Page 1 of 1

Sterkfontein, wanneer visvang moeilik raak......

Posted: Mon Nov 17, 2014 8:41 pm
by Carl
Ek en 3 vriende het verlede week gaan lyn natmaak by Sterkies. Ongelukkig was ons week se weer van die slegste wat ek nog ooit daar beleef het. Daar het so paar ander dinge verkeerd geloop ook ;)
https://lh4.googleusercontent.com/-QvLUm_z2GZ8/VGo9vfn75BI/AAAAAAAAFa4/jHjarEY5pKg/w1024-h476-no/IMG_3250.jpg
Eerste moeilikheid by die Qwantani ingang hek.
https://lh3.googleusercontent.com/-Su_sGERcaLs/VGo9wLxRk5I/AAAAAAAAFbA/j2Rvn3t0yMU/w1024-h683-no/IMG_3259.jpg

Na 'n lang wag vir nuwe laers kon ons die boot se punt in Kerkenberg se rigting draai.
https://lh6.googleusercontent.com/-6qt0maLF3AU/VGo9rRaDSVI/AAAAAAAAFac/X4TwipjSw74/w1024-h768-no/IMG_2613.jpg

Re: Sterkfontein, wanneer visvang moeilik raak......

Posted: Mon Nov 17, 2014 8:47 pm
by Carl
Sonlig en hengel tyd.
https://lh3.googleusercontent.com/-qiNEgBOyRp8/VGo9n3O03_I/AAAAAAAAFaQ/hLchkmoTrGM/w1024-h768-no/IMG_2615.jpg
https://lh4.googleusercontent.com/-rc_0JH_L01M/VGo9rblrmiI/AAAAAAAAFag/pNCq8urhodY/w1024-h768-no/IMG_2616.jpg

Ondersteuning van my vriend wat ook daar hengel :P
https://lh3.googleusercontent.com/UE_dE5pq784_kNwom65tkWMvlKBCXzhg-ed1FjGtUGM=w1024-h683-no
Dinsdag was yskoud en reënerig. Ons het hard probeer en 1 vis gekry vir die dag.

Woensdag was die weer net so sleg, met 'n sterk wind. Ons is dorp toe om een man by die bus af te laai. Toe ons terug kom was die boot vol water. Ons het probeer maar kon nie die boot uitkry nie. Los toe maar oornag en kry toe gelukkig mooi weer Donderdag.
https://lh3.googleusercontent.com/-15mQWV8zkwg/VGo9yePwKYI/AAAAAAAAFbQ/Un0co4TktC0/w1024-h683-no/IMG_3271.jpg

Die boot is toe darem uit.
https://lh4.googleusercontent.com/--3hYRV1Idcg/VGo9zn8Q7oI/AAAAAAAAFbY/JUG9rNhh4mw/w1024-h683-no/IMG_3272.jpg

Re: Sterkfontein, wanneer visvang moeilik raak......

Posted: Mon Nov 17, 2014 8:54 pm
by Carl
Die wind het egter nie gaan lê nie en het harder gewaai.
https://lh3.googleusercontent.com/-BQwMsoXGUnA/VGo91IBQPSI/AAAAAAAAFbg/9EV7NVxFuT0/w1024-h424-no/IMG_3276.jpg
Ons moes noodgedwonge te voet oor die Drakensberge om 'n stiller plek te kry. Heelwat bokke is dood weens die erge brande.
https://lh3.googleusercontent.com/-nZSX3TSBfho/VGo_7M3AOTI/AAAAAAAAFdI/QNWK93HUJ94/s903-no/IMG_20141114_104336.jpg

Tyd om bietjie inspirasie te soek
https://lh4.googleusercontent.com/-SVB0ESMyJqI/VGo_mc1IDgI/AAAAAAAAFcw/iApnmE22rGk/s903-no/IMG_20141111_131133.jpg
1ste vis van die week
https://lh4.googleusercontent.com/-3zvemuzenek/VGo_3veXhAI/AAAAAAAAFdA/7Nwg3N6emXE/s903-no/IMG_20141114_104823.jpg

en 2de
https://lh6.googleusercontent.com/-mPdawgliIPA/VGo_yS1aKpI/AAAAAAAAFc4/Ihus7nNi9e0/s903-no/IMG_20141113_191819.jpg

Re: Sterkfontein, wanneer visvang moeilik raak......

Posted: Mon Nov 17, 2014 8:58 pm
by Carl
Tenspyte van moeilike toestande en hengel wat nie opgelewer het wat ons verwag het nie, is ek beloon met die pragtige gesig. 'n Trop van seker 200 elande het kom water drink. Daar was sommer 'n klomp blou bulle.
https://lh6.googleusercontent.com/-tB_nNk40n6I/VGo9sVbLylI/AAAAAAAAFao/cT7vKBbm5s4/w1024-h566-no/IMG_2617.jpg

'n Mooi sonsondergang
https://lh4.googleusercontent.com/-we7QZfMnOgw/VGo9tZ8uYpI/AAAAAAAAFaw/4CR0iRPFzjw/w1024-h475-no/IMG_2624.jpg

Die vlieë wat gewerk het, van my gunstelinge.
https://lh6.googleusercontent.com/Gy9O8cCPj7HQwruzublajt8_FJvwDYhRn9ekV0NiLzw=s533-no
https://lh4.googleusercontent.com/-edoSipSjW-Q/VGo_gi9OpJI/AAAAAAAAFco/KgULtsi3jas/s533-no/IMG_20141109_214237.jpg

Re: Sterkfontein, wanneer visvang moeilik raak......

Posted: Mon Nov 17, 2014 11:05 pm
by Kalahari
Uitstekend Carl, baie mooi foto's!

Re: Sterkfontein, wanneer visvang moeilik raak......

Posted: Tue Nov 18, 2014 6:19 am
by DWB
Baie mooi! Loop die boot darem nog?

Re: Sterkfontein, wanneer visvang moeilik raak......

Posted: Tue Nov 18, 2014 7:07 am
by Carl
Dankie. Deon die boot loop op die sleepwa, my vriend moet nog laat diens ;)

Re: Sterkfontein, wanneer visvang moeilik raak......

Posted: Tue Nov 18, 2014 8:32 am
by Pvdw
Lekker Carl!! Ons gesin gaan verseker Desember so paar nagte daar kamp.

ek sien jy hou ook van die CDC vlieë. Ek bind al mu Klipspringer cadissis en hoppers met CDC.

'n Ander vlieg wqt ek nooit tuis los nie is 'n nr18 swart miertjie. Hulle is jaarliks verantwoorselik vir vele vis in die net.

Re: Sterkfontein, wanneer visvang moeilik raak......

Posted: Tue Nov 18, 2014 8:42 am
by henried
Baie mooi fotos.

Re: Sterkfontein, wanneer visvang moeilik raak......

Posted: Tue Nov 18, 2014 8:57 am
by Frikkiedbr
Pvdw wrote:Lekker Carl!! Ons gesin gaan verseker Desember so paar nagte daar kamp.

ek sien jy hou ook van die CDC vlieë. Ek bind al mu Klipspringer cadissis en hoppers met CDC.

'n Ander vlieg wqt ek nooit tuis los nie is 'n nr18 swart miertjie. Hulle is jaarliks verantwoorselik vir vele vis in die net.
Pvdw hoe vang mens met daai miertjie? Is dit soos 'n droog vliegie?
En hoe maak mens om dit in te trek?

Baie Mooi Fotos Carl, dankie vir die deel.
En darem bly julle kon iets vang ;D

Re: Sterkfontein, wanneer visvang moeilik raak......

Posted: Tue Nov 18, 2014 8:59 am
by tripodmvr
Was die golwe so groot dat dit oor die boot gespoel het terwyl dit vas aan die kaai was? Het die boot dan nie waterdigte kompartemente wat hom nog laat dryf nie?

Re: Sterkfontein, wanneer visvang moeilik raak......

Posted: Tue Nov 18, 2014 9:04 am
by henried
Carl moet daai video van hom laai van 'n ander storm op daai dam...

Re: Sterkfontein, wanneer visvang moeilik raak......

Posted: Tue Nov 18, 2014 10:05 am
by Carl
tripodmvr wrote:Was die golwe so groot dat dit oor die boot gespoel het terwyl dit vas aan die kaai was? Het die boot dan nie waterdigte kompartemente wat hom nog laat dryf nie?
Marius, soms is die skipper nie so slim nie ;) . Altyd die neus in die wind stop en ja die boot het "buoyancy" maar die 115hp motor is te swaar. Dit is ook 'n "drydeck" so water loop nie uit nie. Daar was beter plekke meer uit die wind waar ons kon vasmaak, net nooit gedink die wind kan so erg waai dat die boot nie sal bly dryf nie.

Ek dink hierdie was 'n goeie les, as dit in die middle van die dam was, reken ek die boot sou heeltemal gesink het. :):