Page 1 of 1

volstruis skouer montering

Posted: Wed Oct 22, 2014 12:38 pm
by douw
Wat dink jul hiervan?

Re: volstruis skouer montering

Posted: Wed Oct 22, 2014 1:05 pm
by douw
Ek sien almal kyk, maar niemand wil antwoord nie? Help asb

Re: volstruis skouer montering

Posted: Wed Oct 22, 2014 1:07 pm
by DWB
Lyk baie mooi

Re: volstruis skouer montering

Posted: Wed Oct 22, 2014 1:18 pm
by DJC
Was seker 'n bladskoot? >:D

Re: volstruis skouer montering

Posted: Wed Oct 22, 2014 1:18 pm
by Frikkiedbr
nee dis nie vir my nie dankie, misken bietjie meer lyfie ++>:

Re: volstruis skouer montering

Posted: Wed Oct 22, 2014 1:20 pm
by douw
Ek het 'n wyfie ook geskiet, kopskoot, met 'n 70gr ballistic tip. Ek dink nie die taxidermis sou iets daarmee kon doen nie!

Die mannetjie het 'n vriend geskiet, en die foto het ons vandag vanaf die taxidermis gekry. Is nie seker of dit mooi is, of daar dalk iets skort nie?

Re: volstruis skouer montering

Posted: Wed Oct 22, 2014 1:22 pm
by Frikkiedbr
Daai vere wat so uit steek lyk nie lekker nie, soos jy sê iets is kort.
Miskien sy bene shame

Re: volstruis skouer montering

Posted: Wed Oct 22, 2014 1:24 pm
by DJC
Ek dink ook kon dalk bietjie meer been wys, maar dis maar persoonlike smaak. Is die ander helfte van die wyfie opgestop na die kopskoot >:D

Re: volstruis skouer montering

Posted: Wed Oct 22, 2014 1:43 pm
by Boesman10
Sjoe - hierdie mount is nie vir my huis nie. Dit lyk freaky. Miskien sal dit beter wees as die montering op 'n pedestal staan as wat dit teen die muur is. Dan sal daar iets wees wat dit "anker".

Re: volstruis skouer montering

Posted: Wed Oct 22, 2014 1:44 pm
by VdWalt
Lyk of hy deur 'n gat in die muur probeer klim.

Re: volstruis skouer montering

Posted: Wed Oct 22, 2014 2:18 pm
by Willie
Ek dink die borsbeen is weg

Re: volstruis skouer montering

Posted: Wed Oct 22, 2014 2:24 pm
by DJC
Ja nee kyk dit is nou presies wat sal gebeur as 'n volstruis probeer vlieg in 'n residensiële area

Re: volstruis skouer montering

Posted: Wed Oct 22, 2014 2:27 pm
by douw
http://www.thetaxidermystore.com/media/catalog/product/cache/1/image/402x401/9df78eab33525d08d6e5fb8d27136e95/o/s/ostrich-shoulder-taxidermy-mount-_13018-for-sale-_-the-taxidermy-store.jpg

Re: volstruis skouer montering

Posted: Wed Oct 22, 2014 2:27 pm
by douw
Almal wat ek op die internet kry, lyk ook so, sonder 'n borsbeen?

Re: volstruis skouer montering

Posted: Wed Oct 22, 2014 3:51 pm
by J le Roux
Lyk vir my beter as hy darem bietjie vlerke optel, kyk maar self..

Re: volstruis skouer montering

Posted: Wed Oct 22, 2014 3:54 pm
by Frikkiedbr
Le Roux moet ook sê dit lyk baie beter

Re: volstruis skouer montering

Posted: Wed Oct 22, 2014 9:50 pm
by Charles.308
Douw
HEt jy nog sy been kloue, die 3 tone tot enkel maak mooi bedligte wat op afrika shape houtplankie.
Charles

Re: volstruis skouer montering

Posted: Wed Oct 22, 2014 10:49 pm
by Pappabeer
Dit is ongelooflik lelik...

Laat liewers die vel looi en maak n mooi item van die leer as jou trofee

Re: volstruis skouer montering

Posted: Thu Oct 23, 2014 7:35 am
by Hilux01
+1 op Pappabeer

Die alternatief is n full mount

Re: volstruis skouer montering

Posted: Thu Oct 23, 2014 7:44 am
by OMarais
+2 op Pappabeer

Dalk mooi paar skoene of handsak

Re: volstruis skouer montering

Posted: Thu Oct 23, 2014 8:00 am
by andre007
douw wrote:Wat dink jul hiervan?
Hier in ons kontrei gaan hy laataand met die haelpomp bygekom word na die manne te veel brannas inhet ;D

Re: volstruis skouer montering

Posted: Thu Oct 23, 2014 9:35 am
by douw
Ja nee Le Roux. die wat jy opgesit het lyk heelwat beter.

Ek het my velle laat looi. my vriend wou egter so "shoulder mount" hê, maar ons nou nie so gelukkig met die een nie..

Groete
Douw

Re: volstruis skouer montering

Posted: Thu Oct 23, 2014 9:38 am
by Frikkiedbr
Vra dat daai oompie die vere lig, dit lyk beter.
Sal nie soos 'n roeiboot lyk nie ++>:

Re: volstruis skouer montering

Posted: Thu Oct 23, 2014 10:29 am
by Riaan Kriel
Lyk of vollie met 'n groot spoed die muur getref het, sy kop en vlerke kon deurkry en nou sukkel om die res van sy lyf ook deur die gat te kry ;)