Page 1 of 1
Arabie dam ???
Posted: Wed Dec 10, 2014 10:31 am
by Frederik
Ek wil graag so 2 nagte gaan kamp en visvang by die dam enige voorstelle waar om te gaan hek en oord? Was baie lank terug daar en het van boot gevang wil nou van oewer vang vir kurper en karp.
Enige hulp sal waardeer word beplaning is vir volgende week te gaan kamp.
Re: Arabie dam ???
Posted: Wed Dec 10, 2014 12:20 pm
by Katefbessie
Dagse Frederik, lekker om te ontmoet noudie dag in die poskantoor
Ek kan jou wel nie help om te se waar jy kan gaan kamp daar nie, maar kan wel se dat in die revier gedeelte masiewe babers swem. Ek het ook nog nooit so baie krokodille in i dam soos Arabie gesien nie... blykbaar die dam met die hoogste populasie krokodille in die suidelike halfrond.
Re: Arabie dam ???
Posted: Wed Dec 10, 2014 1:27 pm
by Jake1
Aloe matlala se oord ek ken nie sy nommer nie. Vat n pistool saam.
Re: Arabie dam ???
Posted: Wed Dec 10, 2014 1:43 pm
by Frederik
Jake, is dit so erg ?
Re: Arabie dam ???
Posted: Wed Dec 10, 2014 1:44 pm
by Frederik
Ja na ek met jou gesels het ek die aftog geblaas in daardie queue.
Re: Arabie dam ???
Posted: Wed Dec 10, 2014 3:00 pm
by Jake1
Aloe matlala oord sal redelik besig wees in die vakansie en redelik veilig dan, wil jou nie onnodig afskrik nie, maar ek gaan nooit ongewapen arabie toe nie, dit is n lekker kurper dam per boot maar van die kant af sit mens op plekke maar baie vas. Met die krokodille sal ek ook nie kinders alleen langs die water los nie.
n 100 persent Veiliger opsie hier by ons is Loskop dam ook met baie kurpers, die kurpers byt nou lekker, ek is nou besig om kurpers te vang het al so 8 lekker size gekry hier op n wildsplaas met chalets, as jy die nommer van die plek soek pm my, dis lekker hier.
Groetnis
Jaco
Re: Arabie dam ???
Posted: Wed Dec 10, 2014 5:18 pm
by Ferdi Bam
Frederik,
Kyk ook na Riverside Lodge en Ruby Lodge in daardie omgewing. Riverside is baie lekker en veilig, ek het al redelik baie daar gekamp en die mense vang goeie vis soos oa kurpers. Hulle fasiliteite(ablusie) is goed en skoon.
Groete
Ferdi Bam
Re: Arabie dam ???
Posted: Thu Dec 11, 2014 9:11 am
by Frederik
Jaco ek neem aan Loskop forever resort sal seker oorvol wees kan jy dalk die nommer van die wildsplaas vir my pm dankie.
Re: Arabie dam ???
Posted: Thu Dec 11, 2014 9:55 am
by Jake1
Frederik hulle nommer is 082 324 1471 hier is chalets en as julle nie baie luxeries soek nie het hulle ook die houthuisie teen R90 volwassenes en R45 kinders,dit is lekker by die water en jy vang vis net anderkant jou braaier,ons is nou hier, ek dink volgende week is die houthuisie kamp oop, nie seker nie, se vir hom Jaco het jou verwys, hoop jy kom reg.
Groetnis
Jaco
083 ses drie 5 592ses
Re: Arabie dam ???
Posted: Thu Dec 11, 2014 9:59 am
by Frederik
Dankie waardeer
Re: Arabie dam ???
Posted: Thu Dec 11, 2014 12:13 pm
by Born2Late
Wat dink julle van Marulani kloof lodge net voor Loskop van Middelburg se kant af? Byt die vis daar,of is dit nie die moeite werd nie?
Groete
Re: Arabie dam ???
Posted: Thu Dec 11, 2014 12:31 pm
by Jake1
Ons het al lekker daar gevang maar hengelplek is n hele entjie weg van die kamp hoor ook wat is die tye wat mens mag vang ek weet in die verlede was daar vaste tye, dis lekker baber kurper en onderbek plek
Re: Arabie dam ???
Posted: Fri Dec 12, 2014 5:12 am
by Frederik
Dankie Jaco, ons het reggekom met jou hulp kom maak 'n draai volgende week.
Re: Arabie dam ???
Posted: Fri Dec 12, 2014 8:11 am
by Jake1
Ek sal graag n draai wil maak Frederik
