Page 1 of 1

www.rossgun.com

Posted: Tue Oct 28, 2014 9:45 pm
by wlm
Ek het 'n geweerband by Rossgun gekoop. Die leer se kwaliteit is die beste wat ek nog gesien het. Selfs die agterkant van die leer het 'n gladde afwerking wat beter lyk as die voorkant van ander bande wat ek al gesien het. Die prys was ook baie billik. Ek sal nie sommer weer op 'n ander plek leerprodukte koop nie.

Re: www.rossgun.com

Posted: Wed Oct 29, 2014 7:38 am
by Eugene
Ook al paar items by Ross gekoop! Baie goeie kwaliteit en diens!

Re: www.rossgun.com

Posted: Wed Oct 29, 2014 8:32 am
by hencohugo
Lindsay se produkte is soos 'n Toyota. Gebou om te hou. :laugh:

Re: www.rossgun.com

Posted: Wed Oct 29, 2014 8:47 am
by Carl
hencohugo wrote:Lindsay se produkte is soos 'n Toyota. Gebou om te hou. :laugh:
Darem mooier afgewerk en mooier om na te kyk ;) .......hardloopppppp

Re: www.rossgun.com

Posted: Wed Oct 29, 2014 8:49 am
by Deon R
Lyk baie goed! Is daar 'n plek in Pretoria waar ek van die produkte kan koop? Of moet mens bestel van oor see?

Re: www.rossgun.com

Posted: Wed Oct 29, 2014 8:52 am
by Carl
Deon
Die man bly in die Kaap. Dis net 'n .com adres ;)
ROSSGUN.com
UNIT 39 FISH EAGLE PARK
KOMMETJIE ROAD
CAPE TOWN.

EMAIL: info@rossgun.com
info@rossgun.org

MOBILE NUMBERS: 084 390 6900
083 700 7773

LANDLINE: 021 7834807
FAX: 086 520 7969

Re: www.rossgun.com

Posted: Wed Oct 29, 2014 8:53 am
by Deon R
Dankie Carl! Ek bel sommer nou 8)

Re: www.rossgun.com

Posted: Wed Oct 29, 2014 9:01 am
by ZKK
Ek het ook al produkte by hom gekoop en soos die ouens se, die kwaliteit van sy produkte is baie goed.

Re: www.rossgun.com

Posted: Wed Oct 29, 2014 11:40 am
by Heinf
En beste van alles is dat hy maak holsters vir die CZ p07 duty

Re: www.rossgun.com

Posted: Wed Oct 29, 2014 2:14 pm
by win270
Die "linked slings" by Cross Leather Online is ook baie goeie waarde en 'n puik geweerband as jy lang afstande met 'n swaar geweer gaan stap.

http://crossleather.co.za/shotgun-and-r ... sling.html