Tips na Jakkals ge-antwoord het
Posted: Fri Nov 14, 2014 10:26 am
Ek wil nie Suidwes ( Wouter ) se topic kaap nie, so daarom 'n nuwe topic. Louis, met my opmerking op Wouter se topic wou ek eintlik net die manne uitlok om bietjie tips te deel. Party van ons is nog in die vroeë leerproses en van ons is al ver gevorder, maar om vir Taffie aan te haal " Vlekkie stel nooit teleur ". Ek dink ons almal leer elke keer iets by by vlekkie.
Ek het gisteraand gejag op weermag grond waar hulle net bees en wild aanhou. Ek is net gevra om te gaan skiet. Geen inligting rondom jakkalse nie. Loop gebiede, ens. Het maar 'n kans gevat op 'n mooi plek. Begin met Rooi Alleen, geen antwoord, onmiddelik weer Rooi Alleen. Toe gesels hulle saam. Nou kom dit wat Louis van praat. Nou moet jy nie aanjaag nie. Ek het met Erdman Juvilina na so 8 min begin. erdman vreet, Tafjak 8, Baklei 4. nog niks. Dis al 40-50 min later. weer Rooi Alleen. Gesels saam,maar op dieselfde plek. Skuif so 600 m nader. Na +- 10 min net van lig, Tafjak 2. Skaars begin, toe praat hulle. Mute onmiddelik. Na so 4 min, Hasie Glen Owen +. Twee min later klap die skote. Reun en teef.
Ek het nie noodwendig als reg gedoen nie. Jakkalse wat nog nie geroep was, so dit was maklik. My vraag, wat kon ek anders gedoen het wat ook sou werk en wat van as dit roepsku jakkalse is, wat deesdae meer die reël as die uitsondering geraak het. Ek hoop julle manne wil bietjie help met tips. Ook 'n ander vraag. As jy in 'n gebied kom waar jy nie inligting het nie, en die jakkalse moet soek. Is daar 'n resep wat goeie sukses het om hulle aan die gesels te kry.
Ek leer graag by.
Mooi Naweek