Page 1 of 1

BASA shoot 22 November

Posted: Wed Nov 12, 2014 7:27 pm
by Frederik
Net 'n heads up vir almal wie dalk wil bywoon dit is nie meer ons AGM nie wat oorgeskuif is na Februarie toe maar wel ons prys uitdeling en veiling behalwe vir die skiet deur die dag. Jy hoef ook net 'n lagboksie en stoel saam te bring en geldjies vir iets deur die dag, die Braai is op BASA.

Jy sal moet vooraf boek sodat hulle voorsiening kan maak vir die hoeveelheid mense en die braai hieronder besonderhede as jy wil kom en boek. Afsluit datum is nou Vrydag die 14de.

R150 vie lede en R250 vir nie lede nie.

Belinda Landman : Office 073 219 9278 ( 08:00 -13:00)

Fax: 086 528 2333

Email to: admininfo@bigbore.org

Re: BASA shoot 22 November

Posted: Sun Nov 23, 2014 6:38 am
by Frederik
Die dag was weer groot sukses gewees met 3 bane en 89 skuts met groot roere en seker nog 20 of wat met roere kleiner as 9.3.

Baan 1 was 4 skote luiperd 20m wat sit nuwe teiken en jy moes maar mooi skiet vir die hart, daarna leeu hart skoot 15m, Olifant kop 5m en laastens buffel brein op 10m. Dit was almal staties maar met die manne met scopes moes jy seker maak jy skiet raak en nie onder die teikens nie.
Jy kan vier laai as jy kan.

Baan 2 twee teikens wat roteer wat jy dan moet reg skiet een kol 4" en die ander 2" beide 20m dan twee kleie
Laai twee skiet twee en laai weer twee en skiet twee

Baan 3 was baie interesant klient en PH so twee manne wat skiet die PH skiet net brein behalwe vir bewegende buffel waar alby skuts hart skiet en die kleint skiet net hart skote. Eerste posisie skiet buffel 25m van selfde posisie skiet twee gonge een elk op 40m. Hardloop nat posisie nommer twee en laai twee ander patrone bewegende buffel word afgesit en begin hardloop met net een klein skiet venster deur takke hart skoot beide skuts. Sodra die eerste skoot op buffel loop begin die leeu storm baie min tyd en jy moet vinnig kan skiet. Weerens PH skiet brein en klient hart.

Ek praat onder korreksie maar ek dink nie enige iemand het volytal van 4 skote op baan 3 geskiet nie ek kon 3 doen maar die buffel was vrek vinnig en die venster tussen bome baie klein maar uitdagend. Het die buffel gespine maar dit tel nie net hartskoot.

Ons prys uitdeling en veilling het gevolg na die braai en toe kom die reen so bietjie maar dit het dare nie te veel gepla nie. Daar was weer lekker klomp nuwe gesigte baie lekker om te sien dat die manne stof uit die groot roere afhaal en kom gebruik en leer.

Re: BASA shoot 22 November

Posted: Sun Nov 23, 2014 9:24 am
by JAGTERSREG-JRM
Klink lekker, ongelukkig was my 458 Lott nog nie klaar nie so sal maar volgende keer die dag bywoon

Re: BASA shoot 22 November

Posted: Sun Nov 23, 2014 12:34 pm
by Stefan764
Frederik hoe het die Safari manne gevaar??

Eks jammer ek kon nie daar wees nie, moes die shop oppas....

Re: BASA shoot 22 November

Posted: Sun Nov 23, 2014 12:59 pm
by Frederik
Stefan ek weet nie hulle het vroeg geloop sal maar wag vir die finale scores as dit uitkom later die week.

Re: BASA shoot 22 November

Posted: Sun Nov 23, 2014 9:13 pm
by Hilux01
Manne dit klink sommer lekker
Ek sal graag volgende keer wil saam speel met die 9.3 en my " nuwe" 404 Jeff wat hopelik more saam met RAM die kant toe kom