Page 1 of 1

Soek ook hulp met jakkals skiet

Posted: Mon Oct 20, 2014 7:52 pm
by JK
Ek het n roeper gekoop, en nou die aand bietjie gekyk wat gebeur. Ek was alleen, so lig (gewone spot light) en geweer gelyktig werk nie. Het skape, en lammers laat bler, so 10 min uitmekaar vit n min of twee, en toe swart rug jakkals laat roep, toe antwoord die die jakalse rondom my. Net een paar oe gesien, so 30m van die roeper gesien, maar toe die lig op hom skyn het hy weg beweeg, maar kon dalk n skoot ingekry het as ek hulp gehad het.

Vraag, wat se lig sal werk in my geval, en hoe dikwels word gelig, en hoe kombineer mens die goed, sonder skietstoel en al daai fensie goed, en hoe lank moet mens roep.

Sorry dit is seker alles hier iewers, maar ek vra maar weer. ;D

Re: Soek ook hulp met jakkals skiet

Posted: Mon Oct 20, 2014 8:03 pm
by Pvdw
JK daar is nou maar net 1 manier en dis die regte manier. Lig met dimmer wat op scope of direk op stoel monteer en stewige skietstoel of skietraam.

Om al die nodige toerusting anders te probeer hanteer is om jou eie tyd te mors en klompie jakke graad te gee. D

Dis maar hoe almal begin.

Re: Soek ook hulp met jakkals skiet

Posted: Mon Oct 20, 2014 9:01 pm
by jaracal
Jy kan die volgende topics lees en Lightforce scopelig is die beste om alleen uit te gaan. Lig elke 40 sekondes.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=93&t=30 en http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=93&t=280

Groete

Re: Soek ook hulp met jakkals skiet

Posted: Mon Oct 20, 2014 9:29 pm
by Heinz Petersen
JK, my voorstel is om n kursus te doen saam met manne wat weet en al baie skoolfonds betaal het. Ek mag nou verkeerd wees,maar as jy jakkalse gaan jag sonder die nodige kennis veroorsaak jy meer probleme vir jou self en die plase om jou. Ek het ook n kursus gaan doen en dit gaan nou baie beter. Weet nog nie alles nie en ek weet ek gaan ook nog skoolfonds betaal.

Re: Soek ook hulp met jakkals skiet

Posted: Mon Oct 20, 2014 9:50 pm
by JK
Dankie so ver, sal maar moet so n scope lig kry.

Heinz, nee wat die bees boere worry nie die klein ongediertes nie. Ek ook nie juis nie, maar die wetters klim in my skaap kraal by die huis, hulle het agter gekom die hond is nie meer daar nie. Tot tyd en wyl alles weer normaal is moet ek maar bietjie roei onder hulle.


.

Re: Soek ook hulp met jakkals skiet

Posted: Tue Oct 21, 2014 8:01 am
by Abrie Smit
JK, Francois Marais is besig om 'n kursus te reël in Windhoek wat moet afkom binne die volgende maand. As jy nie sy kontak nr het nie, bel my dan gee ek dit vir jou. Praat met hom oor die relings. 'n kursus is "money wel spent". My nr 063 - 222888.

Re: Soek ook hulp met jakkals skiet

Posted: Tue Oct 21, 2014 5:42 pm
by JK
Dankie, Sal bel

Re: Soek ook hulp met jakkals skiet

Posted: Thu Oct 23, 2014 10:56 am
by Arno Pienaar
KURSUS NR1 !!!!

Re: Soek ook hulp met jakkals skiet

Posted: Thu Oct 23, 2014 5:44 pm
by JK
Arno Pienaar wrote:KURSUS NR1 !!!!


29 November ja maar is nie nr 1 nie ;D