Page 1 of 1

Swartwildebees beskikbaar vir jag in die maand

Posted: Tue Nov 11, 2014 3:37 pm
by william007
Goeie dag
Ek het nog n swartwildebees beskikbaar vir jag in Nov maand
dis in die vredendal omgewing wes kaap
Prys sluit die volgende in
1x Swartwildebees ,jag bakkie ,slag,jag,ligte middag ete en koelmammer.
Uit gesluit
Akkomodasie ,kos ,drink goed en volle verwerking.

Prys R3300

Dankie

Re: Swartwildebees beskikbaar vir jag in die maand

Posted: Tue Nov 11, 2014 3:42 pm
by vriell
Gewig ongeveer ?

Re: Swartwildebees beskikbaar vir jag in die maand

Posted: Tue Nov 11, 2014 3:45 pm
by william007
Dis maar moeilik om te se want ons skiet nie regtag swartwildebees hier nie,hulle is in baie mooi kondisie
Ons gemsbokke is oor die 120kg uit geslag so ek dink hulle sal ook mooi wees gewigkan van 65-80kg wees

Is maar moeilik om te se.

Re: Swartwildebees beskikbaar vir jag in die maand

Posted: Tue Nov 11, 2014 4:54 pm
by vriell
Dankie sal terugkom. Weet van iemand wat dalk dal belangstel. Sal no vandag laat weet.

Re: Swartwildebees beskikbaar vir jag in die maand

Posted: Tue Nov 11, 2014 5:04 pm
by vriell
Jammer gaan eers verbyhou.

Re: Swartwildebees beskikbaar vir jag in die maand

Posted: Wed Nov 12, 2014 7:02 pm
by tgg
ek dink ek moet hom kom skiet, die extra koste vir my is nul, so dan is dit mos n goeie prys , my nuwe gewere is nog albei sonder n "kill",

kan ons n los springbok ook deel maak teen n lekker prys, of moet ek dit met Manual onderhandel

Re: Swartwildebees beskikbaar vir jag in die maand

Posted: Thu Nov 13, 2014 7:40 am
by william007
DIs reg tgg jy kan hom vat,ek glo nie daar sal n probleem wees mwt n springbok nie

Jy moet my net laat weet want hier ander manne wat ook agter hom aan is,so as jy hom beslis vat dat ek hom vir jou kan bespreek.

Ja dit werk lekker goed koop vir jou uit want jy is hier naby.
Laat weet my dan maak ek vir jou so.
Die naweek is nou net uit want ons vang springbokke die naweek ,maar volgende naweek is reg of so.

Re: Swartwildebees beskikbaar vir jag in die maand

Posted: Thu Nov 13, 2014 10:22 am
by Carel Maritz
William,

Al jou wild nou base gekry?

Groete
C

Re: Swartwildebees beskikbaar vir jag in die maand

Posted: Thu Nov 13, 2014 3:27 pm
by william007
Jes Carel alles het nou baas
die gemsbok en die swartwildebees en daai groot springbok ramme en die 4 horing damaras.

Re: Swartwildebees beskikbaar vir jag in die maand

Posted: Sat Nov 15, 2014 1:19 pm
by tgg
Dankie William, Jy ken jou storie

Re: Swartwildebees beskikbaar vir jag in die maand

Posted: Sat Nov 15, 2014 4:11 pm
by Riebeeker
Well done

Re: Swartwildebees beskikbaar vir jag in die maand

Posted: Sat Nov 15, 2014 4:32 pm
by BRNO (Pierre)
Baie geluk! Mooi bok daardie. Is ek reg as ek se dis n savage wat jy gebruik het, en watter kaliber is dit?

Re: Swartwildebees beskikbaar vir jag in die maand

Posted: Sat Nov 15, 2014 7:44 pm
by tgg
BRNO (Pierre) wrote:Baie geluk! Mooi bok daardie. Is ek reg as ek se dis n savage wat jy gebruik het, en watter kaliber is dit?

Ja was n savage, hulle maak darem n beter geweer, 30-06, skiet baie nice, is ook die kort stap geweer

Re: Swartwildebees beskikbaar vir jag in die maand

Posted: Mon Nov 17, 2014 7:52 am
by william007
Trevor jy het mooi geskiet een skoot dood skoot baie mooi
een van die vinigste jagte wat ek nog gedoen het ons was baie gelukag die weer het baie mooi saam gespeel en die wild.

geweer 30-06 165gr SST net so oor die 200 meter.

Baie geluk.

Re: Swartwildebees beskikbaar vir jag in die maand

Posted: Mon Nov 17, 2014 8:06 am
by BRNO (Pierre)
Ek sien julle het SST geskiet. Wat is jou ondervinding met hulle? Was dit n blad of kopskoot? Teen watter spoed skiet jy hulle?

Re: Swartwildebees beskikbaar vir jag in die maand

Posted: Mon Nov 17, 2014 9:36 am
by tgg
Dit was op die skouer, patroon het redelik opgebreek en was teen die vel deur altwee skouers, spoed was +-2680fps