Page 1 of 1

Yamaha Rhino 700

Posted: Mon Oct 27, 2014 11:00 am
by DinoF
Goeie Dag

Ek het n Rhino wat op die plaas gebruik word. My swaer het ook een en hy se sy brandstof verbruik draai so by 9km op n liter. Wat effens swaar is in my mening( ek kry so 14)
As daar nog ouens is wat n Rhinos besit kan julle my asb julle ervarings met die voertuigie gee en voel ook vry om te deel as jy bv n nice geweer houer of skietraampie of stoel op joune aangebring het.

Groete

Dino

Re: Yamaha Rhino 700

Posted: Mon Oct 27, 2014 12:55 pm
by 375fanatic
Dino myne kry ook 7km/liter maar dis net as ons landrovers uitsleep :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Yamaha Rhino 700

Posted: Mon Oct 27, 2014 4:13 pm
by Nico Harris
Ek kry tussen 6.5 en 7km/L. Met die chip wat ek op my vorigge een gehaad het het ek 3,5km/L gekry maar dan kan hy darem amper 90km/h ry!

Groete

Nico

Re: Yamaha Rhino 700

Posted: Wed Oct 29, 2014 7:19 pm
by DinoF
Ek nurse maar die rhinotjie maar dit wil lyk of hy dors raak as n ou hom pakgee. Kon dalk n fout met my berekening ook gemaak het.

Dis wel n erg handige ding en net n perd kan gaan op party plekke waar ek met die ou ry. Net jammer hy kan nie n firefighter laai nie. Dit sou mooi gewerk het.

Re: Yamaha Rhino 700

Posted: Wed Nov 05, 2014 5:50 pm
by sscheep
JA die 9km n liter is swaar as jy dit vergelyk met n bakkie.Wat mens wel in gedagte moet hou is dat dit so 1,7 na 1,9 liter per uur is.Waar ons met hulle ry spandeer ons mos baie meer tyd aan n kilometer ::)

Re: Yamaha Rhino 700

Posted: Thu Nov 06, 2014 10:42 am
by DinoF
:laugh: Ja dis heerlik. Ek sien jy is van die Oos-Kaap. Dis juis daar waar ons die rhino leerken het. Ons het daar gaan jag en die ouens het twee 660 rhinos op die plaas gehad. Dit het ons erg beindruk hoe daai ouens drie groot ouens en n koedoe op daai klein voertuigie laai dan klim hy nog berg.

Ek het kontak met die mense verloor maar hulle het destyds van baie beter brandstof verbruik gepraat as wat ons met die 700 kry. Wonder of dit so kan wees.

As jy lus is post bietjie n foto van joune en as jy ekstras op hom gesit het vertel my bietjie. Ek hou daarvan om te sien wat maak die ouens. Ek sal n foto post van myne en my sware sn ook nadat ek weer n slag op die plaas was.

Re: Yamaha Rhino 700

Posted: Fri Nov 07, 2014 8:43 pm
by sscheep
sscheep wrote:JA die 9km n liter is swaar as jy dit vergelyk met n bakkie.Wat mens wel in gedagte moet hou is dat dit so 1,7 na 1,9 liter per uur is.Waar ons met hulle ry spandeer ons mos baie meer tyd aan n kilometer ::)

Re: Yamaha Rhino 700

Posted: Fri Nov 07, 2014 8:57 pm
by sscheep
Nog n foto van bybehorre

Re: Yamaha Rhino 700

Posted: Sun Nov 09, 2014 7:14 am
by DinoF
Het die drywer standaard saam met die rhino gekom of is dit een van die bybehore waarvan jy praat ? Kan hy die lig ook operate en n cooler se deksel werk ? :laugh:

Re: Yamaha Rhino 700

Posted: Wed Aug 26, 2015 10:54 am
by joekroon
Have you tried to put a shooting chair on yours, I found the suspension too soft and must make some legs like a JCB stabilizers for when a chair is on the back. I'm busy building a chair for the rhino and will post a picture if it works.