Page 1 of 1

Sebra vel op felt mount op muur?

Posted: Wed Dec 10, 2014 1:44 pm
by koos 2
Goeie dag. Ek het in die week my sebra vel van die taxidermie ontvang. My vraag is:hoe mount ek die nou op my muur.
Enige hulp sal wardeer word
Goeie dag verder

Re: Sebra vel op felt mount op muur?

Posted: Wed Dec 10, 2014 3:18 pm
by Bielie
Myne sommer met dun muur spykertjies vas die met groter kop dat nie uit trek nie. Om die vel op vloer te los waar mense loop gaan hy nie lank hou nie dan begin hare verloor glo my van my velle op die vloer is al asblik toe na so jaar of twee! >:(

Re: Sebra vel op felt mount op muur?

Posted: Wed Dec 10, 2014 3:46 pm
by Bielie
Sien mamma pak ook al my vel toe daar teen die muur met haar goete!

Re: Sebra vel op felt mount op muur?

Posted: Wed Dec 10, 2014 3:50 pm
by koos 2
Groot dankie vir jou hulp. Sal die naweek daai vel mount.Het jy spykers deur vel of net deur felt geslaan?
Ek neem aan fisher plugs met bree kop sal ook werk.
Goeie dag verder

Re: Sebra vel op felt mount op muur?

Posted: Wed Dec 10, 2014 3:58 pm
by Bielie
Daarom dun muur spykers dat jy vel nie seer maak anders as jy felt op het is dit beter om daar vas te sit.

Re: Sebra vel op felt mount op muur?

Posted: Wed Dec 10, 2014 4:04 pm
by koos 2
Bielie my ou maat ,baie dankie vir jou advies. Jy moet n wonderlike dag he.

Re: Sebra vel op felt mount op muur?

Posted: Wed Dec 10, 2014 6:32 pm
by Piet Pille
Hallo Koos,

Hier is wat ek gedoen het. My vel is wel op filt. Ek het grommits laat insit by 'n stoferingsplek, eerder as om gate in my vel te maak. Ek het dit toe met nylon tou (party mense gebruik leer riempies) gespan. Die voordeel van die metode is dat jy die vel altyd kan styftrek. Soms is die vel geneig om na 'n tyd bietjie te rek en dan te "sagg". met die tou kan jy hom dan maklik weer styf trek, sonder om nuwe gate in die vel/muur hoef te maak. daar is ook minder spykers/ skroewe nodig in die muur, aangesien jy 2 of 3 ogies na een punt toe span. Ek verkies maar 'n gaatjie boor met fisher plug en skoefie/hakie bo 'n spyker, omdat 'n spyker geneig is om die pleister soms lelik af te chip op die muur...

Re: Sebra vel op felt mount op muur?

Posted: Wed Dec 10, 2014 7:36 pm
by Bielie
Pieter het oulike plan daar! My vel het nou nie felt aan nie so sal nie lekker werk daar nie?Ek wonder nou net as ou lisies aan die felt kan werk en dan die vel kan hak op daai protret hakkies dan is daar nie so baie tou in sig nie of hoe? So tipe van rekkkie lisie dan kan jy die vel ook styf trek ::)

Re: Sebra vel op felt mount op muur?

Posted: Thu Dec 11, 2014 10:49 am
by koos 2
Pieter baie dankie ,hou van daai idee. Miskien n hout raam ,net vir afwerking.

Goeie dag verder

Re: Sebra vel op felt mount op muur?

Posted: Thu Dec 11, 2014 11:06 am
by Piet Pille
Netso Koos

Ek het die oorspronklike idee gekry by 'n lodge waar hulle die hele vel in 'n m0&rse sleeperhoutraam gespan het met die leerriempies. Dit maar di hele berdryf egter baie groot en swaar, maar dit lyk ongelooflik mooi