Page 1 of 2

MARCH 3-24X52 Toets

Posted: Tue Oct 28, 2014 8:18 am
by Geno
Manne,
Ons het 'n March teleskoop wat rond toer en paar goed skiet.

Sy eerste stop was op Grünau, Namibië by Louis102.

Dis wat hy te sê het:
Manne, ek het vir 'n wyle die March (3-24 x 52) scope getoets. (jammer as ek goed van voorheen herhaal maar hier's my verslag)
Dis maar 'n storie om baie jakkalse hier te skiet, die goed is versigtig en baie skaars in vergelyking met die Wes Transvaal. Maar ek, het probeer:

9 jakkalse met hom geskiet en is oortuig dis 'n top scope, ek sien baie goed met hom in die nag. Verste een het ek gerange terug bakkie toe, was 256m en die jakkalsie was ongewissel (so teiken was maar klein) 1 jakkals gemis op 360m maar dit was my fout. Effe te veel toegegee en net bo-oor geskiet. Dink die Bergertjies loop dalk effe platter as die Blitskings, sal moet gaan kyk.

Alhoewel kleur deur die March vir my effe donkerder vertoon as met my Zeiss, maak ek steeds detail baie mooi uit in die nag. Net soos met ander scopes wat ek ken, verswak die beeld ook maar as jy na 12 plus vergroting toe draai.
Iets wat vir my belangrik is vir 'n jakkals-scope: Die field of veiw en eye relief is heel ok, kan glad nie, daaroor kla nie....

Wat my die meeste op hierdie spesifieke model pla, is die kruishaar. Hou nie van die first focal plane waarop dit monteer is nie. Alhoewel die waardes van die afmik merkies dieselfde bly, raak die kruishaar vir my te dik op 24 x vergroting en op 10 x vergroting is hy weer te fyn vir my oog. Die kruishaar is te besig vir my smaak, MAAR kan dalk aanklank vind by manne wat hom meerdoelig (Nagjag, veldskiet ens) wil gebruik. Persoonlik sou ek dalk na 'n ander kruishaar kyk, as ek so scope koop, suiwer vir nagjag.

Ek het nie eintlik die verstellings intensief getoets nie (ek stel nie sommer aan my jakkals scopes uit gewoonte nie), maar toe ek ingeskiet het, het die scope mooi positief vestel en die turrets werk duidelik. Plus punt op die scope vir my.
Die side fokus / paralaks verstelling is nie die beste wat ek al probeer het nie, maar sal daarmee kan saamleef. Baie klein verstelling maak groot verskil wat jy voor sien (dws die vestelknop is te sensitief vir my smaak)
Ek hou baie van die "sun shade"- adapter wat voor op skroef, dit neem al die refleksie van die lig op die knaldemper weg (op die vergroting waarop ek geskiet het)

So all-in-all dink ek dis 'n puik scope, sou graag so een wou besit. Miskien net 'n ander kruishaar, wat meer by my behoefte pas. Of hy beter (of net so goed) is soos die meer algemene name bo-aan die lys is, weet ek nie, hang maar af hang persoonlike voorkeure en wat pas by jou oog. Maar dat hy kan saamgesels, dit is so.

Dankie vir die geleentheid om die scope te toets, G&G, dit was baie lekker.


Nou trek die teleskoop noord, Windhoek toe. Daar sal Francois Marais en Wors hom bietjie gebruik voor hy afbeweeg Oos Kaap en Karoo toe.

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/1.jpg


https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/2.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/FMA-2_3-24x_size.png

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/3.jpg


https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/4.jpg


https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/5.jpg


https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/6.jpg


https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/7.jpg


https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/8.jpg


https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/9.jpg


https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/10.jpg


https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/11.jpg


https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/3-24%20Test/12.jpg

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Posted: Tue Oct 28, 2014 8:28 am
by Kalahari
Dankie Geno en Louis

Ek sien uit na die volgende verslag. Bietjie vir FM en Worsie vra dat hulle bietjie die scope ook in veldskiet (kompetisie) toestande toets en hul bevindinge deel.

Ek is in die mark vir 'n scope vir die 260 rem wat op bestelling is, maar kyk huidig na die 2.5 - 25 x 42 met die MTR kruis met MOA turrets en kruis.

Edit: vergroting verkeerd gehad.

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Posted: Tue Oct 28, 2014 8:31 am
by Geno
Kalahari wrote: Ek is in die mark vir 'n scope vir die 260 rem wat op bestelling is, maar kyk huidig na die 2.5 - 24 x 42 met die MTR kruis met MOA turrets en kruis.
Oom Johan,

Ons het nogal so ene.
Peet Blom (Hititatlongrange) het hom tans. Sodra hy terug is by ons, sal ons laat 'n veldskiet man hom dryf en kyk.

FM en Wors sal seker ook bietjie speel met die 3-24X52 op 'n baan.

Groete
Eugene

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Posted: Tue Oct 28, 2014 2:10 pm
by Kalahari
Geno wrote:Oom Johan,

Ons het nogal so ene.
Peet Blom (Hititatlongrange) het hom tans. Sodra hy terug is by ons, sal ons laat 'n veldskiet man hom dryf en kyk.

FM en Wors sal seker ook bietjie speel met die 3-24X52 op 'n baan.

Groete
Eugene
Dankie Geno, dit sal goed wees as julle bietjie oor die x 42 ook iets kan sê wat in SFP scope is met ander tipe kruishaar.
Sien uit na die kommetaar.
ns: Die x 42 wat julle het se kruis, is dit MTR 1, 2 of 3?

Groetnis

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Posted: Tue Oct 28, 2014 2:20 pm
by Geno
Dis die Tactical 2.5-25x42 met Illuminated MTR-1 reticle.

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/MTR-1.JPG

http://marchscopes.com/storage/29416/Tact-2.5-25.jpg

Ons hou Oom op hoogte.

Groete
Eugene

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Posted: Tue Oct 28, 2014 3:13 pm
by Kalahari
Dankie Geno, waardeer.

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Posted: Tue Oct 28, 2014 9:09 pm
by Christo
Geno wrote:Dis die Tactical 2.5-25x42 met Illuminated MTR-1 reticle.

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/Sale%20Guns/MARCH/MTR-1.JPG

http://marchscopes.com/storage/29416/Tact-2.5-25.jpg

Ons hou Oom op hoogte.

Groete
Eugene

Sodra hy deur sy demo's is sal ek hom seker ook kan bekostig. Is hy 2nd FP? Hy sal mooi werk vir die XSSSA skiet.

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Posted: Wed Oct 29, 2014 10:42 am
by Geno
Oom Christo,
Daardie spesifieke teleskoop is ongelukkig Gé se .338LM teleskoop.

Hy is SFP met MOA verstellings en MOA reticle.
Tans op special by ons teen:
Non illuminated - R23,174.46 (Retail R26,650.46)
Illuminated soos in foto hier bo - R28,634.78 (Retail R32,930.00)

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Posted: Thu Oct 30, 2014 8:05 pm
by Christo
Geno, dankie.

Vir nou bly my budget in die Sightron range.

Impressive scopes wat julle ouens bemark.

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Posted: Sat Nov 01, 2014 2:53 pm
by vanderlindedj
Hallo Geno

Tot wanneer is die special aan?

Groete

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Posted: Tue Nov 18, 2014 12:24 pm
by Arnold
Hier is 'n toets wat Snipershide op die 3-24x52 gedoen het.
Klink baie goed en slegs die sensitiewe paralaks verstelling is as negatiewe genoem.

http://snipershide.scout.com/forums/551 ... view?s=541

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Posted: Wed Nov 19, 2014 9:32 am
by Geno
Dankie Arnold.

Hier is die toets video.

http://youtu.be/Kig4NxSskQQ



Re: MARCH 3-24X52 Toets

Posted: Wed Jan 07, 2015 7:34 am
by Wors
More Manne.
Ons het besluit dat my pa eers die scope gebruik omdat ek bietjie rond toer in Nam.

En dit wat ons al oor gesels het kan ek nie wag om hom op die gun te sit en te kyk wat maak die scope.

Mooi dag
Wors

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Posted: Sat Jan 24, 2015 5:19 pm
by Kalahari
Geno wrote:Ons het nogal so ene.
Peet Blom (Hititatlongrange) het hom tans. Sodra hy terug is by ons, sal ons laat 'n veldskiet man hom dryf en kyk.

FM en Wors sal seker ook bietjie speel met die 3-24X52 op 'n baan.

Groete
Eugene
Eugene

Kon julle al die 2.5 - 25 x 42 deur 'n veldskiet toets sit? Sit en "drool" weer vanmiddag en droom drome.
Wors wrote:More Manne.
Ons het besluit dat my pa eers die scope gebruik omdat ek bietjie rond toer in Nam.

En dit wat ons al oor gesels het kan ek nie wag om hom op die gun te sit en te kyk wat maak die scope.

Mooi dag
Wors
Wors, kon jy of pa al die scope bietjie toets?

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Posted: Sat Jan 24, 2015 5:40 pm
by Geno
Ons het planne om een op 'n paar veldskiet komps te laat gebruik.

Wors en FM het 32 noudie aand geskiet met die 2.5-25×52.

Image

Image

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Posted: Sat Jan 24, 2015 6:06 pm
by Kalahari
Dankie Geno

Dit lyk sommer spoggerig wat FM hulle kon regkry. Ek sal wag vir die veldskiet resultate, sien uit na daardie terugvoering.

Voorspoed

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Posted: Mon Feb 16, 2015 5:49 pm
by Swys14
Geno watter ander scopes kompeteer direk met die March? As ek dit so moet stel (in Zeiss terme)...is hy meer 'n Victory of meer 'n HD5?

Kan mens hom met die Nightforce NXS vergelyk prys gewys?

Groete

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Posted: Mon Feb 16, 2015 5:57 pm
by Geno
Swys.
Dis 'n ultra premium teleskoop wat in die klas van bv. S&B PMii rond is.

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Posted: Sat Feb 21, 2015 2:24 pm
by Swys14
ok so dis 'n bul van 'n meneer scope :D

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Posted: Mon May 11, 2015 6:53 pm
by afrikanerbloed
Jis Manne
Sal graag wil weet of daar n update is op die scope.
Dankie
Johan

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Posted: Mon May 11, 2015 8:13 pm
by Louis102
Janee, vir wat is dit nou so stil hier? As julle nie die scope wil gebruik nie, stuur hom maar terug Kuduberg toe, ek het werk vir hom...

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Posted: Tue May 12, 2015 12:17 am
by Wors
Naand manne
Die 2.5-25x52 werk vir my baie lekker. Skiet net so lekker.
Het 2 veldskiete agter die blad. Eerste een 4de gekom maar met n goeie persentasie van die nommer 1 plek af.
Die 2de skiet, wel wat kan man se. Het ek n 866 uit 900 geskiet. Nou of die seening van bo daar was, se ek baie dankie. Alles het net mooi gewerk. Die 35 punte was op een baan afgeskiet. Dit van die rooibok baan op so 260m. Eerste 2 skote het mooi in die 30 gesit, amper snyers. Skiet die 3rd skoot en lyk toe laag. Maar die het toe kop uitgesteek en het n stukkie kleef plastiek my oog gevang van iemand wat voor my geskiet het. Lug toe n rapsie en skiet die laaste 2 skote bo in die 15. Pleks van vertrou in my toerusting.
Lense is vir my n goeie plus punt en met sy versteling wat sover 110% reggestel het.
Dink ek wel dat G&G my naam op een sal sit. Wil net nog 2 dubbel sekker maak oor n kruishaar.
Dankie G&G vir die kaans wat julle my/ons gegun het om die scope te toets en gebruik.

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Posted: Tue May 12, 2015 12:20 am
by Kalahari
Dankie Worsie, mooi geskiet. Se vir ons se kruishaar sou jy verkies?

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Posted: Tue May 12, 2015 12:34 am
by Wors
Skiet tans die MTR 4. Werk baie lekker. Die kol in die middel van die kruis is mooi fyn vir die "mooier mik" skootjies. Het gedink aand hom of die MTR 3 kruis

Re: MARCH 3-24X52 Toets

Posted: Tue May 12, 2015 8:06 pm
by Kalahari
Wors wrote:Skiet tans die MTR 4. Werk baie lekker. Die kol in die middel van die kruis is mooi fyn vir die "mooier mik" skootjies. Het gedink aand hom of die MTR 3 kruis
Sou my keuse ook wees.