dit het gelyk asof hulle ongemaklik in die wind was, daar was ook geen spontane jakkalsroepe of terug roep op my roep nie. Die veldhase en steenbokke was egter volop maar kieweite was weer missing.
Ek sorg maar dat ek my weersaande beter kies, maar gisteraand was vas gereel en ek moes maar deurstoot, so ek het maar min kennis van jakke in sterk, poefie wind.
Was hulle gedrag agv die wind of was dit maar net 'n badluck aand?
Ek luister om te leer
Cheers
Re: Jakkals gedrag in sterk wind
Posted: Sat Oct 18, 2014 7:28 pm
by Heinz Petersen
Ek wag ook vir die een.
Re: Jakkals gedrag in sterk wind
Posted: Sat Oct 18, 2014 7:53 pm
by cassie_calvinia
as ek kan waag om te se...
nr een, dink ek die jakkalse skree wel, maar jy hoor hul net nie in die wind nie. dit is hoekom ek nie hou van sterk wind nie. want, as ek hom nie kan hoor nie, kan die landy hom nie gaan soek nie!
hoe stop jy jakkalse? 'n jakkals roep stop daai kalante noggal lekker wat so is.
as wind sterk is, speel jou hasie bietjie harder.
maar ek het al 'n jakkals baie ver sien inkom in wind, al is die hasie sag.
jy moet 'n slag hier kom jag, dalk kry jy die klomp mis geskiete goed van my geskiet!!
Re: Jakkals gedrag in sterk wind
Posted: Sat Oct 18, 2014 8:00 pm
by Heinz Petersen
Cassie ek is besig om te laai. Ek sit so twee vuurhoutjie koppies by vir ekstra oktaan.
Re: Jakkals gedrag in sterk wind
Posted: Sat Oct 18, 2014 8:04 pm
by cassie_calvinia
ek is self besig om te prime nou. sal more kruid gooi...
Re: Jakkals gedrag in sterk wind
Posted: Fri Oct 24, 2014 2:39 pm
by Pieter
Al wat ek weet is dat jakkie ver onderkant die wind kom loer wat aangaan, so ek bly by die huis
groetnis
Pieter
Re: Jakkals gedrag in sterk wind
Posted: Fri Oct 31, 2014 6:04 pm
by prohunt
Ek deel net my onlangse ervaring. Ek het verlede week 'n jakkals gaan voorsit in 'n skaapkamp waar hy drie aande na mekaar gevang het. Ek het vir die boer gesê die toestande is glad nie reg nie maar hy het aangedring ek moet maar kom probeer en daarom het ek teen roep en liewer op die voorsit besluit. Die wind was van vroegaand af sterk en teen so net na 02:00 die oggend het die wind absoluut stormsterk begin waai en dit het yskoud geraak. Dit was seker die onplesierigste nag vir my in 'n baie baie lang tyd. Ek het kouer gekry as wat ek enige nag in die winter gekry het. Die bakkie het ook geruk soos die wind waai en skiet was byna onmoontlik. Ek het egter vasgebyt want ek wou nie 03:00 of 04:00 oppak en dan bel die boer my en sê die jakkals het in dieselfde kamp gevang nie.
In elk geval niks het gebeur nie en ek was oortuig geen jakkals gaan in daardie toestande nog kom vang nie.
Soos julle kan raai, ek het die jakkals om 04:45 (die dag het al begin breek) geskiet terwyl hy besig was om 'n lam dood te byt. Gelukkig het hy dwars na my gestaan met sy voorlyf plat op die grond/lam en boude in die lug wat vir my 'n groter teikenarea gegee het as wanneer hy vir jou kyk.
Soos Taffie altyd sê: "Vlekkie stel nie teleur nie".
Wat die lekkerste is, is dat ek vanoggend met die boer gepraat het en daar is nou vir die afgelope agt nagte niks gevang nie.
Ek het gisternag weer 'n rooikat met die fluitjie in ook 'n byna stormsterk wind ingeroep. Ek sou nie onder sulke omstandighede gaan jag het nie maar was klaar op die plaas waar ek ook die vorige nag gejag het, so het vir die boer gesê ek sal maar gaan probeer al is die toestande so sleg.
So my opsomming. Dis nie ideaal om onder sulke omstandighede te gaan jag nie, maar daar is steeds goed wat rondloop en as jy op die regte tyd op die regte plek is gaan jy steeds iets skiet. Dis net baie moeilik om onder sulke toestande te roep en akkuraat te skiet. Nie aan te beveel nie maar as die kalf in die put is en die geduld tou is lank genoeg kan jy maar probeer. Soms werk dit soms nie.
Groete
Johan
Re: Jakkals gedrag in sterk wind
Posted: Fri Oct 31, 2014 8:08 pm
by pieter h
Goed gedoen Johan.Geduld help baie.As jy nie uitgaan gaan jy nie daar wees as die jak sy fout maak nie.
Re: Jakkals gedrag in sterk wind
Posted: Sat Nov 01, 2014 8:18 am
by Jakkie 321
Laat my dink aan my jong dae. Meeste skool vakansies na my Oupa gegaan in Stilbaai langs die see. Meeste oggende vir hom gevra dink Oupa ek gaan vandag n fisvang en sy antwoord was altyd as jy nie n lyn in die water het nie gaan jy nie vang nie.
Mooi gedoen Johan, nou wanneer het jy weer gese gaan ek saam met jou
Groette
Re: Jakkals gedrag in sterk wind
Posted: Sat Nov 01, 2014 8:34 am
by prohunt
Jakkie dis erg genoeg om onder sulke omstandighed stil in daai stoel te sit, wat nog te sê voor in die bakkie waar jy nie eers gaan sien hoe die "niks" heelnag gebeur nie

Re: Jakkals gedrag in sterk wind
Posted: Sat Nov 01, 2014 8:37 am
by Jakkie 321
Kan darem maar met my ore ook steel
Groette