Hoekom is jakkalse so stil?
Posted: Tue Oct 28, 2014 9:40 am
More Almal,
Ek het laas week en Dinsdag, weer die boom by my waters bestuig met my nagsig. Ek sit al die toerusting in die boom deur die dag, dan stop ek so km weg en stap in as dit donker is, gebruik nie flits of niks nie. Het gesit tot so 2:00am toe is ek huis toe. Volgende dag die kamp se skaap bymekaar gemaak en kry n ooi wat gevang is so 400m weg van die water, vars vang die bloed was nog nat. Net die neus se kraakbeen gedeelte is gevreet en die derms is by die gat uitgetrek, die bytplekke is defintief jakkals. Daar was ook klein spoortjies saam met die grotes.
Nou my vraag: Van donker tot 2:00am het ek nie n jakkals gehoor nie. Sekerlik moes hulle darem hulle bekke oopgemaak het of is dit nog nie die vokale tyd vir hulle nie? Die wind was baie stil, so ek sou klank wyd gehoor het.
En is dit al moontlik dat die jonges saam met ouers beweeg?
Groete
Suidwes