Page 1 of 1

Die Rudolph 6-24 x 50 iR T3 recticle & 300 WinMag

Posted: Fri Nov 28, 2014 6:24 pm
by hennievs
Dagse kerels,
Janee die jagseisoen is nou al n skim in die skaduwees en ek skuld julle nog terugvoer oor my jagkombinasie.
Wat n kombinasie ???????
Die Rudolph 6-24 x 50 iR T3 recticle werk soos n droom op my 300 Winmag.
Daar is niks wat ek sal verander nie.
Ek oorweeg dit sterk om my Lynx (Jagtersrecticle) af te haal van my 243 en vir my daar ook n Rudolph op te sit.
Helder duidelik en al daai mooi goed het gemaak dat ek hierdie seisoen heerlike Eland biltong by die huis het.
Die 300 loop soos stroop en het die eland platgeslaan soos n Dawid van ouds - Kolskoot 180m tussen die oe.
Ek sal die kombinasie aanbeveel vir enige een wat belangstel in jag.

Vriendegroete

Re: Die Rudolph 6-24 x 50 iR T3 recticle & 300 WinMag

Posted: Fri Nov 28, 2014 6:42 pm
by Gawie(13mm)
hennievs wrote:Dagse kerels,
Janee die jagseisoen is nou al n skim in die skaduwees en ek skuld julle nog terugvoer oor my jagkombinasie.
Wat n kombinasie ???????
Die Rudolph 6-24 x 50 iR T3 recticle werk soos n droom op my 300 Winmag.
Daar is niks wat ek sal verander nie.
Ek oorweeg dit sterk om my Lynx (Jagtersrecticle) af te haal van my 243 en vir my daar ook n Rudolph op te sit.
Helder duidelik en al daai mooi goed het gemaak dat ek hierdie seisoen heerlike Eland biltong by die huis het.
Die 300 loop soos stroop en het die eland platgeslaan soos n Dawid van ouds - Kolskoot 180m tussen die oe.
Ek sal die kombinasie aanbeveel vir enige een wat belangstel in jag.

Vriendegroete
Dagsê Hennie.
Hier is deesdae baie kansvatters op Jaracal. Ek wil nou nie sê dat ons jou nie glo nie, maar soos Thomas van ouds, soek ons bewyse! Waar is die kiekkies? ;D ;D

Baie geluk maat. Klink my die biltong is net so lekker soos die jag.

Re: Die Rudolph 6-24 x 50 iR T3 recticle & 300 WinMag

Posted: Fri Nov 28, 2014 7:13 pm
by Heinz Petersen
Ja, dit is n gevoelendheid wat jy nie vir iemand kan beskryf as daai bok in sy spore val met die kop skoot nie. Hoop jy het al weer een op gelyn vir volgende jaar.
Ek het nou net 42kg Eland biltong gehang.

Re: Die Rudolph 6-24 x 50 iR T3 recticle & 300 WinMag

Posted: Sat Nov 29, 2014 7:26 am
by hennievs
Daar hy nou - en vir die wat wonder dis nie my pens nie maar my bors wat ek so uitstoot

Re: Die Rudolph 6-24 x 50 iR T3 recticle & 300 WinMag

Posted: Sat Nov 29, 2014 2:12 pm
by ruaanb
Bwahaha netjies gedoen!