Page 1 of 2
Nuwe Lid met passie vir skiet
Posted: Sun Nov 16, 2014 6:31 pm
by Tiny Hunter
Ek is 15 jaar oud van die Kaap. Enige ding wat nitro cellulose laat ontplof is my passie! Ek is die naweek deur oom Heinz Petersen vertel van die forum en hier is ek nou! Ek skiet 30-06 Musgrave en. 222 Sako is op die oomblik op die uitkyk vir my derde geweer... Soek iets wat papier boks tot op 500m bv. n 6XC! Ek het hierdie naweek 100 165gr Hornady interlocks voor 44.5 grein Somchem S365 gelaai! My pa is nie mal oor skiet soos ek nie maar hy ondersteun my 100% in wat ek wil doen. My oupa het my leer skiet met n R300 windbuks wat op Willowmore se kooperasie gekoop is! Hy het self bitter goed geskiet en het vir OP verteenwoordig! Sy skietbaadjie hang trots in my kas! Ek het my eerste bok geskiet toe ek graad 4 was, en toe die bok val op 230m met Oupa Han wat trots glimlag langs my sy, het die skiet skiet gogga my gebyt!
Re: Nuwe Lid met passie vir skiet
Posted: Sun Nov 16, 2014 6:42 pm
by .223 JAGTER
Baie welkom lyk my jy sal jou oupa se baaitjie met trots dra
Re: Nuwe Lid met passie vir skiet
Posted: Sun Nov 16, 2014 6:56 pm
by Tiny Hunter
Sal definitief oom.
Re: Nuwe Lid met passie vir skiet
Posted: Sun Nov 16, 2014 6:59 pm
by Heinz Petersen
Baie welkom hier. Ek is bly jy het kom inloer hier. Hier is n klomp slim manne wat al jou vra kan beantwoord, jy moet net vra.
Re: Nuwe Lid met passie vir skiet
Posted: Sun Nov 16, 2014 7:03 pm
by Tiny Hunter
Baie dankievoom Heinz, en dankie vir oom se hulp Saterdag! Ek en my pa waardeur dit.
Re: Nuwe Lid met passie vir skiet
Posted: Sun Nov 16, 2014 8:21 pm
by James Wilson
Manne, is dit nie lekker om van die jongman kennis te neem nie?
Tinyluv, ek heet jou hartlik welkom en ek moet sê, ek glo jy gaan dit hier besonder geniet.
Jy het seer sekerlik hier aangesluit om ook te leer? Indien so, wil ek jou tog raad gee, om vir eers net die twee kalibers( 30-06 en 222) te leer ken. Daardie twee kalibers is legendes. Die 6xc is n yster, maar die verskil in die drie kalibers, sal met n virnier moet gemeet word op die skiebaan. En selfs dan, is ek nie seker of die 6xc die wenner sal wees nie.
Wat ek maar probeer sê is: jy sal baie baat vind deur net eers jou vermoë as n skut te kan uitbrei, tot die potensiaal van daardie twee kalibers. Ek verstaan as jy opgewonde raak oor n geweer soos die 6xc, maar n geweer maak nie n kampioen nie, n skut is n kampioen. Die geweer komplimenteer hom net.
Re: Nuwe Lid met passie vir skiet
Posted: Sun Nov 16, 2014 8:57 pm
by Tiny Hunter
Baie dankie vir goeie advies oom. Ek glo oom honderd persent! As n redelike nuwe lid tot die gebied raak ek nogal opgewonde oor sulke goed en wil ek net heeltyd meer en beter he en sonder mense soos oom wat baie meer as ek weet sal ek my kop baie meer stamp as nodig!
Re: Nuwe Lid met passie vir skiet
Posted: Sun Nov 16, 2014 9:11 pm
by Tiny Hunter
Ek wil net gou by oom hoor as mens bv. die .222 verkoop watse goedkoop kaliber sal beste werk vir iemand soos ek wat terugskop voel en wil skiet tot op 600m. Die rede hoekom ek nie met die 30-06 skiet nie is omdat dit n erfstuk is en al baie gewerk het so hy is nie so akkuraat nie en ek wil graag sy loop so lank as moontlik op hou (ons moes al een duim afsny omdat hy einde se kant toe staan)... Die kleinste groepering wat ek al met hom gekry het is net onder 1 duim met n lading wat ontwikkel is vir hom.
Re: Nuwe Lid met passie vir skiet
Posted: Sun Nov 16, 2014 9:19 pm
by Pvdw
Welkom hier Tiny.
Hier gaan verseker klomp antwoorde uitkom op jou vraag. Ek self sal een van die 6.5 familie voorstel, Dalk 6.5x55 of 'n 260Rem. Lekker vir daai langer skote maar met genoeg enerdie om met vertroue te gaan jag ook. Sit 'n klein KD soos die Huntbuddy op en jy is reg'
Re: Nuwe Lid met passie vir skiet
Posted: Sun Nov 16, 2014 9:25 pm
by alecjohnson
welkom ou pella! geniet dit hier! as mens hier leesleer jy gou baie!
Re: Nuwe Lid met passie vir skiet
Posted: Sun Nov 16, 2014 9:30 pm
by Tiny Hunter
Dankie oom Pvdw en oom Alec
Re: Nuwe Lid met passie vir skiet
Posted: Sun Nov 16, 2014 9:33 pm
by James Wilson
Tinyluv wrote:Ek wil net gou by oom hoor as mens bv. die .222 verkoop watse goedkoop kaliber sal beste werk vir iemand soos ek wat terugskop voel en wil skiet tot op 600m. Die rede hoekom ek nie met die 30-06 skiet nie is omdat dit n erfstuk is en al baie gewerk het so hy is nie so akkuraat nie en ek wil graag sy loop so lank as moontlik op hou (ons moes al een duim afsny omdat hy einde se kant toe staan)... Die kleinste groepering wat ek al met hom gekry het is net onder 1 duim met n lading wat ontwikkel is vir hom.
Ek het nou lank gedink, voordat ek jou mooi wou antwoord. Kom ek probeer jou antwoord deur n vraag te vra(jammer ek weet dit is iriterende manier van antwoorde gee).
Die vraag is: tot hoe ver het jy al jou skietvernuf gevestig? 200m, 300m of dalk al 350m?
Re: Nuwe Lid met passie vir skiet
Posted: Sun Nov 16, 2014 9:35 pm
by Tiny Hunter
Ek het al tot op 400m geskiet met my 30-06 ook. Ek skiet gemaklik 3 skote vuis grootte op 300m.
Re: Nuwe Lid met passie vir skiet
Posted: Sun Nov 16, 2014 9:44 pm
by James Wilson
Lekker man, baie mooi! 400m is al klaar lekker ver. Hoe benader jy jou herlaai vir daardie afstande? Maw, is jy n man vir ligte vinnige ladingsof swaarder beter bc resepte?
Ek hoop jy besef ek probeer die volgende onder jou aandag bring: " ... die regte kaliber vir langafstandskiet kan tot soveel as 9% invloed hê op die sukses van n kampioen tipe skut, die res is talent, aanvoelling, toeweiding, blootstelling en oeffening"
Ek haal die stuk aan na die beste van my geheue, as ek reg onthou was dit n artikel wat so 4 jaar terug verskyn het in Field and Stream. As ek dit op n ander forum of tydskrif gelees het kan dit ook so wees, maar die boodskap se waarheid bly staan.
Re: Nuwe Lid met passie vir skiet
Posted: Sun Nov 16, 2014 9:56 pm
by Tiny Hunter
Ja oom ek verstaan honderd persent! Maar ek wil baie graag die regte toerusting he, sodat ek weet dis net ek wat maak dat die skote val waar hulle val. Ek het die laaste jaar en n half net met 150gr Sierra gamekings geskiet voor 43.7gr s365...
Re: Nuwe Lid met passie vir skiet
Posted: Sun Nov 16, 2014 10:03 pm
by James Wilson
Tinyluv wrote:Ja oom ek verstaan honderd persent! Maar ek wil baie graag die regte toerusting he, sodat ek weet dis net ek wat maak dat die skote val waar hulle val. Ek het die laaste jaar en n half net met 150gr Sierra gamekings geskiet voor 43.7gr s365...
Lekker man, lekker!! As jy vasbeslote is om van die 222 ontslae te raak dan wag daar n lekker en opwindende leerkurwe vir jou voor. Daar is n n afdeling hier oor langafstand skiet, dit is baie waardevol. Dan is daar ook n forum African long range hunters:
http://www.africanlrhunters.co.za/index.php
Kundige manne met baie goeie raad en antwoorde
Re: Nuwe Lid met passie vir skiet
Posted: Sun Nov 16, 2014 10:06 pm
by alecjohnson
Tinyluv wrote:Dankie oom Pvdw en oom Alec
Ek is beslis nie oom nie! haha ek het nou eers 24 geword so ek is nog nat agter die ore!
Re: Nuwe Lid met passie vir skiet
Posted: Mon Nov 17, 2014 6:12 am
by Tiny Hunter
Ekskuus Alec maar my ouers het my so geleer...

Re: Nuwe Lid met passie vir skiet
Posted: Mon Nov 17, 2014 9:21 am
by .303 JAGTER
Hi daar Tinyluv en baie welkom hier by ons, jy gaan dit sommer baie geniet, en sommer baie leer.
Groete.
Hennie
Re: Nuwe Lid met passie vir skiet
Posted: Mon Nov 17, 2014 8:38 pm
by Tiny Hunter
Dankie oom Hennie!

Re: Nuwe Lid met passie vir skiet
Posted: Tue Nov 18, 2014 7:02 am
by Armand Steenkamp
Tinyluv ,
Baie welkom man! Lekker om nuwe manne te sien.
Grooetnis
Re: Nuwe Lid met passie vir skiet
Posted: Tue Nov 18, 2014 3:50 pm
by jamalley
Baie welkom jong man, ek hoop jy geniet dit sommer baie.
Re: Nuwe Lid met passie vir skiet
Posted: Thu Dec 18, 2014 7:04 pm
by Boesman10
Welkom op die forum
Re: Nuwe Lid met passie vir skiet
Posted: Thu Jan 01, 2015 8:35 pm
by Johan L
Welkom boeta. Hierdie ooms gaan vir jou kan help met al die vrae wat jy het. Hoop jy geniet die forum saam met ons .
Re: Nuwe Lid met passie vir skiet
Posted: Sat Jan 03, 2015 10:34 am
by KalahariKlong
Baie welkom ou maat.