Page 1 of 1

Lothar Walther Lope nou in stock!

Posted: Mon Dec 15, 2014 7:16 am
by Safari Outdoor
Hi Manne

Ons het so klompie Lothar Walther lope.
Die R6000 is Super Match (Walther se beste)

Vir die wat wil weet: "Hoe goed is Walther lope?"

Baie van SA se FTR en F-Klass manne skiet met dit maar wil dit nie "public knowledge maak nie"

Almal het mos een of ander geheim. Om maar een te noem, Werner Brits sal moeilik met n ander loop skiet.

Ek het ook by IWA gesien ek maak my naam gat toe ek vir die 3de maatskappy vra waste lope gebruik hulle, op die super doper kompetisie gewere.....(ALMAL MAAR NET WALTHER)

Teen R6000 is dit n bargain as n mens kyk wat die manne al vir ander lope in SA vra.

Moenie hierdie seisoen sonder n loop sit nie, dit vat presies een jaar om die voorraad hier te kry van die dag wat ons bestel.

Groete

Re: Lothar Walther Lope nou in stock!

Posted: Mon Dec 15, 2014 7:39 am
by 243Songdaug
Dankie SO. Myne nounet vasgemaak - 6mm natuurlik

Re: Lothar Walther Lope nou in stock!

Posted: Mon Dec 15, 2014 9:02 am
by Riebeeker
Daar gaan my kinders se seevakansie .....

Re: Lothar Walther Lope nou in stock!

Posted: Tue Dec 16, 2014 11:51 am
by Johnnie De Wet
Waars die 6mm 1/8twist heavy palma loop?

Re: Lothar Walther Lope nou in stock!

Posted: Tue Dec 16, 2014 8:57 pm
by gho
Jaaa Johnnie, dan wag ek maar saam met jou.

Re: Lothar Walther Lope nou in stock!

Posted: Tue Dec 16, 2014 9:44 pm
by Rudie
Ek wag al lankal vir 'n 6mm 1-8 loop, dankie S&O. Hoop net nie hulle is uitverkoop more nie:-)

243 AI 26'' loop, Howa aksie met 107 Matchking en 105 Amax. Hier kom 'n lekker speelding.