Musgrave of nie?
Posted: Tue Oct 28, 2014 7:40 pm
Hi manne,
Ek wil graag 'n Musgrave 9.3x62 koop wat ek gesien het, maar daar is iets wat my pla. Ek weet nie of dit 'n ware Musgrave is of nie. Hy het nerens 'n musgrave naam op nie. Hy het nie n SABS pons op nie. Die reeks nommer is LW 9362xx, en ek het nog niks van so nommer op die forum raak gelees nie.
Kan iemand my asb help met enige inligting voor ek n fout maak?
Die k98 aksie is dieselfde as my 7x57 musgrave. Selfs van die waffenamt stempels stem ooreen.
Die loop is so donker rooi kleur en die geweer band is voor aan die loop vas.
Groete,
Njaps