Page 1 of 2
Bosveld Pos Jag Safaris
Posted: Sat Mar 26, 2011 7:26 am
by Espial
More almal
Die van julle wat belangstel.
Plaas is tussen Roetan op die pad na Marble-Hall.
My kalender is nog oop vanaf eerste naweek in Junie tot einde jag seisoen.
Biltong jagters is altyd welkom, en dan vir die wat daai ultimate trofee soek, jy gaan hom kry!
Die jagkamp gaan vrou en kind welkom laat voel.
Alle geriewe op plaas, bring net kos en drank, YS!!! nie nodig, dit maak ons daar!!
PM my gerus vir voledige pryslys!
P
Re: Bosveld Pos Jag Safaris
Posted: Sat May 21, 2011 6:33 am
by Fernando
stuur asb. vir my a pryslys ...
Dankie
Re: Bosveld Pos Jag Safaris
Posted: Sun May 22, 2011 9:14 am
by driesdup
stuur pryslys asb en tye wat nog oop is vir jag
Re: Bosveld Pos Jag Safaris
Posted: Thu Jun 09, 2011 12:12 am
by coco
Hallo Espial
Stuur asseblief die volgende inligting
1. Naweke beskikbaar in Julie en Augustus
2. Wild tipes beskikbaar
3. Pryslyste van wild en ander fooie
4. Omskrywing van geriewe en hoeveel mense geakkomodeer kan word.
Groete
Re: Bosveld Pos Jag Safaris
Posted: Sun Jun 12, 2011 8:07 am
by henslin
Hallo Espial
Stuur asseblief die volgende inligting
1. Naweke beskikbaar in Julie en Augustus
2. Wild tipes beskikbaar
3. Pryslyste van wild en ander fooie
4. Omskrywing van geriewe en hoeveel mense geakkomodeer kan word.
Dieselfde na my toe ook asb Espial.
Boogjag moontlik ?
Groete
Hannes
Re: Bosveld Pos Jag Safaris
Posted: Wed Jun 22, 2011 6:10 pm
by Hendrik 1
Hi
Stuur asb vir my jou pryse,en wil net graag weet het jul oop plek vir om en by die 9julie.
Groete Hendrik (
hendrik@soteriafs.co.za)
Re: Bosveld Pos Jag Safaris
Posted: Tue Jul 19, 2011 7:27 pm
by ghoon
Hi
Stuur asb pryse en wild beskikbaar.
Boogjag,muzzleloader toelaatbaar.
Naweke beskikbaar vanaf 22 julie tot einde van seisoen.
Dankie
Ghoon
Re: Bosveld Pos Jag Safaris
Posted: Wed Jul 20, 2011 7:56 am
by BLOK
Lyk vir my hier is weer n kalant wat net kom adverteer en dan weer verdwaal op pad huistoe.
Blok
Re: Bosveld Pos Jag Safaris
Posted: Fri Jan 06, 2012 8:34 am
by JJVR
BLOK wrote:
Lyk vir my hier is weer n kalant wat net kom adverteer en dan weer verdwaal op pad huistoe.
Blok
Ja nee, dit maak dit moeilik vir 'n mens as jy jagplek soek vir die jaar.....ek sal maar plek soek nader aan die huis.
Die man soek besigheid maar adverteer nie baie goed nie.
Re: Bosveld Pos Jag Safaris
Posted: Fri Jan 06, 2012 8:45 am
by GERT vd M
Het vir die man n pm gestuur en gevra of daar jag beskikbaar is vir 2012
GROETNIS
GERT
Re: Bosveld Pos Jag Safaris
Posted: Fri Jan 06, 2012 11:12 am
by Geno
Wat ek wil weet:
Manne adverteer jagplek, maar hulle wil nie hulle pryse opsit nie. Jy moet hulle 'n PM of e-mail stuur vir pryse.

?????
Re: Bosveld Pos Jag Safaris
Posted: Fri Jan 06, 2012 11:26 am
by Pvdw
Geno daai man is 'n gonner. Maart laas op die forum.
Ek sien die kwaai man wat met Dok vasgehaak het so maand of wat terug is ook nou dormant
Baie manne kom en gaan,forum lede staan al by 1500. Net so klompie van manne wat regtig bly en die kern laat groei. Moet darm s? dis
goeie manne.
Peet
Re: Bosveld Pos Jag Safaris
Posted: Fri Jan 06, 2012 11:30 am
by Geno
Ek sien daai ding Peet, maar ek bedoel dat daar 'n paar advertensies is op die forum waar manne nie pryse wil noem nie.
Hulle wil my en jou besigheid he, maar ons moet PM's rondstuur om pryse te kry.
Sit die prys op, ek besluit of ek daar wil jag of nie, en ek kontak jou om te hoor vir datums as ek belangstel. Maklik soos dit.
Groete,
Eugene
Re: Bosveld Pos Jag Safaris
Posted: Fri Jan 06, 2012 11:31 am
by Beer (Christo)
Hoor, hoor Geno
Stem saam
Re: Bosveld Pos Jag Safaris
Posted: Fri Jan 06, 2012 11:32 am
by Pvdw
Stem 100% saam. Die tipe hit and run ads bly maar 'n probleem. Pryse of nie.
Re: Bosveld Pos Jag Safaris
Posted: Fri Jan 06, 2012 11:36 am
by molopohunter
Ai, nou laat jy my sleg voel.
Ek sit nie pryse op nie, want die manne wat regtig belang stel, kan jy in kontak mee kom.
Meeste jag maatskapye werk so.
Maar ek stem met die hit and run ding. Manne lees nie altyd die reels raak nie...dalk aspris.
Re: Bosveld Pos Jag Safaris
Posted: Fri Jan 06, 2012 11:42 am
by Beer (Christo)
Sorry Peet,
maar ek darem eers gekyk of jy 'n gereelde member op die forum is voor ek jou pryse gevra het. Ek sien uit na die jag daar.
Van Newbie

Re: Bosveld Pos Jag Safaris
Posted: Fri Jan 06, 2012 12:03 pm
by GERT vd M
Tone trap tyd. Die wat pryse opsit se bv. koedoes R2200- rooibokke R550 en as hulle eers jou aandag het dan is die koedoe bulle R10000 en die rooibok ramme R1500. Teen die tyd dat jy daar uitkom is daar nie meer n enkele ooi of koei oor nie
Die dagfooi is dan sommer R500 vir selfsorg. Dwaal so bietjie af maar die hele ding ruk nou hand uit!!! STENIG my maar
GERT
Re: Bosveld Pos Jag Safaris
Posted: Fri Jan 06, 2012 12:12 pm
by Geno
Gert,
Ek stem saam jou. Dan oor trofees: S? nou maar trofee-rooibok ramme is R1500.00, en die maatstaf is RW minimum.
Nie almal kan horinglengtes skat nie, so wie besluit voor die skoot loop of dit 'n trofee is of nie?
Re: Bosveld Pos Jag Safaris
Posted: Fri Jan 06, 2012 12:17 pm
by BLOK
+1 Op wat Geno se van pryse sit saam met advertensie.
Wat trefee en horing lengte betref sal ek se as dit minimum RW is is dit die jagter se keuse of hy die skoot wil trek of nie. Hy is die man wat deur die scope kyk en moet besluit is hy reg of nie. Wat wel voor die tyd seker gemaak moet word is wat as trofee gesien word op die plaas, een plaas werk op RW ander plaas net op hoe groot die horings vertoon.
Re: Bosveld Pos Jag Safaris
Posted: Fri Jan 06, 2012 2:00 pm
by henslin
Wat my pla is dat baie van die mense vra om inligtig - van daai inligting kom nooit uit nie.
OK. Kom ons maak so:
Ek soek bekostigbare jagplek in die Tzaneen,Gravelotte en Alldays omgewing.
Geweer sowel as boogjag.
Kamptariewe sowel as tipes wild en watter beperkings geld. ( tipe geriewe ens.)
Het 15 om te spandeer.
As jy iets het om te bied ? ( my 15 te probeer vat ) PM my asb. Belowe om jou tarief en inligting net tussen ons te hou.

Re: Bosveld Pos Jag Safaris
Posted: Fri Jan 06, 2012 8:52 pm
by JJVR
Dit is presies een van die redes waarom ek by die forum aangesluit het...om pryse te kry !!!
Om heeltyd te Google is baie tydrowend en meeste jag/safari advertensies is gemik op buitelandse kliente en ek word nie in dollers betaal nie-glimlag ek nou breed !!!
Glo my ek geniet dit hier en gaan nog baaaaie tyd hier spandeer op die forum.
Ek het onder jag Mpumalnga gaan loer en die een post gekry-daarom my post om te vra vir nog kontak nommers vir jag in Mpumalanga waar dit ons gewone landsburgers se sak kan pas.
Re: Bosveld Pos Jag Safaris
Posted: Sat Jan 07, 2012 9:29 am
by molopohunter
GERT vd M wrote:
Tone trap tyd. Die wat pryse opsit se bv. koedoes R2200- rooibokke R550 en as hulle eers jou aandag het dan is die koedoe bulle R10000 en die rooibok ramme R1500. Teen die tyd dat jy daar uitkom is daar nie meer n enkele ooi of koei oor nie
Die dagfooi is dan sommer R500 vir selfsorg. Dwaal so bietjie af maar die hele ding ruk nou hand uit!!! STENIG my maar
GERT

Jy kan nie gestenig word as jy reg is nie...
Ek gaan stem op daai. Baie plekke doen dit. Ek hou juis my dag fooie laag en die pryse wat ek het bly so.
My hoof inkomste is buitelanders...die jag wat ek adverteer is juis vir die suid afrikaner wat uitgebyt word, en iets moet met die vroulikke diere gedoen word.
Baie mense het al gese ons pryse is baie redelik.
Groete,
Peet
Re: Bosveld Pos Jag Safaris
Posted: Wed Jan 16, 2013 1:17 pm
by Coenraad
Goeie dag.Kan ek asb n kontak nr en n pryslys per e-pos kry.Sal baie waardeer.Dankie Coenraad
Re: Bosveld Pos Jag Safaris
Posted: Wed Jan 16, 2013 1:23 pm
by matewis
Coenraad, welkom hier!
Vir wie vra jy, Molopo of Espial? Espial was 'n flyer wat nie sal/kan reageer. Molopohunter kan jou dalk help - stuur vir hom 'n pm dan kom dit direk by hom uit.
Groetnis