Page 1 of 1

.223 Prvi Partizan Soft Point ?

Posted: Fri Oct 24, 2014 8:04 am
by VdWalt
Ek het van die patrone by S&O op hulle special gekoop om my geweer
se loop in te skiet. Op 100m het ek so 2 duim groepering met hulle gekry....
hier teen die einde van die inbreek proses. Dit is groter as wat ek
verwag het. Nou weet ek nie of dit die geweer of ammo is nie en of
dalk hou die geweer net nie van die ammo nie.

Het iemand anders hulle al gebruik - moet ek klaar begin worry oor my geweer
se akkuraatheid of moet ek eers worry as ek my eie gelaaide patrone skiet
en hy dan nog nie so groep nie?

Reeds 50gr VMax gelaai vir die naweek maar daai hol kol op die maag is maar daar.

Re: .223 Prvi Partizan Soft Point ?

Posted: Fri Oct 24, 2014 8:11 am
by Ratel
Ek sou intussen seker maak alles wat moet vas is vas en die loop raak nie iewers nie. Dan sou ek lading ontwikkel en kyk of die groepering verbeter. My 223 hou bv nie van PMP rak ammo nie en groepeer nie waffers met hulle nie maar met self gelaaide ammo skiet hy gereeld klawers.

Re: .223 Prvi Partizan Soft Point ?

Posted: Fri Oct 24, 2014 8:31 am
by Capt. Yoda
VdWalt my pa gebruik hulle vir tabelle skiet in sy 300WM en in daai geweer is dit die akuraatste fabriek ammo wat ek nog mee geskiet het (PMP bruin boks skiet weer amper 2 duim groepe) maar in sy 308 skiet hulle ook so 1.5duim waar Winchester se Super X weer in daai roer 1 gatjie skiet.Skiet daai wat jy gekoop het om jou loop in te breek en dan probeer jy daai Vmaxe.As jy nou glad nie met self gerolde ammo reg kom nie sou ek eers begin worry maar ek dink jy bekommer jou oor niks

Re: .223 Prvi Partizan Soft Point ?

Posted: Fri Oct 24, 2014 8:48 am
by Pvdw
My 223 skiet Federal ammo soos 'n haelgeweer groep. Meeste handladings loop mooi. Ek dink vir eers loop haal jy die bobejaan agter die bult. Biter min gewere hou van alle rak ammo.

Re: .223 Prvi Partizan Soft Point ?

Posted: Fri Oct 24, 2014 9:09 am
by musgrave270
vdwalt

Ek het my 223 ook ingeskiet met dit. Ek het nou nie probeer groepeer nie maar dit was maar 'n rond en bond skietery. Ek glo nie daar is fout met jou geweer nie.

groete
Ruan

Re: .223 Prvi Partizan Soft Point ?

Posted: Fri Oct 24, 2014 9:13 am
by VdWalt
++>: ++>: ++>: ++>: Dis wat ek wou hoor !!!

Ek sal julle laat weet wat met die Vmaxe gebeur.

Re: .223 Prvi Partizan Soft Point ?

Posted: Fri Oct 24, 2014 9:17 am
by musgrave270
Jy moet net nie die Privi doppe weggooi nie, hulle werk lekker, anders moet jy hulle in my asblik weggooi

Re: .223 Prvi Partizan Soft Point ?

Posted: Fri Oct 24, 2014 9:35 am
by VdWalt
musgrave270 wrote:Jy moet net nie die Privi doppe weggooi nie, hulle werk lekker, anders moet jy hulle in my asblik weggooi
++>: Nee jammer - ek gebruik hulle om net eers seker te maak ek kry die nuwe neck sizer onder beheer
voor ek na duurder doppe toe oor gaan. ek gebruik hulle doppe in my 300wm en hy skiet baie
lekker met hulle.

Ek het die skouer 0.001 terug gebump en die nekke tot net voor die skouer gesize. Hulle voer maklik in die
kamer en die slot maak maklik toe, so ek glo ek het alles reg gedoen volgens die boek en Pierre by SO se
vinnige lessie.

Re: .223 Prvi Partizan Soft Point ?

Posted: Fri Oct 24, 2014 9:08 pm
by Alwin
Daai Prvi ammu is presies dieslefde goed as die Highland ammu. Net die kopstempel verskil soms en natuurlik die drukwerk op die verpakking.

My 223 het ook maar 2" op 100m geskiet met daai patrone, maar baie beter met herlaaides.

As ek nou reg onthou, was daar 'n klompie jare terug, 'n Highland groeperingskompetisie. Skuts moes 2 x 3-skoot groeperings skiet, en dan is die gemiddeld bereken. Die 223 wengroep, was ook maar baie vrot. Nie goeie advertensie nie. Van die ander kalibers het baie beter gedoen.

Hou die doppies!

Re: .223 Prvi Partizan Soft Point ?

Posted: Sat Oct 25, 2014 12:31 pm
by VdWalt
Whoo haaa!! Vanoggend gou met die self gelaaide patrone gaan skiet
om te kyk wat die spoed is. 3 x 4 skoot groepe geskiet en die laaste 2 groepe
sou 8 skote in 29mm gesit het.

Die vinnigste groep was 19mm vir 4 skote.

Re: .223 Prvi Partizan Soft Point ?

Posted: Wed Oct 29, 2014 10:30 am
by dehacked
Geluk man. Wonder hoeveel manne dink hulle het 'n ui gekoop as hulle sommer by die eerste pakkie winkel patrone ophou. My roer skiet byvoorbeeld glad nie goed met Remington maar hou weer van PMP.

Re: .223 Prvi Partizan Soft Point ?

Posted: Wed Oct 29, 2014 10:40 am
by musgrave270
Geluk. Is dit met 'n Howa?

Re: .223 Prvi Partizan Soft Point ?

Posted: Wed Oct 29, 2014 10:46 am
by VdWalt
Met 'n CZ

Re: .223 Prvi Partizan Soft Point ?

Posted: Thu Oct 30, 2014 7:07 pm
by Alwin
My persoonlike ondervinding, met my Zastava geweer, is dat hy lekker werk en groepeer, naby aan max lading, met S321 en 50 gn koeëls. 0,5 gn bokant akkurate lading, dan slaan my slagdoppies deur. 0,5 gn laer, dan groep hy swak. En die lading is natuurlik nie dieselfde vir die verskillende lotte kruit en verskillende konstruksie koeëls nie. Maar jou geweer kan dalk ander voorkeure hê.

Re: .223 Prvi Partizan Soft Point ?

Posted: Fri Oct 31, 2014 3:27 pm
by Giepie
Het van die Prvi 150gr patrone vir die 270 gekoop, vir oefen en doppe. Ek was nogal beïndruk met hulle akkuraatheid, het ongelukkig nie my chrony gereed gehad nie, maar skiet toe waar my herlaaide 130gr koeëls val.

Hoe goed werk die koeëls, soos PMP s'n?

Re: .223 Prvi Partizan Soft Point ?

Posted: Fri Oct 31, 2014 8:34 pm
by VdWalt
Ek dink dis maar gewone cup en core soos pmp koeels. Daar is 'n youtube video waar hulle met
die 223 in gelatine skiet ek was verbaas oor hoe doe koeltjie bymekaar gebly het.